Jaagduiwel ‘op pad na vergadering’ vasgetrek

Argieffoto

’n Man (33) sal Maandag in die hof verskyn nadat hy vandeesweek in hegtenis geneem is ná hy ’n allemintige 229 km/h op die N4 van Bronkhorstspruit na Witbank gery het.

Ofentse Morwane, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê die man, in ’n BMW, het Vrydag aangevoer hy is op pad na ’n vergadering.

“Die man is op die toneel in hegtenis geneem waar ’n amptelike klag van roekelose en nalatige bestuur en die oorskryding van die spoedgrens teen hom aanhangig gemaak is,” het Morwane gesê.

Die man sal Maandag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn.

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het gesê sy is baie teleurgesteld veral aangesien dit “vervoermaand” is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Mense dink hulle is bo die wet verhewe en kan maar jaag. Kyk maar wat se motor is dit. Kry maar vir jou meneer.

Ellisras ·

Ai, die mense wat net ‘n Polo Vivo of ‘n Kia Rio Kan bekostig. En dan jaloers is op suksesvolle mense. Kyk hoe Roekeloos en Nalatig ry Lewis Hamilton teen 300 km/h.

Oop oge ·

Ellisras,
Teen die wet is ook teen God se Woord. Gee aan die keiser hom toekom – as dit 120 kmu is dan is dit 120 kpu – Polo of Beemer of wat ookal.
Geen mens of motorkar is bo God se wet of enige aardse wet verhewe nie.

Ek dink nie dit gaan oor jaloesie nie, dit gaan meer oor die skok van verbasing oor die mens se arrogantgeid teenoot wette en dissipline …

AW ·

Descretion of the court on a conviction….

However, to my knowledge…. it is seldom done…. however i am open for correction !

Cherokee ·

Nou sal die mense wat droom om so kar te ry weer begin vertel hoe veilig is daardie kar teen daardie spoed, nie wetende dat daardie kar teen daardie spoed etlike honderde treë neem van volspoed tot stilstand.

Cherokee ·

Waarheen Anoniem? Ten minste gaan die hoogste syfer in sy bankrekening weggevat word.

Netso ·

Ek wonder altyd hoekom ñ regering toelaat dat nuwe voertuie meer as die maksimum spoergrens mag ry? As hy teen 230 km per uur gevang is, wat het hy dan al gery op ñ publieke pad ? Meeste padgebruikers kan inelkgeval volgens my bestuur nie kyk maar na die R59 Vereeniging pad wat ñ reguit snelweg is hoeveel voertuie rol net eenvoudig daar?

Worsie ·

As n kar n ‘limiter’ op het, sal ek hom nie koop.. buitendien, die onus is op die bestuurder om by spoedbeperkings te bly, en as jy wil, kan jy jou kar nan renbaan toe vat en groot gaan. Maar dan aan die anderkant, hier is sommiges wat weer dink hulle werk vir die metropolisie en ry 40km/h in die regterkantse baan, wat almal agter hom/haar kwaad maak, en dan almal na links neig om die persoon verby te vat, wat ook ongelukke veroorsaak, so dis nie altyd noodwendig die jaagduiwels nie..

Zumie ·

Mnr Netso – as jou kind op sterwe is en jy by die hospitaal moet kom teen die vinnigste tyd…. dan sien ek hoe verwens jy jou Porsce wat net 119km/h kan ry… En kan jy dink as die staat hierdie veranderinge vereis WIE gaan daarvoor betaal … weer die bestuurders … kom ons wees bloot prakties ..

Oop oge ·

Aaag Zumie,
Daar is altyd `n verskoning om wellus te bevredig.
Die Here is nie gebreklik nie en of jy nou `n Polo of `n Beemer ry, God beskik oor die uiteinde van elke saak.
Dit klink altyd asof rykes alle toegang tot hulpmiddels het en hulle ge”bless” is, terwyl die armes maar moet suffer. Die realiteit is egter, dat God juis andersom werk .

Elsa ·

Vervoermaand? Nog nooit daarvan gehoor… So ver my kennis strek, is Oktober borskankermaand.
Sal seker net R1000 boetes kry

Rona ·

Dalk bietjie vroeer ry. Dan hoef men’s nie te jaag nie….

Aweregs ·

As die spoed van n nuwe motor net 120 kmh moet wees, hoe jaag ek dan weg as ek in lewens gevaar is? Teen 120 kmp???

c ·

Stupit vraag. Jy jaag weg en verduidelik dit aan die landdros. Lees weer die eerste deel van wat ek sê.

Niklaas ·

Dis een van die vinnigste snelhede waarmee n oortreder al gevang is in die land. Die man wou beslis een of ander rekord verbeter. Hy is gearresteer omdat sy “Africa salute” nie groot genoeg was , wat aan die beamptes aangebied was nie. Laat dit vir hom n les wees.

Marinda ·

Lekker man, lekker. Ht was toe eers laat vir sy vergadering.

Spietnik ·

‘n Vergadering is baie belangriker as poedgrense!!!
Hoekom maak hulle karre wat die spoedgrens kan oorskry as jy dit nie mag gebruik nie.?????

Chris Ws ·

Ek se ‘n motoris wat vinniger as 160km/h in ‘n snelstrik betrap word in ‘n 120km/h spoed sone se voertuig moet gekonfiskeer word en Los dan maar die boete.As ‘n persoon se motor meer as R400,000 kos betaal hy enige boete met ‘n bree “smile” en jaag more weer voort.Vat sy motor weg,dit sal beter werk.

Johan ·

Spoedbeperkings is snert wat uitgedink is sodat die staat net nóg meer geld uit ons uit kan maak. Net jammer daar is so baie gebreinspoel dat hulle dit nie begryp nie.

Oop oge ·

…wereldwyd reken jy ? ….want jy het alleenreg op paaie ….
As almal by die snelperke hou , dan sal die staat mos nie kan score nie ….

Neutraal ·

Nou weet ons n BMW kan dit doen. Hoef nou nie die risiko te loop om n BMW te toers nie.

Stripes ·

My persoonlike ondervinding is dat as jy teen hoë spoed ry jy meer op-en-wakker-is en meer bewus is van wat op die pad aangaan as wat jy teen 120 ry en jou gedagtes op ‘n ander plek is of jy op jou selfoon besig is. Dit is nie die voertuig wat die ongeluk maak nie, dis die bestuurder van die voertuig wat of sy vermoë of die van sy voertuig oorskat. Nie alle bestuurders is bevoeg om ‘n voertuig teen hoë spoed veilig te hanteer nie.

Landi ·

Absoluut stem saam. En nie alle voertuie kan ook n hoër spoed hanteer nie… Natuurlik is die ouens wat kruip op 80kmh en minder op snelweë, in die regter baan, baie meer of net so gevaarlik. Ek wens regtig dat sulke bestuurders ook summier gearresteer word vir blatante dood-strik wees vir die publiek. En wanneer jy geforseerd is om links van hulle verby te beweeg, dan sit die meerderheid sotte op hul selfone. Kan n mens die aapse stuipe laat kry. O ja, ek kan net dink wat se die ander motoriste dan…”oe ja kyk, sy ry mos n BMW”. Lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.