Jaagduiwel ry glo meer as 240 km/h

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

ʼn Jaagduiwel is Donderdag op die N3 naby Villiers in hegtenis geneem nadat hy glo teen 246 km/h gery het.

Hillary Mophethe, woordvoerder van die departement van polisie, paaie en vervoer, het gesê die man wat in ʼn BMW gery het, het gesê hy was op pad van Durban na Gauteng.

“Hy is op die toneel in hegtenis geneem en na die Villiers-polisiestasie geneem en sal aangekla word van roekelose bestuur en oorskryding van die spoedgrens.”

Volgens Mophethe is ʼn 24-jarige man ook in hegtenis geneem nadat hy glo teen 194 km/h met sy Mercedes Benz gery het. Hy is op die N1 naby Winburg in hegtenis geneem.

“Daar is glo ook ʼn groot bedrag kontant in sy motor gevind. Hy het aan die verkeersbeamptes gesê hy is ʼn sakeman en dat hy na ʼn veiling in Bloemfontein op pad was.” Hy sal vandag in die Winburg-landdroshof verskyn.

Sam Mashinini, LUR vir polisie, paaie en vervoer in die Vrystaat, het padgebruikers gewaarsku om by verkeersreëls te hou of die volle mag van die gereg te ervaar. “Ons sal geen steen onaangeraak laat nie terwyl ons wetteloosheid op ons paaie vasvat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Cherokee ·

Hehhehahee Karl, waarskynlik is jy reg. Dink dit is een van die DA haastig op pad na ‘n koalisie met die ander twee :-)

Ellisras ·

Spoed maak dood is een van die grootste leuens wat verkondig word. Dan was Valentino Rossi lankal dood. En Super Sarel het nie 30 gehaal nie. Daar is mense op die pad wat teen 60 ‘n groter gevaar is as ander teen 240. Die vraag is of het jy die breinkrag om die spoed te hanteer

Rissiepit ·

Ja ek sal breinkrag he in enige omstandighede net vrouens het uitstekende bestuursvernuf!!! Vra my asb om julle te leer bestuur!!! Seenwense ROOSMARYN
XXXXXXXXXX

Allaby ·

So gepla oor spoed ens plaas almal probeer erder al die ander crime in die stop?

Leeutjie ·

Vreemde antwoorde. As hy n ongeluk gemaak het wat sou julle antwoorde dan wees?

Nikita ·

Hy klink vir my na die tipe……Rooi=stop, groen=go, geel=go like hell!!

TS ·

Hy was haastig want die drankwinkel was amper op toemaaktyd. VF PLUS beslis.

Netso ·

Jy mag nie so vinnig ry nie! Waar is julle ore? Onthou julle vrou en kinders ry daai selfde paaie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.