ʼn 48-jarige man is Sondag op die N1-snelweg in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy meer as 200 km/h gery het.
“Die man het ʼn Porsche Panamera sonder nommerplate bestuur en sy voertuigregistrasie het boonop verval,” het hoofsup Wayne Minnaar van die Johannesburgse metropolisie gesê. Die man het glo teen 202 km/h gery en is naby Maraisburg aangekeer.
“Die man word by die Florida-polisiestasie aangehou en sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Roodepoort verskyn op aanklag van roekelose en nalatige bestuur,” het Minnaar bygevoeg. Die man word ook daarvan beskuldig dat hy met ʼn ongeregistreerde voertuig gery het. -SAPA