Jaagduiwel sê hy is op pad na begraafplaas

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het Sondag vyf motoriste op die N3-noord tussen die Gillooly-wisselaar en die Linksfield-afrit in hegtenis geneem.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die EMPD, het gesê ʼn 36-jarige man agter die stuur van ʼn VW Polo Vivo is omstreeks 06:30 teen 187 km/h vasgetrek. Hy het beweer hy is op pad na die Alexandra-begraafplaas.

ʼn Motorfietsryer is in hegtenis geneem nadat hy omstreeks 05:40 teen 177 km/h betrap is. Die man het beweer hy het die motorfiets getoets aangesien dit ʼn ruk lank nie in gebruik was nie.

Die ander drie motoriste is onderskeidelik vasgetrek teen 162 km/h, 166 km/h en 178 km/h. Die verdagtes is by die Bedfordview-polisiestasie aangekla en almal op borgtog van R1 000 vrygelaat. Hulle sal binnekort in die Germiston-landdroshof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Snowball ·

Klink of almal op pad was begraafplaas toe; gelukkig betyds voorgekeer!

IK ·

Ek herinner my aan die stadsraadslede wat verskeie vergaderings gehou het of die kerkhof ‘n omheining moes kry of nie. Na maande se redekawel staan die een op en sê: ‘Dis toetentaal onnodig want niemand wat binne is kan uit en die wat buite is wil nie in nie!!!’

Joan Strydom ·

Ek praat nie die jaagduiwels goed nie, die wet moet wel toegepas word. Ironies dat die polisie met gevoude staan en kyk as mense klippe op die hoofweg pak, mense uit karre uit ruk, bande brand tot die teer van die pad af begin oplig. Dit is maar reg so. WANT dis baie makliker om deftig op te tree en vir die eienaar van ’n voertuig ’n kaartjie uit te skryf as om twee honderd mense met bakstene in hulle hande te trotseer. Hulle kan maar aangaan.

Joe ·

@Joan, die SAPS en Metro is 2 verskillende entiteite. Jy vergelyk bakstene met appels nou.

Johann ·

In n POLO VIVO teen daai spoed… was hy BESLIS oppad langbome toe! VIVA POLO VIVA!!!!

Begraafplaas toe ·

Met sulke spoed en onverskillogheid IS jy vir seker oppad begraafplaas toe! Net jammer dat daar altyd onskuldige slagoffers saamgaan….

Neels ·

Die man is reg hy was oppad na die begraafplaas hy was net nie seker wanneer dit sou gebeur nie en hier word sy afspraak met die dood gekanseleer. Die ander het seker iok n afspraak gehad met die begraafplaas maar dit is toe ook gekanselleer. Moontlik sal daar nie volgende keer n kansellasie wees vir een van hulle nie

Chris ·

Almal het maar n afspraak een of ander tyd met die begraafplaas party wil net gouer daar kom

Deon Scheepers ·

Het nie gedink ‘n Vivo kan so vinnig hol nie!!!!!

Jennifer ·

Nie eens geweet ‘n Polo Vivo kan daai spoed haal nie….????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.