Een motoris wat Maandagoggend teen 134 km/h in ʼn 70 km/h-sone gery het, was een van 10 motoriste wat in Brakpan aan die Oos-Rand afgetrek is vir ʼn spoedoortreding.
“Die motoris het aan Ekurhuleni-metropolisiebeamptes gesê hy is laat vir werk,” het hoofsuperintendent Wilfred Kgasago gesê.
Die ander motoriste het tussen 126 km/h en 110 km/h op die R552 tussen die R23 en Afrikanerweg gery. Hulle het ook almal aangevoer hulle is laat vir werk.
Die motoriste is almal aangekla van roekelose en nalatige bestuur en is vrygelaat op borgtog van R1 000 elk. Hulle sal na verwagting later in die Brakpan-landdroshof verskyn.
Ai die verskonings darem. As jy dan nou laat is vir werk (soos jy beweer). Kom eerder laat as wat jy ‘n spoor van verwoesting en dood agterlos.Gewoonlik is dit die onskuldige mense om jou wat sterf as gevolg van jou idiotiese optrede. Sulke mense se rybewyse moet weggevat word asook hulle karre en sleutels.
Die mense is laat omdat die ander motoriste so voor hulle vrek. Die stadiges glo dis hul reg om aan die regterkant te ry en niemand toe te laat om verby te gaan nie. Spoed is nie oorsaak van meeste padsterftes nie – voetgangers wel