Jaagduiwels in Benoni aangekeer

Argieffoto (Foto: caranddriver.com)

Argieffoto (Foto: caranddriver.com)

Nege mense, insluitend ʼn persoon wat teen 202 km/h in ʼn VW Golf gery het, is Sondag op die N12 in Benoni in Gauteng in hegtenis geneem.

“Die 33-jarige man in die VW Golf voer aan hy was op pad om iemand af te laai,” het hoofsuperintendent Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni metropolisie, in ʼn verklaring gesê. Die spoedbeperking is 120 km/h.

“Die res van die oortreders het tussen 184 km/h en 161 km/h gery,” het Kgasago bygevoeg.

Al nege motoriste is in hegtenis geneem op aanklag van roekelose of nalatige bestuur en vrygelaat op borgtog van tussen R500 en R1 000. Hulle sal na verwagting binnekort in die Benoni-landdroshof verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.