Jaarlikse duinrehabilitasie begin

Duinrehabilitasie by Table View (Foto verskaf deur Kaapstad-stadsraad)

Kaapstad begin vandeesweek met sy jaarlikse grondwerkeprogram om sand, wat by die verskeie duineprojekte opgehoop het, te skuif. Die duineprojekte is by Table View, Houtbaai en Fleurpark ingestel.

Die werk is vir 30 dae geskeduleer vanaf Dinsdag, 16 April 2024 by Fleurpark, dan volg Houtbaai en die projek eindig middel Mei by Table View, as alles vlot verloop.

Eddie Andrews, burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en omgewingsake, sê duine word gevorm deur wind- en getyprosesse en dit lei daartoe dat sand akkumuleer. “Die voorste nette op die voet van die duine word gebruik om windgewaaide sand vas te vang. Dit word opgelig en die skoon, versamelde sand word in die see onder die laagwatervlak teruggeplaas.” Die werk word gedoen met behulp van ʼn masjiengraaf en wipbakvragmotor.

“Die strand sal nie in hierdie tyd gesluit word nie. Inwoners en besoekers word wel versoek om hul honde onder beheer te hou en weg te bly van die grondverskuiwingstoerusting. Baie dankie aan inwoners en besoekers vir hul geduld tydens hierdie periode.”

Andrews sê duinrehabilitasie is die mees kostedoeltreffende en pragmatiese benadering om ekostelsels en ekologiese infrastruktuur te beskerm en te rehabiliteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.