Jacaranda-aanbieder vra jawoord

Robbie het die foto van hom en Lynn op Twitter gelaai

Robbie het die foto van hom en Lynn op Twitter gelaai

Robbie Kruse, bekende radio- en TV-aanbieder, het die naweek sy vriendin die jawoord gevra.

Kruse, wat bekend is as sportaanbieder vir JacarandaFM se Complimentary Breakfast Show en aanbieder op die kykNET-program Bravo!, het op Twitter die nuus bekend gemaak.

“Kan nie onthou wat ek gevra het nie, maar sy het JA gesê,” het Kruse getwiet. “Ek is die gelukkigste ou in die wêreld…want ek trou met dié mal persoon, smaak jou baie,” het Kruse later saam met ‘n foto getwiet.

Lynn Jolly, Kruse se verloofde, is ʼn handelsmerkbestuurder, vervaardiger en aanbieder, aldus haar Twitter-profiel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andries ·

Wat maak hierdie ou so belangrik,net omdat hy n omroeper is. Asb.man daar is baie beter dinge om te lees as die snert.

Estelle ·

Andries

waaroor wil jy lees, moord, verkragting, aanrandings ens! At least is die stukkie nuus nie “doom en gloom” nie

Leon ·

@ Andries

Herken jy nie ‘n aangename stukkie inligting as jy dit lees nie?

Ek wonder WAT sien jy as jy in ‘n spieel kyk?

“n Iesegrimmige depro wat nie weet wat “goodwill” of “ek deel in julle blydskap” beteken nie?

Siesa!

Andries ·

Leon.Vir my is dit aangename stukkies inligting as gewone mense in die nuus is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.