Die gewilde JacarandaFM-radiopersoonlikheid, Rian van Heerden, het Vrydagmiddag gerugte ontken dat hy oorlede is.
Volgens ʼn verklaring wat deur die radiostasie uitgereik is, doen gerugte die ronde dat die omstrede radio-omroeper doodgeskiet is.
JacarandaFM word glo sedert Vrydagoggend oorval met oproepe van luisteraars wat gehoor het Van Heerden is vroegoggend oorlede.
“Ek bevestig net dat ek nie geskiet is nie en dat ek wel oukei is, so kom ons almal gaan aan met ons werk,” het die omroeper in ʼn podsending van hom laat hoor.
Dié nuus volg kort op vals gerugte dat die man wat betrokke was in die Spur-voorval, ook geskiet en oorlede is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Mens moet ook maar versigtig wees oor vir wie jy glo. Onthou Rian kan ook lieg (!)
Ai ons ou mensdom is baie siek
Spoor skuldiges op en looi hulle…hulle is regtig siek!
any publicity is gooooood publicity.
Is Rian toe nie einde verlede jaar al weg by Jacaranda FM nie?