Jacaranda se Rian ongedeerd

Rian van Heerden (Foto: Facebook via Rian van Heerden)

Die gewilde JacarandaFM-radiopersoonlikheid, Rian van Heerden, het Vrydagmiddag gerugte ontken dat hy oorlede is.

Volgens ʼn verklaring wat deur die radiostasie uitgereik is, doen gerugte die ronde dat die omstrede radio-omroeper doodgeskiet is.

JacarandaFM word glo sedert Vrydagoggend oorval met oproepe van luisteraars wat gehoor het Van Heerden is vroegoggend oorlede.

“Ek bevestig net dat ek nie geskiet is nie en dat ek wel oukei is, so kom ons almal gaan aan met ons werk,” het die omroeper in ʼn podsending van hom laat hoor.

Dié nuus volg kort op vals gerugte dat die man wat betrokke was in die Spur-voorval, ook geskiet en oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Deon Roux ·

Mens moet ook maar versigtig wees oor vir wie jy glo. Onthou Rian kan ook lieg (!)

Cherokee ·

Dit is wat ek onmiddelik ook aan gedink het. Is daar enige bewyse dat hy die waarheid praat?

ja, okay ·

Maar as hy dood is kan hy nie lieg nie. So kom ons glo hom maar die eenkeer :)

Cherokee ·

Hhehahaheee okay ja okay, jy het ons oortuig met jou uitsonderlike diplomasie. Sal hom glo (maar nèt vir nòu, onthou!)

sharon ·

Ja maar onthou ook net ons leef in ‘n tyd waar baie waarsêers nou wondere verrig… Hy kan ook nou kommunikeer van die “ander kant” af

ken benoni ·

Spoor skuldiges op en looi hulle…hulle is regtig siek!

Ouboet 9 ·

Is Rian toe nie einde verlede jaar al weg by Jacaranda FM nie?

Rudi ·

Nee. Dit was net n rookskerm om luisteraar te verdoof teen die God lasteraar

MP ·

Godslasterlike uitsprake getuig van onprofessionele houding en gedrag. Ek glo die klippie in sy skoen maak baie seer. Kom ons bid eerder dat sy oë en verstand sal oopgaan vir die Waarheid en vir Redding. Die satan gebruik publieke rolmodelle as marionette!!

Helen ·

Bid sal nie meer help vir hom nie hys te ver heen. Dit was nou slegte nuus want ek sal nie ‘n traan oor die ding stort nie. Hy het hopeloos te veel te sê en moet hom by sy eie vrot lewe bepaal. Ek luister gelukkig nie Jacaranda nie

E.K. ·

Wys nou net weer hoe simpel is sosiale media want dis hoe hierdie tipe van onsin versprei word.

Johan ·

Ag Maroela media. Julle kon maar die nuus vir jul self gehou het. Ek was net bly. Ek wonder egter of hy so ‘gewild’ is as julle berig sê.

Ronell ·

Ai Suid Afrika sou n beter plek sonder die skynheilige, I love myself, tweegesig Godslasterlike penvriend wees. Gelukkig luister ek en al my familie en vriende ook nie meer na jacaranda sedert hy daar is nie. Groot FM het plek en respek vir God, en niemand word ooit daar verneder nie.

E.K. - ek sê net! ·

Wie? hoekom lees jy dan die berig? Buitendien staan dit duidelik in die berig wie hy is. MAROELA – ek haal aan: geen vieslike persoonlike opmerkings” sal geduld word tog lat julle kommentare van ene Ronell en Helen toe? Hul beskou hulself dan seker as Christene maar sover ek weet oordeel ‘n Christen NIE.

bea ·

Ja toe as julle niks mooi kan se bly eerder stil ons sal julle ook nis nie..sies man julle is vieslike mense

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.