JacarandaFM beboet oor hoendergesprek

Argieffoto

Argieffoto

Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het JacarandaFM beboet oor aanmerkings wat ʼn aanbieder oor ʼn voorval van bestialiteit gemaak het.

“Die radiostasie is met R5 000 te beboet,” het prof. Kobus van Rooyen, UKKSA se voorsitter, Maandag gesê.

ʼn Luisteraar van Nelspruit het die klag ingedien nadat die aanbieder, Ron Olivier, kommentaar van luisteraars voorgelees het oor oomblikke by hul werksplek wat ʼn verleentheid was. Hy het ʼn boodskap van een van die luisteraars voorgelees wat glo sy kok in ʼn ongewone posisie met ʼn hoender in die kombuis betrap het.

Die luisteraar het aangevoer daar was jong kinders in die motor toe die uitlating gemaak is. “Olivier het gedink dit was baie snaaks,” het die klaer geskryf. “Ek dink dit is onaanvaarbaar om sulke grappe deur die dag te maak wanneer soveel jong kinders luister. Ek moes aan die kinders verduidelik wat die omroeper bedoel het.”

Die luisteraar het geëis dat die aanbieder dadelik geskors word en dat die radiostasie op die lug om verskoning vra.

Van Rooyen sê die stasie het ingestem dat die aanbieder swak oordeel uitgeoefen het. Die uitsaaier het egter ter verdediging van die omroeper gesê Olivier het nie self die kwessie aangeroer nie, en slegs die luisteraar se kommentaar voorgehou. Die aanbieder het boonop intussen reeds bedank en werk nie meer vir die stasie nie.

Van Rooyen het gesê die kommissie het bevind dat die uitsaaikode oortree is. “Ons het besluit dat dié soort oortreding ontmoedig moet word, en dat ʼn blote teregwysing nie dieselfde gewig sal dra as ‘n boete nie.”

Die boete moet voor of op 30 Augustus 2014 betaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Oom Japie ·

Sò min? Di’s lekker! Ek wonder of mense werklik besef watter skade kinders aangedoen word. Ai, die ou wêreld is vol vrot appels.

Trippie ·

Oom Japie, sulke gesprekke hoort nie oor die radio eers herhaal te word nie, nie eers voorgelees te word nie. Bestialiteit herinner my aan satan homself.

Ek gril tot in my siel.

Michelle Smit ·

Ek het ook eendag op hulle facebook bladsy n boodskap gelos en gevra of hulle besef kinders luister ook radio. Daar is nerens meer enige perke.

ziaan ·

dit is goed en wel..dis nie asof hulle pornografie op die lug speel ni…onthou net hulle probeer die ouer mense wat die wereld verstaan te entertain…dis hulle werk dit is nie vir kinders nie

Lorraine Hattingh ·

Kom ek se vir julle… Ek het nooit Jakaranda FM geluister tot Ron Oliver begin het nie. Hy het soveel keer my dag gemaak en my laat beter voel met sy kommentaar en grappe! Ek wil ook net se dat die span van die “Breakfast Show” baie erger goed al gese het.
Lorraine

Nick McKey ·

Being a Nelspruit resident myself and having met Ron on a few occasions and have listened to his shows in the past, this is a gross injustice on a very decent person. The cheek the listener has to demand he be fired immediately is just extremely petty and rather immature, he also has a lifestyle to maintain. He may have made a mistake but in his defense I too have heard the breakfast show making far worse comments when kids are actually in cars on their way to school than Ron ever has, Ron’s show is later in the morning but be that as it may I would also like to just ask people to think back on their childhoods, a child’s mind is not as innocent as a parent would like to think or try to make others believe it is. Children by nature are very curious and whether you teach them something or not they will find a way to find out. Personally, the way this situation was escalated and handled was in bad taste, Ron too deserves the respect and dignity to defend his case or to apologize. To the listener that placed a grievance, I hope you feel satisfied that you have tainted a very good person’s reputation and is most likely going to have a hard time seeking employment in a career he has worked hard to build in and I too wish that somebody handles a petty mistake you make in future as badly as you have placing you in the same situation Ron now has to face. You cannot shield your children from hearing or seeing things they are not supposed to, society in this day and age has changed, your children have every means possible to be exposed to anything these days from all types of media.

Oortjies ·

Regtigwaar, ‘ouers’ moet begin om verantwoordelikheid vir hulle eie bloedjies te neem. As jy volwasse genoeg is om ‘n kind te verwek, dan moet jy seker volwasse genoeg wees om hulle so te kan grootmaak dat ‘n vuil grappie nie die hele ‘applecart’ sal upset nie. Mense moet ophou om te verwag dat vreemdelinge verantwoordelikheid neem vir hulle kinders se welstand en eerder voor hulle eie deur begin vee en so sorg dat die kind bewus is van alles wat goed en sleg is, en self ingeligte besluite kan neem.
JakarandaFM is nie eers in my deel van die wereld beskikbaar nie, maar die tipe luisteraar/klient is net ‘n irritasie en moet maar eerder die klientjies net leer wat Radio Kansel se frekwensie is. Volgens die tipe persoon se redenasie – as iemand hulle nie vertel nie sal hulle mos nooit besef daar is ander ook beskikbaar om na te luister nie.

Anon ·

Ag mense kan moan oor n klomp bollie. Stem saam leer eerder jou kinders om na ander radiostasies te luister. Maar dan sal hulle seker iets kry om daaroor ook te kla. Nou sit n man sonder werk, weet jy hoe moeilik dit vir ons blankes is om werk te kry. Hoop regtig dan jy nie eendag ook gevra word om te loop nie. Onthou dit wat jy aan ander doen kom dubbel terug na jou toe. Sterkte Ron hoop ander radiostasie raap jou op.

Zoey ·

Moeder, hoe beskerm jy jou kiddies by die skool/kleuterskool om snaakse dinge te hoor? In plaas daarvan om aan jou kinders te verduidelik waarvan die man praat en hulle dan so die verskil tussen reg en verkeerd te leer, probeer jy hul in watte toedraai en beskerm, ek kan jou waarborg dat hulle op die speelgrond al baie ander dinge gehoor het. Natuurlik stem ek saam sulke gesprekke hoort nie op ‘n radie nie, en natuurlik sou ek nie wou gehad het my kids moes dit hoor nie, maar ek sou ook besef het dat ek nou ‘n geleentheid het om aan my kinders te verduidelik dat sulke dinge onaanvaarbaar is en verkeerd is, want more hoor hul dit op ‘n ander plek en dan is ek nie daar om te verduidelik nie. Maar om summier ‘n persoon sy werk te kos, dit was ‘n bietjie drasties gewees.

Belinda ·

Gelukkig was my kinders aan alles gewoond gemaak man jissie speel n CD as jy weet waarheen die gesprek gaan om iemand sy werk te laat verloor oor so iets kleins is regtig nie die regte ding om te doen nie……………………….

Francois ·

Preuts as jy my vra, jy kan maar vir jou kinders oog klappe aan sit. Begin sommer maar home schooling ook, ek dink jou swak hart gaan staan as jou kind eendag met n drank asem of sigaret by die huis instap. Jy het geen reg om te Demand dat die person sy werk verloor nie. Wonder wat sou jy doen. Word wakker ons lewe nie meer in 1930 nie. Moet liefs nie dat hulle n koerant optel nie, hul skok jou dalk.

Michael ·

Is julle almal deur die kak??? Kinders word ontvoer en langs karre gesleep vir kilometers, vliegtuie word uit die lug geskiet in blote daglug, skole (selfs laerskole) is vol dwelms en satanisme en julle bekommer julle oor ‘n comment wat op radio gelees word. Ek belowe julle dat julle kinders op 10 meer weet as wat julle geweet het op julle troudag. Word wakker en beskerm julle kinders teen die regte gevaar daar buite.

ziaan ·

ok so my komment is nie hier op nie, ek neem aan dis a.g.v ‘n paar kru woordjies. so hier gaan ek weer. dit maak my ontsettend kwaad as ek so iets moet lees, want ek self is n omroeper. en mense dit is nie nodig om te kla oor elke liewe ding en probeer om die persoon se werk te eis nie, wat bring dit jou in die sak? niks. as julle dink dis so maklik om hierdie job te doen kom doen dit asb self, om dag in en dag uit ‘n show te beplan wat mense gan entertain…dit is harde werk, en dan kry ons mense soos julle wat konservetief is en al dai bol..wees ‘n ouer en maak ‘n storie op, lieg, ek neem aan julle kan goed lieg, konservitiewe mense lieg baie goed, so gaan wees asb fake oor ander goed, of ipv fake wees en jou tyd en almal anders se tyd te mors gaan help iemand op straat of iets, aaqnvaar net, die wereld verander, daar is niks wat enige iemand kan doen nie…DEAL WITH IT!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.