JacarandaFM voor kommissie ná omstredenheid

Martin Bester en Tumi Morake (Foto: Kevin Mark Pass)

ʼn Verhoor sal later vandeesmaand by die kantoor van die Uitsaaiklagtekommissie gehou word nadat die kommissie talle klagtes ontvang het rakende omstrede uitsprake oor apartheid wat Tumi Morake, mede-aanbieder van die ontbytprogram op Jacaranda FM, verlede maand regstreeks gemaak het.

Shouneez Martin, registrateur van die Uitsaaiklagtekommissie, het aan Maroela Media bevestig die verhoor sal op 18 Oktober om 09:30 plaasvind. Martin het gesê die Uitsaaiklagtekommissie het “ʼn aantal klagtes” oor Morake se uitsprake ontvang.

“Dit is nie standaardpraktyk dat ʼn omroeper tydens die verhoor moet verskyn nie, aangesien uitsaaiers verteenwoordigers het om hul saak te stel. Dié keuse berus egter by die uitsaaier aangesien die klagtes teen JacarandaFM is en nie teen die omroeper self nie,” het Martin gesê.

ʼn Storm het in September om Morake en haar mede-aanbieder, Martin Bester, se koppe losgebars nadat Morake tydens ʼn ontbytprogram wit mense met boelies op die speelterrein vergelyk het.

Haar uitsprake het gevolg tydens ʼn gesprek oor ʼn konsert in Nieu-Seeland wat glo gekanselleer is weens Steve Hofmeyr se betrokkenheid. Morake het tydens die gesprek gesê sy raak emosioneel wanneer swart mense by sulke gesprekke betrek word, omdat swart mense jare lank onderdruk is en “deur ʼn spesifieke groep mense geleer is hulle is minder as mense”.

Bester was nie in dié tyd direk by die uitlatings betrokke nie, maar is deur talle luisteraars en aanhangers gekritiseer omdat hy volgens hulle nie in die bres getree het vir wit mense nie. Dit het ook tot gevolg gehad dat minstens een van Bester se optredes gekanselleer is weens die negatiewe publisiteit rakende die aangeleentheid.

Morake het in reaksie op die kritiek teen haar uitsprake gesê sy staan by haar uitsprake en vra nie daarvoor om verskoning nie. Sy het ontken dat sy gesê het wit mense moet gestraf word en gesê sy het bloot verduidelik wat onderdrukking was en hoekom mense steeds kwaad is oor apartheid.

JacarandaFM het ook later in ʼn verklaring op sy webwerf gesê hy het Morake se uitlatings teen sy “redaksionele riglyne, die riglyne van die Uitsaaiklagtekommissie en sy maatskappywaardes” hersien en bevind dat die uitlatings geen beleidstellings oortree het nie.

Die vakbond Solidariteit het in reaksie op die herrie rakende die voorval ʼn memorandum aan die stasie oorhandig waarin daar onder meer gevra is dat JacarandaFM ʼn opname van die volledige ontbytprogram beskikbaar stel en nie slegs die vooraf geredigeerde vyf minuut lange klankgrepe nie; dat die stasie om verskoning vra aan luisteraars wat aanstoot geneem het; dat die nodige maatreëls ingestel word om die toekomstige misbruik van die JacarandaFM-platform vir eensydige politieke sienings te voorkom en dat die nodige stappe teen Morake gedoen word weens die misbruik van die JacarandaFM-platform.

ʼn Afvaardiging van Solidariteit, Morake en Bester en verteenwoordigers van JacarandaFM het later oor die memorandum vergader. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het ná afloop van die ontmoeting die vergadering as ʼn “moeilike maar konstruktiewe gesprek” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Willie ·

Ek luister gald nie Jakaranda, met verskeie redes… Bosveld Sterio is die beste!

Willie ·

Probeer weer ek luister nie Jakaranda nie vir welkere redes…

Theresa ·

Sy was verkeerd en is steeds verkeerd omdat sy weier om in te sien dat sy fouteer het. Die omroeper het geen reg gehad om die radiostasie waar sy werk te gebruik vir haar persoonlike seining oor witmense nie. Witmense kom summier in die moeilikheid en word sommer gevra om te bedank of word geskors as hul enige iets te sê het of ‘n vergelyking tref met swart mense. Sy het gefaal as ‘n omroeper. Radio Jakaranda kan beter doen as dit, want om so iets kwyt te raak onder hul faandel, is verkeerd en glad nie aanvaarbaar nie.

Adrie Hoffmann ·

Ek raak so keelvol oor die omgekeerde rassisme. My hart is nie swart of wit nie – hy is rooi. Soos almal sin. Toe daar apartheid was, was ek ‘n kind en het geen benul gehad van wat aangaan nie, dit gesê besef ek daar was baie VERKEERD en staan ek nie vir dit nie – maar dit wat NOU VERKEERD is bly ook VERKEERD! Die een verkeerd maar nie die ander verkeerd reg nie.

Johan ·

Ja, na soveel jare wat ek Jakaranda geluister en geniet het, is dit ook nou iets van die verlede. Ook nou maar oorgeskakel en luister nou maar RSG in die oggende en geniet dit. Jammer Jakaranda, so gaan jul nog BAIE luisteraars verloor.

Willem van coller ·

Jacaranda het my al lank trug verloor as luisteraar met Rian wat die bybel en christenskap skeef praat.

Mieke ·

I used to listen to jacaranda as it was a non political station with lekker music in the morning. Local politics being mentioned n your news slot is fine . All I want is to start my day in a relaxed manner not have political opinions thrown at me. I am now listening to another station that fulfills my needs

DJ ·

Ek stem saam!!. Die geskree en saam praat op dieselfde tyd is net so irreterend, veral Vrydae oggende. Geen Politieke uitsprake moet geduld word nie.

Ettienne ·

Wel ek het op n ander stasie afgekom met die naam van Waterberg Stereo 104.9. Hulle speel alle soorte musiek en ek vang hulle op hier in Cullinan en hulle studio is in Thabazimbi. Baie beter as Jacaranda

Basson ·

Die teleurstellende aspek van die saak (en ander ook) is dat baie van my mede wit Afrikaanssprekendes hulle bes moontlik aan baie erger skuldig maak met hulle platvloerse
en absoluut onoordeelkundige kommentaar op sulke gebeure. (Op FB ens.)
Sien hulle dan nie die ironie in hulle optrede?
Jammer maar ek kan nie trots wees op sulke mede landgenote se optrede wat nie die dialoog op ‘n redelike standaard kan hou.

Die feit is ons moet (baie meer) met mekaar in gesprek tree.

Boerseun ·

Jy is seker basson van netwerk 24. Wie is die ons? Die 3% witmense wat dink ander volke ag hulle opinie? Jy moet maar skaam bly vir jou landsgenote of beter, trek NZ toe. Steve sal jou nie daar kom pla nie.

MARTIE ·

Dankie tog ek is verlos van JacarandaFM luister nou net Bosveld radio :) Baie beter musiek en glad geen politiek nie!

Chris Joubert ·

Jacaranda? Wie gee om? Hulle verdien nie eers kritiek kommentaar nie. RSG doen nou die ding. Mis nie eers Jacaranda nie.

Stormrider ·

Ek luister na ClassicFM en Radio Pretoria. Altwee is baie beter stasies!

A Badenhorst ·

Wat van vergifnis,vergeet van apartheid en kyk vorentoe!n mens kan nie die hand aan die wa slaan om te ploeg en bly terug kyk nie,jy gaan nie vorder nie!Ek voel ons vorder nie,want mense bly terug kyk in die verlede.

Adam ·

Natuurlik vorder ons. Ons is al amper 90% teen die afgrond af.

Ray ·

I just hope that in all this, with all, the upset people, that Tumi realizes that if you live in the past you will never go forward. I believe that as per some of the comments I see above, there is a hidden message somewhere that white people (even if only by sharing the bicycle as she said) are busy trying to create a better South Africa. She needs to realize that she also has the opportunity to uplift the country instead of pointing fingers and judging. Yes most of us were children during apartheid, and are trying best we can to help correct where we can. it is just not possible if you get hit with a stick every time you try, cause there will also be someone that has some comment.
I will also not listen to Jacaranda, at least until they realize that unless it is a team effort, we will never be able to build a positive South Africa.

For whatever my comments are worth, a little bit of constructiveness has a lot of good results normally.

Rupert Ashford ·

Well said Ray, Thanks!! We need more of your kind of commentary. Cheers mate.

Thunderstorm ·

Wanneer die omroeper wat veronderstel is om “impartial” te wees nie ‘n publieke platform gebruik om HAAR opinie te lig nie.

Thunderstorm ·

Skuus Ray. Ek stem saam met jou. My kommentaar is bedoel vir n ander comment wat gemaak is.

Janine ·

My mood is much better after Tuning in to another radio station. Politics on my empty stomach did not go down so well. I prefer to start on a positive or even a neutral note. I do however face the news at night. Good luck Jacaranda, you going to need it.

Ada ·

Enige -iets is beter as jacaranda oor verskeie redes. Kan hulle nie eers aanskou nie!

Gerrit ·

Lekke FM. 98.3. in Afrikaans.
Open die stasie met skriflesing en gebed in Afrikaans tussen 05:00 en 06:00. So ook op Sondag oggend en aand dienste.

Danie ·

Watter alternatiewe lekker luister stasies is in JHB, Bosveld ens se opvangs maar sleg.

DJ ·

Ja help asb. Watter ander stasies wat goeie musiek speel soos die ou Jakaranda wat ons kan opvang in Randburg Area. Jakaranda klink nou soos 94.7 en 5 FM

Deloris ·

Wanneer gaan mense begin aanbeweeg en ophou die verlede die blaam gee… bou n brug en kom daaroor ….met ons reennoog nasie…… kan ons met samewerking van ons almal waar liefde samesyn en vergifnis en sorg en omgee, om mekaar te help, hierdie mooi land van ons n land van respek omgee en liefde maak. Forget the past and lets move forward to a better country and life for all… Together

Thunderstorm ·

Wanneer die omroeper wat veronderstel is om “impartial” te wees nie ‘n publieke platform gebruik om HAAR opinie te lig nie

gunston101 ·

Laat die twee vir hulle kry , dis deur jou mond dat jou gat slae kry

Melanie ·

Het altyd Jakaranda fm geluister verkies LM Radio nou, beter musiek.

Anita Tromp ·

As mens te lank agtertoe kyk, gaan jy struikel en val.

Corrie ·

Ek ken nie die 2tjies nie. Glo ook nie ek wil hul ken nie.

Meone ·

Witmense, ons boikot jakaranda soos ons die Spur boikot. Heelwat ander radiostasies wat in elk geval beter musiek speel. LM Radio & RSG vir my..

Ben ·

Ag nee wat,

Stel nie eers verder belang in die eensydige rassistiese snert nie, nog minder in enige iets wat tumi te sê het.

Solank sy op Jakaranda bly, luister ek maar Groot FM, Bosveld Sterio of RSG, dis almal goeie stasies…

Fran ·

Ek wissel ook nou maar so tussen RSG en Radio Pretoria. Was nogal verbaas oor die goeie musiek op Radio Pretoria. My hart is net seer oor Barney Simon. Tumi het nou almal ondertoe getrek met haar uitlating.

Ada ·

Ek dink sy en die Bester ou het klaar geval.Ek stort geen traan nie.Dis klaarpraat met Jacaranda.

Pensioenaris ·

Het toevallig Jacaranda gehoor toe ek in Pretoria gekuier het maar dadelik oorgeskakel na RSG en Radio Pretoria want daai Tumi se gekekkel en verspotte laggie het my uit die staanspoor afgesit. Gedink hier kom ‘n ding met haar vrye sê oir alles en almal. Ons boikot maar net eenvoudig vur Jacaranda soos vir Spur. Ander dinge om te doen as om jou eie siel te versondig met sulke omroepers.

Skalla ·

BOIKOT BOIKOT BOIKOT BOIKOT ASB DIE MAATSKAPPYE WAT OP DIE STASIE ADVERTEER DIT IS DIE ENIGSTE MANIER OM HAAR AF TE KRY !!!!!!!

Liewe heksie ·

Ja Skalla wonder wat as ons out surance ook hul adverteer ok mos daar

Martin ·

Luister glad nie meer na jakaranda nie. Het oorgeskakel na Hot 91.9 of Bosveld stereo of RSG

Andre ·

Ek luister steeds graag Jakaranda. Geniet hulle perspektief op verskeie sake. Hoop dat daar tog ‘n versoenende einde kan kom hieraan.

J ·

Luister nie meer Jacaranda nie. Vandat Rian die Breakfast show oorgeneem het. Omroepers gee te veel omstrede opinies wat onvanpas is. Hulle is lankal nie meer objektief en neutraal nie. Wissel maar tussen die stasies en luister my musiek. Radio is veronderstel om vermaak, inligting en nuus te deel. Mens wil graag plesier vind in dit waarna jy luister. Vir nuus volg ek eerder sosiale media. Maroela is my gunsteling.

Elize ·

Wanneer ek in my motor klim na ‘n lang dag se werkspanning , soek ek net ‘n rustige radio stasie met goeie musiek, sonder enige politieke praatjies. En Jakaranda doen dit lankal nie meer vir my nie. BOSVELD STERIO BO – geen politiek, geen irriterende praatjies. net lekker musiek, nuus, en die weer.

maar net ek ·

Ons luister glad nie meer Jacaranda nie. Maar soms dink ek ons kommentaar word nie in ag geneem nie…… Ons almal is net nommers. Als wat ons probeer doen word net afgelag. Net n eerlike opinie

riana ·

Ek luister nog altyd RSG want ‘n openbare uitsaaier se taak is om alle kommentaar en nuus so gebalanseerd as moontlik aan te bied en ek stem saam dat sy nie die radiostasie kan gebruik as ‘n platform vir haar persoonlike gevoelens en opinies nie. En ja, Lot se vrou het in ‘n soutpilaar verander na sy bly terugkyk het na Sodom en Gomorra. Om oor die verlede te obsesseer is om te versteen. Kan die mense wat dit so moeilik vind om die verlede te verwerk erens ‘n platform kry waar hulle na hartelus kan gal braak en dit uit hulle sisteme kry? Nie omdat ek sê hulle het nie gronde nie – baie het, maar ek is net pragmaties. En hoeveel simpatie was daar vir die Afrikaner na die Anglo-Boereoorlog – ons almal weet hoe min hulle daaroor gepraat het, hoe min selfbejammering daar was. Hulle het te hard gewerk om plase weer op te bou en aan te gaan met hulle lewens. Dalk bietjie minder praat en meer doen, Tumi? Hoeveel mense se koppe het jy geswaai met jou benadering? Nog nie gehoor van “you catch more flies with honey than vinegar ” nie? Nog nie gehoor dat die werklikheid genuanseerd is en dat mens nie moet veralgemeen nie? Tsk tsk. Maar daar is hoop – miskien sal ouderdom bietjie meer wysheid bring?

Frik ·

Ek het na hierdie arroganteTumi voorval na ander stasies begin luister en was baie verbaas hoeveel goeie afrikaanse musiek daar gespeel word op ander stasies wat ek nooit op Jakaranda hoor nie. Selfs al word Tumi verwyder sal ek nie maklik weer na die swak stasie luister nie.Ek voorspel dat Tumi en die by die stasie wat saam met haar stem ook saam met haar gaan val wat jammer is want dit was n baie goeie stasie lank gelede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.