Jong man in Thabazimbi vermoor

Jack Steyn

Jack Steyn

Jack Steyn (21) is Donderdag in die vroeë oggendure in sy huis in Thabazimbi in Limpopo vermoor.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Steyn en sy vriendin het in hul huis in Akasia geslaap toe hulle omstreeks 02:25 van ʼn geluid wakker geskrik het.

Steyn het gaan ondersoek instel en is deur ʼn onbekende verdagte oorrompel. Die verdagte het Steyn met ʼn mes doodgesteek voor hy van die toneel gevlug het. “In die stadium lyk dit nie of enigiets uit die huis gesteel is nie,” het Otto gesê.

Steyn se broer, JP Viljoen, het op Facebook geskryf: “Boeta jy was nog so jonk toe jy van ons af weggevat is. Ons gaan jou mis ou bul jy gaan altyd in ons harte bly lewe, daar is nog so baie wat jy moes doen en wat ons saam kon gedoen het. RIP Jack sal jou eendag weer sien. Lief jou boeta.” Steyn het verlede maand sy 21ste verjaarsdag gevier.

Volgens Otto is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
SNEL

Aarde, so jong man, sy lewe lê nog voor hom oop en nou het sulke varke sy lewe kort geknip. Dan is daar mense wat sê dinge het vererger, maar dis weer aan die verbeter. Lieg hulle vir hulleself, want vir my is dit van 1994 nog net afdraende pad en geen einde is insig nie. Die ergste is, ons was nie eers deel van apartheid nie, maar dis ons en ons kinders wat die prys betaal. Ek glo ook De Klerk kon dinge anders hanteer het, hulle het apartheid te ver gevat en moes stemreg gegee het vir almal… Lees meer »

Franco Loots

Sy van is Viljoen.

Jan

Is daar enige statistiek wat bepaal hoeveel wittes vermoor word deur ander rasse?

ladybug

Sit ek nou en dink as dit my kind was … ek sou gemoor het!!!!!!

Baie sterkte aan die familie van hierdie belowende jong man …

Dankie De Klerk … jy kan mos vlug wanneer dit jou pas, ons ander sit hier vasgevang …

anet

My hart gaan uit na sy vriendin en familie, mag julle vertroosting vind. Ons bid vir krag en vertroosting.
As enige ras jou ontstel of uitlok moet asseblief nie reageer nie, moet hulle ook asseblief nie gaan rapporteer aan wie ook al nie. Jy word gemerk, en dan is daar vergelding teen jou, veral as jy ‘n blanke persoon is, so wees asseblief versigtig, en ignoreer die blatante uitlokking of opmerkings wat gemaak word teen jou. Draai om en loop liewer weg van die situasie, dit is veliger so