Jong man in Thabazimbi vermoor

Jack Steyn

Jack Steyn

Jack Steyn (21) is Donderdag in die vroeë oggendure in sy huis in Thabazimbi in Limpopo vermoor.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Steyn en sy vriendin het in hul huis in Akasia geslaap toe hulle omstreeks 02:25 van ʼn geluid wakker geskrik het.

Steyn het gaan ondersoek instel en is deur ʼn onbekende verdagte oorrompel. Die verdagte het Steyn met ʼn mes doodgesteek voor hy van die toneel gevlug het. “In die stadium lyk dit nie of enigiets uit die huis gesteel is nie,” het Otto gesê.

Steyn se broer, JP Viljoen, het op Facebook geskryf: “Boeta jy was nog so jonk toe jy van ons af weggevat is. Ons gaan jou mis ou bul jy gaan altyd in ons harte bly lewe, daar is nog so baie wat jy moes doen en wat ons saam kon gedoen het. RIP Jack sal jou eendag weer sien. Lief jou boeta.” Steyn het verlede maand sy 21ste verjaarsdag gevier.

Volgens Otto is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

SNEL ·

Aarde, so jong man, sy lewe lê nog voor hom oop en nou het sulke varke sy lewe kort geknip. Dan is daar mense wat sê dinge het vererger, maar dis weer aan die verbeter. Lieg hulle vir hulleself, want vir my is dit van 1994 nog net afdraende pad en geen einde is insig nie. Die ergste is, ons was nie eers deel van apartheid nie, maar dis ons en ons kinders wat die prys betaal. Ek glo ook De Klerk kon dinge anders hanteer het, hulle het apartheid te ver gevat en moes stemreg gegee het vir almal wat belasting betaal, hulle moes eerder gekyk het hoe hulle gelykeregte kon implinenteer, maar nee, toe word die land op n skinkbord oorhandig en stadig maar seker gaan ons land en volk ten gronde. Ai, jammer dat ouers se kind nou die prys hier moes betaal het vir geen rede nie, dis vreeslik. Sterkte aan die ouers en familie!!

Leeutjie ·

Ai Snel, jy het dit goed uitgedruk. Soos jy se, net die belastingbetalers moet stem want die ongeligtes is soos ‘n trop skape wat eintlik net saam met die stroom beweeg.

Lyk na so ‘n pragtige seun! My hart huil saam met die familie.

Jan ·

Is daar enige statistiek wat bepaal hoeveel wittes vermoor word deur ander rasse?

Paplepel ·

Die hoeveelheid wittes wat vermoor word relatief tot die ander groepe is minder as ±1%

André ·

Paplepel,
3% wittes word deur wittes vermoor, 97% wittes word deur ander rasse vermoor.

ladybug ·

Sit ek nou en dink as dit my kind was … ek sou gemoor het!!!!!!

Baie sterkte aan die familie van hierdie belowende jong man …

Dankie De Klerk … jy kan mos vlug wanneer dit jou pas, ons ander sit hier vasgevang …

anet ·

My hart gaan uit na sy vriendin en familie, mag julle vertroosting vind. Ons bid vir krag en vertroosting.
As enige ras jou ontstel of uitlok moet asseblief nie reageer nie, moet hulle ook asseblief nie gaan rapporteer aan wie ook al nie. Jy word gemerk, en dan is daar vergelding teen jou, veral as jy ‘n blanke persoon is, so wees asseblief versigtig, en ignoreer die blatante uitlokking of opmerkings wat gemaak word teen jou. Draai om en loop liewer weg van die situasie, dit is veliger so

oumakie ·

Ons harte gaan uit na die Viljoen familie se groot verlies, misdaad en moord is so goedkoop woord in hierdie wreedaards se taal ! ! !

Lou ·

Ai dis so onodig. My geliefde seun is ook op nuwejaars oggend in sy huis dood geskiet gedurende n inbraak. Mens raak werklik moed verlore met wat aanhoudend plaasvind in Suid Afrika. Viljoen familie ons kan net vir julle bid. Sterkte.

Drieks ·

Lou en Viljoen familie, ons sal nie ophou bid dat hierdie dade stop nie. Dis so verskriklik…

Lindie ·

So jammer om van julle verlies te verneem. Dit is so hartseer ek kan net simpatie aanbied maar ek kan nie die las ligter maak nie. Sterkte vorentoe.

Janine N ·

Hoe ongelooflik hartseer dat so jong kind se lewe net weggevat word. Sommer so…. :(

Innige simpatie aan familie en vriende.

Pierre Celliers ·

Hierdie moordlustige nasie het die vermoee om babatjies, ou mense, jong mense, eie familielede met ‘n mes wreed te vermoor sonder om ‘n oog te knip! Grieselrigheid, grillerigheid vir baie bloed en pyn krete is iets wat hulle nie ken nie! Om te dood is vir hulle kinderspeletjies! Hulle samestelling verskil hemelsbreed van die Homo Sapiens!
Kyk asb Africa Addio op youtube.

gjorg ·

Pierre, het jy al van Don Steenkamp gehoor? Een van die wreedste dade in SA…

Pierre Celliers ·

gjorg, dis net EEN persoon , (Fluke). Ek praat van ‘n NASIE! Wat is daar wat jy nie verstaan nie?

Drieks ·

gjorg, as blankes moord pleeg was hul in struweling of iets met die ander persoon. Swartes maak mense dood wat hul nog nooit eens ontmoed het nie. HOE SIEK IS DIT..

Schalk ·

Pierre. Ek sal dit sterk aanbeveel dat mense Africa Addio kyk. Daarna sal hulle verstaan waarmee ons te doen het.

Pierre Celliers ·

Schalk, Ek wens so almal van ons kan daarna kyk! Dit sal inderdaad baie mense aarde toe bring.

Koos ·

Jy is reg! As mens Africa Addio gaan kyk, verstaan jy waarvandaan hierdie sinnelose geweld kom. Sies vir die geweldenaar wat so n pragtige seun se lewe beeindig. Die grondwet elkeen se reg tot lewe en veiligheid, maar is maar net n klomp mooi woorde op papier. Sterkte aan die familie

HEVW ·

Ek probeer soms die enkele persone wat verantwoordelik was vir die oorgawe met woorde omskryf, maar woorde is nie beskrywend genoeg nie. Arme P.W. Botha was hul slagoffer. Hoe beskryf mens die karakters agter hiedie dade. Gemanipileer deur die internasionale wereld. Sonder vergoeding was dit nie. Leuens, halwe waarhede , onuitvoebare ondernemings, valse versekering, swartsmeerdery van verhoog tot verhoog. Hoe leef hul met hulsef saam.?????????

bibi ·

My innige simpatie en meegevoel met die Viljoen familie..is dit nodig dat die rassekaart alewig voor die tyd op die tafel gegooi word..is daar al ‘n verdagte geidentifiseer met ‘n ander kleur!..buiten wit? Hou op met julle haat!..ek stem nie saam met baie ietse wat in die land aangaan nie,maar moenie beledigend en aggressief alle anderkleuriges onder dieselfde kam skeer nie!..jy breek jouself net verder af,sonder om iets te bereik..vat liewers hande en bid saam vir ‘n oplossing..

Koos ·

Bibi, asseblief “get a life”. Dit is al wat ek vir jou wil se

Lindie ·

Wat ‘n pragtige jong man. My hart gaan uit na sy familie en vriendin. Woorde kan tog nie beskryf wat dit aan ‘n hart doen nie. Sy broer se pragtige boodskap het my in trane laat uitbars. So onnodig so wreed en so hartseer. Dankie tog die verdagte het weggehardloop en nie die vriendin ook om die lewe gebring nie. So jammer vir die Viljoen familie, geen woorde om te verduidelik hoeveel nie.

schalk ·

Dit is tragies. Dan wil die ANC ons nog probeer oortuig dat dit nie rasverwand is nie. Ek dink die tyd het aangebreek dat elke wit mens in die land ophou bloedskenk. Dit is ons bloed wat die gemors aan die
lewe hou. Dalk moet daar gekyk word na privaat bloedbanke. Ons bloed vir ons mense.

anet ·

Ek stem saam met jou Schalk oor die bloedkwessie. Ons bloed vir ons eie mense

toetoe ·

Waarom moet ons elke dag on vrees lewe vir wanneer daar toegeslaan gaan word? Agter tralies lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.