Jacob Zuma het 48 uur

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pres. Jacob Zuma is laat Maandagaand deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) 48 uur gegee om te bedank of deur die party herroep te word.

Die NUK het om 14:00 Maandagmiddag by die St. George-hotel in Irene, Centurion oor Zuma se lot begin vergader. Cyril Ramaphosa, president van die ANC, en Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het die vergadering kort na 22:30 verlaat om aan Zuma die uitkoms van die vergadering oor te dra.

Volgens berigte wou Zuma nog ‘n kennistydperk van drie maande uitdien. Zuma is egter glo net 48 uur gegee om te bedank of hy word deur die party herroep. Die ander lede van die NUK het by die hotel gewag terwyl Ramaphosa en Magashule die nuus aan Zuma gaan oordra het.

Ramaphosa en Magashule is kort voor middernag by Zuma se ampswoning weg waarna hulle na die St. George-hotel teruggekeer het. Teen 01:00 Dinsdagoggend was NUK-lede steeds by die hotel.

Die jongste gebeure kom nadat die topses Vrydag na Johannesburg ontbied is om “dringende kwessies” te hanteer.

Ramaphosa en Zuma het Dinsdagaand met gesprekke begin oor die oorgang en kwessies rakende sy posisie as president van die land.

Dit het daartoe gelei dat Woensdag se vergadering van die NUK, waar daar oor Zuma se lot besluit sou word, uitgestel is.

Daar bestaan wel ʼn kans dat Zuma kan weier om te bedank, al besluit die NUK om hom te herroep. Theo Venter, ʼn politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit se sakeskool in Potchefstroom, meen egter dit is ʼn baie onwaarskynlike scenario, bloot omdat dit kontrole van die situasie uit die ANC se hande sal neem. “Die ANC sal dan weinig ander keuse hê as om na die parlement te gaan waar ʼn staat van beskuldiging teen Zuma ingestel sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Johan ·

Ja nou ewe skielik moet hy bedank. Toe hy groot skade aangerig het was “almal” agter hom geskaar. Nou dat daar ‘n ander tier in die park is wat bobaas wil wees, nou word hy gevra om te bedank.

Ekke ·

Zumpie kyk in jou oe metn glimlag en pie op jou skoene. Hy is so arogant soos Virat Kholi van Indie.

Jacques ·

Seeing is believing, ek sal verbaas wees as Zuma gaan as jy eers “Power” geproe het is dit moielik om dit te los.

jaco ·

Ek sien kommentaar hierbo oor “nuwe hoop” vir SA. Eks egter nie so seker nie. Ramaphoza het lank terug reeds belowe daar kom radikale ekonomiese transformasie en radikale grondhervorming. Dit beteken afvat van besighede waar te min BEE en regstellende aksie is en afvat van wit plase sonder vergoeding. Wees dus verseker: SA onder Ramaphoza gaan SA onder Zuma soos ‘n Sondagskoolkonsert laat lyk.

TLC ·

Jaco ek stem hierdie gaan van n sleg na slegter wees . Vertrou hom glad nie ?

Kobus ·

Ek word nog nie opgewonde….n gekweste leeu is baie gevaarlik…as hy weier om te bedank…dan moet hy deur die Parlement in n staat van beskuldiging geplaas word…al die ministers moet dan ook outomaties bedank as hy uit gestem sou word…n nuwe President en adjunk moet uit LP’s gekies word…daar le die probleem…sy eks het steeds n kans om President van die land te word…ongeag Cyril

Eric Bornman ·

Presies. Die liberales se “nuwe messias” gaan hulle aan die agterstewe hap

Dee ·

Dit klink soos dieselfde paadjie as Zimbabwe se president….

Johanna Botha ·

Hoe die mense van die land so n man as n leier kon kies ….hy los ons met n land wat in stukkies gebreek is ….ook mense se verhoudinge het hy gebreek . Dit gaan JARE neem om te herstel indien ooit van die skade wat die anc en die man veroosaak het !

Adriaan ·

Ek wonder, het hy gegiggel met ontvangs van die NUK se besluit?

Johan ·

Die vraag is wat gaan die ANC doen as Zuma nie bedank nie en wat MAG hulle doen in die parlement, wat op die ou einde die amptelike plek is waar “dinge” moet gebeur?

Staat van beskuldiging of mosie van wantroue?

Opsie 1: Staat van beskuldiging. Zuma verloor sy pensioen en voordele en kabinet bly soos is (soos ek verstaan).
Opsie 2 : Mosie van wantroue. Kabinet ontbind dan ook en Speaker neem tydelik waar as Pres. Sover ek verstaan verloor Zuma dan nie sy pensioenvoordele nie, maar ek mag verkeerd wees.

As Zuma weier om te bedank, sal ANC eerder druk vir staat van beskuldiging om die res (Kabinet, ens) se eie basse te red. Zuma sal egter hoop vir mosie van wantroue, want dan behou hy steeds pensioenvoordele as mosie slaag. Maar…. Zuma dink ek regtig glo dat ‘n mosie van wantroue steeds nie sal slaag nie. So ek dink Zuma sal daai kans wel vat. Hy WIL NIE bedank uit eie wil nie.

Bg argument berus egter op die aanname dat hy sy pensioen ens behou al word hy uitgegooi deur mosie van wantroue.

Ek HOOP hy bedank sodat hierdie hele morsige storie tot ‘n einde kom. Maar ek sal verbaas wees as hy wel bedank. Hy sal eerder soos Simson die hele gebou saam met hom omtuimel.

Eric Bornman ·

Nou is almal in die 7de hemel oor die nuwe kommunis. Marikana, moet nie Marikana vergeet niem Die nuwe messias belowe, met syveerste toesoraak om grond te vat. Hoe eng en dof het ons geword om te juig oor n nuwe keuse met dieselfde baadjie. Ons donkertyd begin nou.

Gemaskerde Sopbeen ·

Shame Eric…..”julle” donkertyd het in 1990 begin…..julle wou dit toe net nie glo nie!!

christa ·

Cyril en Zuma is voels van enerse vere. Hy bly nog ANC, en hulle is korrup. Mense moet verhoed dat ANC weer aan bewind kom. SA moet saamstaan en ooreenkom vir wie om te stem, net soos ANC maak. Al ding wat hulle goed kan doen is saam konkel en saamstaan.

Amelia ·

Wat te joos????? Hoe kan een mens so dikvellig wees? Ek lees alles en verstaan bitter min van die parlement goete, maar wraggies ek verstaan dat niemand meer vir Zuma wil he nie. Of dit beter of slegter na die tyd sal gaan, sal ek beslis nie weet nie. Ek probeer maar net vertrou dat alles sal uitwerk.

fred ·

Ag, spaar alle tyd – dit is net vir hulle n goeie tydverdryf. Begin met aksie – roep Zimbabwe se army in – hulle sal hom wys wat is wat. Dit lyk vir my hulle – Zimbabwe – het rug graad en vat nie nonsens nie. Tyd vir speletjies is daar min.

Cherokee ·

fred, rug graad… Mediese kwalifikasie? Of is dit ‘n graad in rugby?

Vermeende ·

Dit is soos tennis kyk, koppe draai links, regs, links, regs soos almal die bal volg maar niemand hou die spelers dop nie.
Fokus vir n slag op Zuma en Cyril en kyk of julle kan sien hoe die volgende hou gaan lyk, daar is baie meer op die spel as die presidensie…..jou lewe!

Andre ·

As die publiek dink dat JZ net gaan terugstaan dan maak ons n baie groot fout,die feit dat JZ se hy sal nie bedank nie maar reageer in die openbaar is n groot rede tot kommer,die feit dat sy vrou getweet het dat nou gaan dinge lelik raak is n aanduiding dat hy nie net gaan terugstaan nie.
Op die huidige staduim is dit duidelik dat CR baie versigtig en omsigtig te werk gaan aangaande die hele kwessie is n duidelike aanduiding dat die NUK versigtig trap rondom die man,JZ het niks om te verloor nie en gaan al die name van betrokkenes in die publiek uitblaker, met soveel druk vanaf die opposisie partye en steeds gaan CR sag te werk is n duidelike aanduiding van een vrot korrupte spul. Hoe se MALEMA die poppe gaan dans. Hou dop daar gaan nie eers n ondersoek nodig wees nie want Zuma gaan alles sommer in die publiek bekend maak.

Callie ·

My woorde was hy gaan zy weermag vir ondersteuning vra. Watch this space

Fielies ·

Hulle gee hom 48 anc ure m.a.w. 48 weke om tot die volgende besluit te kom.

Laetitia ·

Wat ,n drama queen!!! Hy moet sy ry kry genoeg van hom gehad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.