Jacob Zuma in hospitaal opgeneem

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma is Vrydagoggend in ’n hospitaal opgeneem vir mediese waarneming.

Volgens Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het ʼn roetine-waarneming daartoe gelei dat Zuma gehospitaliseer is.

“As ’n voormalige president vereis die gesondheidsbehoeftes van Zuma die betrokkenheid van die Suid-Afrikaanse militêre gesondheidsdienste. Dit is die geval sedert hy in Estcourt-gevangenis opgeneem is.” Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.

Zuma dien 15 maande tronkstraf uit weens die minagting van ’n hofbevel om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te getuig.

Zuma is veronderstel om volgende week in die hooggeregshof in Pietermaritzburg te verskyn vir sy korrupsieverhoor. Dit kom nadat die hooggeregshof Zuma se aansoek om self in die hof te wees toegestaan het.

Die saak is van 10 tot 13 Augustus op die hofrol geplaas. Zuma word deur 16 klagte in die gesig gestaar vir die 1999-aankoop van onder meer vegvliegtuie, patrolliebote en weermagtoerusting van vyf Europese firmas terwyl hy Suid-Afrika se adjunkpresident was.

Hy word daarvan beskuldig dat hy sowat R4 miljoen in omkoopgeld van een van die maatskappye, die Franse vervaardigingsreus Thales, in sy sak gesteek het. Thales staan ook tereg op aanklag van korrupsie en geldwassery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

95 Kommentare

Werner ·

Snaaks dit het nie lankal gebeur nie.Die lot is so voorspelbaar.

Kokerboom ·

En die kaders wat vir ANC stem dink dis die regte ding om te doen maar hul kan nie deel in voordeel!! Eish!!!

Michal ·

moet ek nou lag of huil, ek weet dit klink dalk nie van pas nie

marius ·

En dit kom as ‘n verassing ? Rook en spieels , en almal is deel daarvan .

Nicholaas ·

Gedink dit gaan net n kwessie van tyd wees voor dit gebeur.

Nozi ·

Jip, volgende week moet hy in die hof verskyn wat nou heel waarskynlik nie sal gebeur nie omdat hy seker nou vir ‘n lang tydperk in die hospitaal sal wees. Net nog een van sy tricks.

Jacques ·

Jip, hy is soos ‘n slang. En kyk maar, hy het nog ‘n hele sakkie vol ‘tricks’ om sy hofdatums in die toekoms ook vry te spring.

Harley Davidson ·

Daar herhaal die Shabir Sheik en jacky Selebe scenario’s hulself weer nou in hospitaal en daarna by die huis,tipies hoe ‘n piesang regering werk om mense te flous .

piet ·

Jackie Selebe is dood, ek twyfel of hy enige een geflous het.

Werner ·

Shabir die 2de hy Gaan seker Nou vrygespreek word maar elkeen kry Sy dag

Marius ·

Ek sal graag wil weet watse tipe mediese toestand hy het . As ek moet raai is dit n tyd speel toestand .
Tipies , niks beter verwag nie .

Belinda ·

seker iets by sy broer se begrafnis opgetel ne…. Moet se, dis n gerieflike tyd om gehospitaliseer te word siende sy saak volgende week moet voorkom.

Jr ·

HIER KOM DIT.
DR’S DIAGNOOSE
TERMINALLY ILL WITH ANC SHABBI SHABBI SHAIKY SHAIKY GOLF VERSION 19 VIRUS
MEDICAL RECOMMENDATION – HOME REST AND TWO ROUNDS OF GOLF A DAY WITH A SHOWER IN THE MORNING AND EVENING

Pieter ·

Ek wil al op gooi as ek hoor van julle ANC kommuniste en al julle lieg stories loop VOETSEK

piet ·

En as hy regtig sieklik is? Die veroordeling van ander mense deur sogenaamde gelowiges en Christene is werklik verstommend. Word dit aangedryf deur haat (nog erger)? Die man is al omtrent 80, sal nie verbaas wees as hy sieklik is nie.

Peter Pan ·

Piet, hoeveel mense is ook nie siek in die tronk nie? Kry hulle dieselfde voordele as Zuma?

piet ·

Ja hulle kry dieselfde voordele en meer. Baie van hulle gaan privaat hospitaal toe.

Elize ·

Ag siestog Piet vat vir hom ‘n bos rooi rose as jy so aan hom hang

Peter Pan ·

Julle wat nie saamstem nie is seker Zuma aanhangers..hahaha

Samuel ·

Zuma en sy trawante het al net té veel gelieg. Dit is ook verkeerd.

Kerneels ·

Dis ongelukkig wat gebeur as jy te veel “cry wolf” speel – naderhand glo niemand jou meer nie.

Kerneels ·

Hy het seker gehoop op ‘n uitgerekte hofstryd oor die virtuele verhoor en nie verwag dat hy volgende week in die hof moet verskyn nie – ek het nogal gewonder hoe lank dit gaan neem voordat hy hierdie kaart speel…

Skim ·

Hy het juis vroeër in die week gesê hy weier om in ‘n virtuele hof te sit, hy wil hof toe gaan. Ek het nog gedink hy wil hof toe gaan, sodat sy aanhangers verder kan afbrand en verwoes in die omgewing van die hof.

Jannie van Niekerk ·

Waarom is ons verbaas? Ons het mos almal geweet dat sy “Mediese Parool” op pad is.

Racheltjie Debeer ·

Ag asseblief! Hy is so min siek as die man op die maan. Trek nou ‘n Shabir Shaik op homself.

SjN ·

Hy het seker die Shaik shaik siekte onder lede, hoekom as voormalige president kwalifiseer hy vir militere voordele, hy is mos nou n gevangene en moet so hanteer word.

piet ·

Wil jy eerder he hy moet na ‘n private hospitaal toe gaan soos ander prisoniers?

piet ·

Watse tronkhospitaal? ‘n Tronk siekeboeg is nie ‘n hospitaal nie. As dit ernstig is, word die prisoniers na ‘n regte hospitaal geneem. Dis ook nie ‘n voorreg/voordeel nie maar ‘n reg (vir alle prisoniers).

Botterblommetjie ·

Ek het ‘n nare gevoel op die krop van my maag…. niks wat ons aan enige iets kan doen nie – slegs ons hoop en vertroue in God stel… Wees voorbereid

Vernon ·

Ek het gese hy gaan n kiem ontwikkel,hier is dit nou!!!! Hy draai al wat leef en beef n rat voor die oe!!

piet ·

Ek is nie sy vriend of aanhanger nie maar wens hom beterskap toe.

Oom Hennie Pennie ·

Hoekom verbaas dit my nie? Hy sal wel ‘n plan beraam om nie in die hof te verskyn nie

Dries ·

Hier kom dit nou. Almal het dit voorspel. Zuma is lus om saam Shabir te gaan gholf speel

Inkpot ·

Dis nie ‘n verrassing nie. Dis net ‘n nuwe truuk van hom.

Samuel ·

Ek wonder wat hierdie skaakspeler nou weer in die mou voer?? Skelm. Glo gladnie dat hy iets makeer en waarneming nodig het nie.

pompies ·

Ek is seker ek het iewers gehoor hy is in Empangeni in die hosipitaal as dit wel so is is dit ver van Estcourt af met ander woorde hy was dan by sy huis in Nkandla en nie in die tronk nie. Sal dit graag gestaaf wil he, want dan dien hy sy vonnis by sy huis uit. Dit sal n lekker tronk straf wees.

Aai ·

Wonder waar gaan hy en Schabier golf speel?Lekker die tyd van die howe gemors om sy plan uit te voer.

Arno ·

Die siekte is eintlik baie ernstig, die diagnose is “MOK -Versteuring (Disorder)” genoem wat al ‘n paar jaar gelede gediagnoseer is by die meerderheid ANC ministers, en dit staan bekend as “magsmisbruik, omkopery en aankope-korrupsie” en daar is geen genesing behalwe ‘n deurlopende gevangenisstraf nie.

Strandloper ·

Wat is die diagnose? Moet kroniese anc onnoselheid wees wat gepaard gaan met aanvale van diefstal, hubsug, plundery en brand stigting. Tans geen medikasie wereldwyd beskikbaar nie.

Riaan ·

Die Schabir Shaik virus laat tot vandag toe nog wetenskaplikes kopkrap. Dit maak jou siek genoeg sodat jy op mediese parool vrygelaat word, en in die proses verbeter dit ook jou golf handicap

Alex ·

En daar speel hy ook weer dieselfde speletjie as die ander… Belaglik!

Anoniem ·

En ons moet die bollies glo! Lankal geweet hul gaan kort voor lank begin met hul streke.

Hanna ·

And so it begins… Dis ‘n wonder dit het so lank gevat…

Androclus ·

Hy kan maar wat probeer hulle weet hy is besig om Shabir se streke uit te haal.Ag hoe dom van hom.

Chris ·

Dis logies daar is mos nou weer ‘n komende hofsaak. Hoe dan anders

Deon ·

Sy regs verteenwoordigers het gewaarsku dat hy n sieklike oumens is en dat tronkstraf tot sy nadeel sal wees, hy kan nou die staat dagvaar, hulle was vooraf gewaarsku

JohanR ·

Het ons nie al van die tronk storie een of twee keer in die laaste 27 jaar gelees nie? Kan ek ‘n stel golf stokke na daai tronk hospitaal toe stuur?

piet ·

Ek weet van geen 80-jarige wat gholf speel nie behalwe Gary Player.

Kobus ·

As die ding dat so siek is hoekom gaan stort hy nie net nie stort is mos n goeie geneesmiddel

SomeOne ·

shabier hier kom ‘n speelmaatjie vir jou, hou solank jou stokke reg

VaalDonkie ·

Hy’t seker dieselfde kwaal as wat Shabir Shaik destyds opgedoen het. Die een wat net met 18 putjies Gholf behandel kan word.

Adam Adriaan ·

Een van die dae speel Zumpie in die Schbier Shaick Ope Golf

melW ·

Hospitale kreun onder Covid maar hy kan opgeneem word. Hy het mos alreeds ń sel, en daar is verpleeg personeel en drs aan diens. Ek het ń wrang smaak in my mond. Sela

Fanie ·

Enigiets om nie verantwoordbaar gehou te word vir sy optrede nie. Hy moet nou maar ‘n virtuele verhoor kry maar sal seker sy “vonnis” in die hospitaal uitdien totdat hy mediese parool kry vir ‘n “onsekere fatale siekte” sodat hy sy “laaste dae by sy huis kan uitdien. So voorspelbaar en pateties. Dan verwag hulle ‘n mens moet hulle respekteer, daar is nie ‘n manier wat ek enigeen van hulle kan of sal respekteer nie. Jy verdien respek, jy kry dit nie net nie.

Frank John ·

Gibberiger as ‘n baber. Vas kry hulle nie vir hom nie. Altyd net nog ‘n slenter. Ek kan maar net lag. As ek ooit met Ramaposa eendag kan gesels wil ek hom vra. Wat is die probleem dat hulle nie hul voet neer sit en die man vasvat nie?

Dirk Mostert ·

Waarom is die roetine-waarnemings nie uitgevoer terwyl hy onlangs in die tronkhospitaal was nie? Ek hoop hy het al sy Pfizer gekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.