Jacob Zuma staar ANC-skorsing in gesig

Oudpres. Jacob Zuma in die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Pietermaritzburg. (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)

Enige ANC-lede wat in ‘n hof aangekla word op kriminele klagte sal dadelik geskors word uit alle ANC-bedrywighede en alle politieke bedrywighede, en sal eers daartoe hertoegelaat word nadat hulle onskuldig bevind is, het die ANC se hoogste beleidmakende liggaam, die nasionale uitvoerende komitee (NUK) besluit.

Dit is ‘n reusagtige verandering in die huidige praktyk waar ANC-politici hofsake eindeloos uitrek op die beginsel dat hulle “onskuldig tot skuldig bewys” is.

Dit is nog nie duidelik presies wanneer die besluit van krag gaan word nie – daardie besluit oor die implementeringsdatum word aanstaande naweek by nog ‘n vergadering van die regerende party se NUK geneem.

Vier prominente ANC-lede trotseer tans kriminele aanklagte in hofsake en sal dus geskors word sodra die besluit van krag word.

Hulle is oudpres. Jacob Zuma (korrupsie), oudminister Bongani Bongo (korrupsie), Zandile Gumede, oudburgemeester van die Ethekwini-munisipaliteit in Durban (korrupsie) en Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (dieremishandeling).

Die aankondiging is Maandag op ‘n ANC-mediakonferensie gedoen deur pres. Cyril Ramaphosa. ‘n Aanduiding van hoe hewig die stryd in die ANC woed, is dat dit die eerste ANC-mediakonferensie buite ANC-kongresse is wat deur die ANC-leier toegespreek word sedert 2011, toe dit Zuma was wat die nuuskonferensie toegespreek het waarop aangekondig is dat die ANC sy destydse jeugleier, Julius Malema, geskors het.

Daardie nuuskonferensie was die aanloop tot die grootste skeuring in die ANC se geskiedenis van 108 jaar – die stigting van die EFF.

Hoe Zuma op die gebeure gaan reageer, is tans onseker. Hy het verlede week ‘n snedige openbare aanval per ope brief op Ramaphosa geloods. Daardie brief is deur die NUK verwerp en Ramaphosa het die uitgesproke steun van die NUK gekry – ʼn katastrofale mislukking en oordeelsfout vir die Zuma-groepering.

Voorts word die ANC se mediakonferensies gewoonlik deur die sekretaris-generaal, Ace Magashule, toegespreek. Dat dit Ramaphosa was, wys wat gesoute politieke waarnemers al lankal sê – Ace Magashule word nie deur die ANC vertrou met die eerlike oordra van sensitiewe inligting nie.

Die nuwe besluit oor skorsing by die hofverskyning in ‘n kriminele saak kan juis vir Magashule ernstige gevolge inhou noudat Ramaphosa die regulasies oor die Zondo-kommissie so gewysig het dat kriminele vervolging op grond van getuienis onmiddellik kan volg eerder as dat dit vir die afhandeling van die kommissie se werk moet wag.

Magashule, wat bra oes gelyk het, het gesê enigiemand in die nasionale vervolgingsgesag wat mense om politieke redes vervolg, moet self vervolg word. Hierin is hy deur Ramaphosa ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Kobus ·

Ag wat is die kans? Ons weet nou al dat ons agbare president baie praat maar niks word uitgevoer nie. Kans dat ek kan swanger raak is groter. CR praat ook in die algemeen. Waarom noem hy nie die mense by die naam nie ?

Realis Thailand ·

MAAR hulle salarisse moet ook opgeskortsoos vroeer jare word anders gee hulle gladnie om en is dit n betaalde vakansie op julle belasting betalers se rekening
As dit gebeur moet jy sien hoe vinnig word sake afgehandel

Persheks Adri ·

Skorsing met volle salaris natuurlik waarvoor ons moet betaal! Sit die hele lot in oranje pakkies. Kom kom ons wag in spanning en natuurlik vir kopdoek ook saam haar kinders! Daar gaan ook niks aan nie… Hulle het mos al genoeg geskep

Pieter ·

Ag ou cyril vertel ons nog n grap asb jy is nogal goed daar in.

Sarel ·

Wil dit sien en beleef!!! Daardie dag gaan ons Sonskyn en Kappok beleef.

Objektief ·

En wie van hulle gaan aangekla word? Dr Doolittle het harten mond belowe dat korrupsie uitgeroei gaan word en in 3 jaar het nog niks gebeur nie. Mooi geleer by Zuma om te sorg dat die regte mense in die regte posisie is en dan is daar geen gevolge nie. en dieNVG het nie noemenswaardige verbeter nie te spyte van al die “fanfare”

Yvonne ·

Ek wil nie te optimisties raak nie….as dit waar sal word is die kabinet leeg…gelukkig wag daar toue wat graag ook sal wil deel….hoe gaan die miljoene der miljoene verhaal word….dis waar die bankrot land moet gaan delf

Snowball ·

Die hoop beskaam seker nie; ‘n virus het hulle gierigheid en skaamtelose diefstal liederlik ontbloot, soveel so, dat ons nou al by skorsings is.
Mag hierdie hele korrupte nes homself so van binne verswelg dat niks oorbly nie.

Kerneels ·

Lukas 11 vers 17: “…Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ‘n huis wat teen homself is, val.”

Wondermaarnet ·

Hulle word nooit skuldig bevind nie, want alles word jare lank uitgerek en daar word vir tyd gespeel. Nie een van die kaders het al ooit ‘n oranje pakkie gedra nie.

Johann ·

Smoke and mirrors…trek net die aandag af van wie al vir wat hoe lank toegesluit moes word. Intussen loop die kaders rond van die een job na die ander job en payroll.

christo ·

Nee wat, dit sal nie gebeur nie. Ramaphosa weet goed dat dit ‘n skeuring in die ANC sal beteken nie.

Dries ·

Ag dit sal tog NOOIT gebeur nie. As Zuma of Ace en kie ooit eendag tronk toe gaan, sal ek ook ANC stem.

Androclus ·

Ja Zumpies jy was so brave toe jy daar voor op die verhoog gesing en dans het,toe voel ons soos gekke.Die wiel hy draai stadig maar draai draai hy.Simpatie met jou alhoewel jy niks vir ander gevoel het nie.

marius ·

En dit gaan veroorsaak dat hy sy polse kou ? Lagwekkend dat dit voorgehou word as ‘n straf .

Simon ·

Grote genade! Die land is binnekort ANC-loos, want daar gaan nie ‘n enkele een wees wat hierdie besluit gaan vryspring nie!

wim ·

Ek WIL glo dat hier iets van gaan kom. Hierdie keer. Glo my ek wil.

Corne123 ·

Ek wil net se dit nie 1 April nie en laastens skors met betaaling seker ja belaglik verby

Adam Adriaan ·

Lyk vir my dat daar hongersnood in die ANC uitgebreek het. Hond begin hond nou vreet

Pieter ·

Ons sal maar wag en sien. 26 jaar se anc beleid gaan nie sommer verander nie.

Michael ·

En ouder Afrika gewoonte, stig hy dan seker weer sy eie politieke party

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.