Jacques Pauw se vermaning oor Ramaphosa

Jacques Pauw, die skrywer van The President’s Keepers, by die bekendstelling van die boek in Pretoria (9 November 2017). Foto: ANA

Die skrywer Jacques Pauw, wie se boek The President’s Keepers so ʼn groot rol gespeel het om die weg voor te berei vir die val van oudpres. Jacob Zuma, het hierdie naweek Suid-Afrikaners vermaan om ewe waaksaam te wees teen vergrype deur sy opvolger, pres. Cyril Ramaphosa.

Pauw het honderde mense in die Stellenbosse studentekerk toegespreek as deel van die Woordfees, wat vandeesweek deur die Universiteit van Stellenbosch aangebied word.

Nadat Pauw uitgebrei het oor die skryf van sy boek en die klopjag deur die owerhede op sy huis verlede week, was dit vraetyd, en sommer die eerste vraag uit die gehoor het die gesprek reguit na die hede geneem: “Wat dink jy van Cyril Ramaphosa? Kan mens hom vertrou?”

Pauw se antwoord was ʼn deurdagte waarskuwing aan die pleitbesorgers van Ramaphoria, diegene wat so eufories hoog opgee oor die nuwe president wat uiteindelik van die Nkandla-ramp ontslae geraak het.

“Sy eerste paar stappe was indrukwekkend. Ek sal hom egter net vertrou sover ek enige politikus sal vertrou. Onthou, hy het Jacob Zuma aangeprys en al die pad langs hom gesit. Nou is die omstrede David Mabuza sy adjunkpresident. Die vraag is hoe hy die wetstoepassingsinstellings van hierdie land gaan regruk, en in watter mate hy diegene wat in die pad gesteek is, gaan terugbring.”

Verlede jaar was meer as een uit elke tien boeke wat in Suid-Afrika verkoop is, ʼn eksemplaar van The President’s Keepers.

Dit het Pauw se rustige lewe as restaurant-eienaar in die Swartlandse dorpie Riebeek-Kasteel totaal omvergewerp en in ʼn afkaatsing van ʼn goedkoop riller verander.

“In al my jare as verslaggewer in die apartheidstyd is geen klopjagte op my uitgevoer nie. En nou vandeesweek se klopjag. Maar ek is nie bekommerd nie – ek het die Grondwet aan my kant. En gewone Suid-Afrikaners.

“Dat die Valke se eenheid vir misdade teen die staat al die pad van Pretoria af kon kom vir hierdie klopjag wys dat, hoewel Ramaphosa sy kabinet kon skommel, daar nog vele duistere hoeke in die organisasie van staatsmag oorbly.

“Dit is wat ons nou almal, elke Suid-Afrikaner, in gedagte moet hou. Ons moenie nou terugsit en ontspan net omdat Ramaphosa oorgeneem het nie. Elke landsburger moet ʼn aktivis wees vir vryheid en geregtigheid,” het Pauw gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Pieter ·

Ramaposa is nie n goeie besigheidsman of hardwerkende boer nie hy het sy geld gemaak as n BEE opertunis en dit die gevolg van n sisteem wat hy onderhandel het saam met Meyer by Kodesa.

ne ·

Dankie!!! Ek is bly om te hoor dit is nie net ek war skepties is oor CR nie! Ons moet eenvoudig net die buiteland op hoogte hou van wat hier in SA aan die gang is. Weereens dankie dat jy die boek geskryf het. Dit maak ‘n mens bewus van al die onheil is SA.

Tom ·

Ek bly in Australie. Wees verseker dat Australie boggerol omgee wat in RSA aangaan. Om die Proteas en Bokke te klop is die enigste waar hul enigsins Suid Afrika op hul lippe sal neem.

PJ ·

Ek dink ons moet maar dai padda in die kookpot altyd in ons agterkop moet hou

Johann ·

Solank ek deel is van CR se padda sop resep… trust ek him as deel van die ANC LEGACY van ANC eerste bo als niks!

Saarkie ·

Cyril Ramaphosa is n Sosialis. Hy is n voorstaander van vergrepe van besittings al besit hyself miljarde. Ligloop vir hierdie wolf in skaapklere!!

LJ ·

Onthou hy het vir 7 jaar langs Zuma gesit en gekyk hoe die staatskas geplunder is. Niks gesê nie. Nou aanvaar hy Malema se voorstel, want hy wil nie dat mense agterkom hy is ‘n papbroek wat nie standpunt kan inneem nie. Soek altyd ‘n rok om agter weg te kruip.

Elvira Bothma ·

Dankie. Presies soos ek gedink het. Figuurlik gesproke: ons moet maar met ons ligte aan slaap.

Selfbeskikking ·

Roelf het gevaal om toe vir ons vir selfbeskikking te onderhandel, maar die tyd is NOU reg. Hulle wil ons uit he, hulle wil ons eiendom vat, so kom ons begin nou hard daarvoor onderhandel. Ons sal baie beter af wees op ons eie.

Elvira Bothma ·

Reg. Kom ons bou n muur reg in die middel. Gee vir hulle boonste gedeelte en ons wat vooruitstrewend wil leef doen ons eie ding aan die ander kant. Eie regering ens ens

Tyd het aangebreek ·

Die tyd is nou om te besluit watter deel van die land hulle wil grondgryp, en watter deel, natuurlik al is dit klein, sal ons behou. Met tegnologie, harde werk en effektiewe regering sal ons n baie groot sukses maak van ons eie land waarin ons nie heeltyd geblameer en afgedreig word nie maar waar ons kan saam bou aan n sterk, eerstewereld land.

StreepInSand ·

Jammer die perd is uit die stal uit. Tyd dat Afrikaners totaal en al disenvesteer. Die enigste blankes wat gelukkig is in Afrika is die wat soos xpats leef.

Ek het vandag my finansiele adviseer gevra wat die skade sal wees om my annuiteit te stop en oorsee te neem. In twintig jaar het dit net met 7% per jaar gegroei en gaan ook nie verder groei met die kaskenades wat nou op hande is nie.

Eish ·

Uitstekende raad deur iemand wat die donker dieptes van Afrika politiek deurtrap het op die kontinent.
Of dit die trompet, blokfluid, klarinet, viool, drom, doedelsak of dirigent is, almal speel dieselfde komposisie.
ANC opus 7,post 94, Finale aanslag, radikale ekonomiese vergrype, die dood van die gans wat die goue eiers lê.

leon ·

Halaluja! Uiteindelik skrik die mense wakker een na die ander.

ja ·

wil ons regtig so wakker wees vir alles-ek speel eerder bewusteloos, dis minder pynlik

Casper Labuschagne ·

Ramaforie is ‘n baie beter Afrikaanse benaming as Ramaphoria, maar ek neem aan dat in die geval was dit die woord wat Jacques Pauw gebruik het.

Andre ·

Cyril haat wit mense, amper so veel soos Malema.
Hulle gaan nog saam staan, donker dae vir witmense le voor…

Anette Ehmke ·

Nou wat is ons ouermense veronderstel om te doen? Kannie immigreer nie, dis te duur. Dit voel vir my ons is die teikens. Waar keer jy en waar koets jy?

LV ·

Bietjie onverantwoordelik van Pauw om te spog hoe sy werkers van sy skootrekenaars ontslae geraak het,maak hom oop vir verdere kriminele klagtes.

Cathy Kotze ·

In ‘n onderhoud met R W Johnson het Ramaphosa sy 25 jaar plan soos volg uitgespel: “It would be like boiling a frog alive, which is done by raising the temperature very slowly. Being cold-blooded, the frog does not notice the slow temperature increase, but if the temperature is raised suddenly, the frog will jump out of the water. The black majority would pass laws transferring wealth, land, and economic power from white to black slowly and incrementally, until the whites lost all they had gained in South Africa, but without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight.”

Die 25 jaar is amper om. Cyril Ramaphosa is tans besig om die laaste spykers in die doodskis van witmense en veral Afrikaners in te slaan.

Dit sal ‘n groot fout wees om hom met ons toekoms te vertrou.

Penellope Jones ·

Veral dalk omdat hy ten gunste is van onteiening van plase sonder vergoeding.
Dit laat mens ongemaklik voel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.