Jag-fratsongeluk eis jong rugbyspeler

Rainer Wellmann. Foto" Facebook

Rainer Wellmann. Foto” Facebook

Rainer Wellmann, ʼn 23-jarige klubrugbyspeler van KwaZulu-Natal, is Saterdag tydens ʼn jaguitstappie saam met vriende op ʼn plaas doodgeskiet.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê die tragedie het omstreeks 08:40 op die plaas Boshoek by Mthonjaneni in die Melmoth-omgewing plaasgevind. “Die groep het wilde varke gaan jag,” het Zwane gesê. “ʼn Vriend het op ʼn vark geskiet wat uit ʼn mielielandery gestorm het. Die koeël is deur die vark se lyf en het die slagoffer per ongeluk getref.”

Wellmann is na die KwaMagwase-hopsitaal gehaas, waar hy met sy aankoms dood verklaar is.

Die Melmoth-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Die polisie het beslag gelê op ʼn haelgeweer wat vermoedelik tydens die voorval gebruik is. Die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word vir verdere ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

springbok ·

Ag vader tog nou word die geweer vir n onder soek geplaas en wat gaan gebeur polisies vat hom hou dit vir die misdadegers watse gedeelte verstaan hul nie dit was n ongeluk en nie aspris nie.Doen eerder julle werk om te kyk waar die moordenaars is wat plaas aanvalle doen

Anoniem ·

Simpatie aan almal betrokke.

Ballistiese toetse op ‘n haelgeweer…. ok…

Paul ·

Ek twyfel nou nog meer oor die bevoegdheid van die polisie as hulle ballistiese toetse op ‘n haelgeweer gaan doen. Dommer as baie dom.

lorayne ·

Paul? Hulle wou dan “weerlig” ondersoek . . . DAN kan ons mos maar ENIGIETS verwag!

Grassie ·

Jagters skiet dikwels varke met ‘n koeël wat spesiaal gemaak is om uit ‘n haelgeweer gevuur te word. Dit staan algemeen as ‘n “slug” bekend. Dit is waarskynlik wat hier gebruik was, siende dat dit dwarsdeur die vark is voordat dit die man getref het. Ek wonder wie is nou die dom ene hier, sekerlik nie die polisie nie.

Ek betuig opregte meegevoel met die naasbestaandes van die oorledene en sê ook sterkte aan die ongelukkige ou wat die skoot afgevuur het.

Paul ·

Indien hulle ‘n ‘slug’ gebruik het, sou daar in elk geval niks merke van die loop op die ‘slug’ wees nie want die ‘slug’ word omhul deur ‘n platiek silinder wat weggeblaas word sodra die kombinasie die loop verlaat en dan moet beide die regte plastiek silinder en die ‘slug’ beskikbaar wees vir toetse en dit is so naby aan onmoontlik dat hulle net tyd mors.

Ina ·

Innige simpatie ,Hoe is dit ‘n frats ongeluk?want as die vriend na die vark geskiet het wat het die outjie dan agter die aanstormde vark gemaak? of voor die vark wat gestorm het .. maak nie sin nie .. skuus ek weet ditgaan vir ewig by die persoon bly wat geskiethet en dis nie lekke rnie maar dit wys mens net weer mense is die oorsaak van ongelukke nie vuurwapens nie

Daniez ·

Is dit nie moontlik om die slagpen se “ID” op die slagdoppie te identifiseer nie? Weet ook nie mooi wat dit gaan bydra tot die oplossing nie, seker maar n roetiene ondersoek om seker te maak dit is daardie geweer?
Daniez

Nekkies ·

Het meer as een skut terselfdertyd na die vark geskiet? Indien nie, hoekom is forensiese toetse dan nodig?

Twee vriende van my is in die 1980’s per ongeluk deur vriende doodgeskiet. Een man het ook sy vrou, vir wie hy baie lief was, per abuis doodgeskiet. Hy het weg van die huis in onlustegebiede gewerk en na maande tuisgekom. Tydens die nag is sy vrou kombuis toe en het hy haar as ‘n indringer gesien. Hulle het in die industriële gebied naby swart woongebied gewoon en daar was gedurig onluste.

Oscar dan?

Ek was baie lief vir skyfskiet maar het my geweer tot niet gemaak voordat iemand dit kon misbruik.

Self nooit gejag nie maar rakelings misgeskiet deur onverantwoordelike jagter. Ook te veel gesien dat ons mense alkohol en geweerkruit saam geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.