‘Jag nié bewaring’, sê organisasie

(Foto: pixabay)

Die Wêreldbewaringsunie (IUCN) het ʼn verslag vrygestel waarin hy bevind het dat jag, veral trofeejag, geen bydrae lewer tot bewaring nie, het die Veldtog teen Geblikte Jag (CACH) Saterdag gesê.

Die organisasie het gesê die jagbedryf was tot dusver baie suksesvol om sy standpunte aan die bewaringsgemeenskap af te smeer. Deur organisasies soos die Wêreldnatuurlewefonds (WWF) te gebruik, het die jaggemeenskap die meeste internasionale bewaringsinstansies oortuig dat jag ʼn deel van bewaring is.

Die CACH het in ʼn verklaring gesê die jaggemeenskap het die IUCN “geïnfiltreer” en verseker dat dié toonaangewende wetenskapsliggaam geen besluite neem wat ʼn negatiewe uitwerking op die jaggemeenskap het nie.

“Nou, vir die eerste keer, is in ʼn versigtige en omvattende verslag deur die IUCN se etiekkomitee – wat bestaan uit vooraanstaande internasionale wetenskaplikes – bevind dat jag, en in die besonder trofeejag, geen plek in bewaring het nie. Jagagentskappe wat tans die IUCN se uitgangspunte beheer, moet dus eintlik uit die IUCN geskop word.”

Die organisasie het gesê die beredenering van die kwessie was onberispelik. Die verslag het bevind die primêre doelwit van bewaring is om die integriteit en verskeidenheid van die natuur te bewaar. Om dít te doen, moet enige gebruik van natuurlike hulpbronne en wildlewe volhoubaar wees. Die eerste doelwit moet bewaring wees, waarna volhoubare gebruik volg, het hy gesê.

Wetenskaplikes het die uitwerking van trofeejag op die omgewing ondersoek en tot die slotsom gekom dat dit nie volhoubaar is nie. Selfs al sou dit wees, versuim dit om die diversiteit van die natuur te bewaar.

“Jag is dus ʼn manier van wildleweboerdery en het hoegenaamd niks met bewaring te doen nie,” het die CACH in sy verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Jan Alleman ·

Die ink van die wetgewer se pen is dodeliker vir wilde diere as al die gewere op aarde. Wat gebeur met ‘n wildplaas as die nie meer kommersiële waarde het vir die bestaan van wilde diere nie? Dit word ‘n doodgewone plaas. Met geen wild op nie.

Johann M van Heerden ·

Stem. As daar nie wildboerdery is nie sal wildgetalle tot byna niks daal. Netsoos daar geen skape, beeste of hoenders sal wees sonder dat mense hulle eet nie. Ek weet dit is nogal primitief, maar dan moet ons eerlik en konsekwent wees en ook nie wegle aan vleisprodukte nie. Dan is daar natuurlik die geweldige ekonomiese impak. Duisende mense leef van die wild- en jagbedryf. Dit sal ‘n ekonomiese en sosiale ramp wees as die bedryf gestop word. Ons het ernstiger probleme wat aandag moet kry. Los die wildbedryf, maar reguleer dit net waar absoluut nodig.

TomP ·

Nog n klomp “groen” mannietjies wat teen alles is. Soos hulle aangaan, is alles uit die bose. Hoop net hulle eet of maak gebruik van geen dierlike produkte nie. Ek sal lustig aan my koedoe, eland of beesbiltong smul en hulle gras voer..veral as daar totale anargie uitbreek en geen kos op die rakke is nie.

Francois le Cochon ·

Netso, ek stem saam. Wildboedery en jag is niks meer as om met wild te boer en daaruit ‘n wins te maak. Op die oog af seker niks verkeerd om met wild te boer nie, maar dit is meer ingewikkelder as dit. Toe Jan v Riebeeck aan die Kaap voet aan wal gesit het, was die hele wes-kaap vol olifante, renosters, leeus, buffels en bokke. Waar is hulle nou. Wie het hulle uitgeskiet, die Koi, slawe of inheemse volke? Nee, dit was die boere. Daarom is dit die huidige boere se plig om al hierdie wild weer te hervestig, dan kan ons se^ die boere bewaar die wild.

Gert ·

So as iemand anders 300 jaar gelede wild uitgeroei het, is dit vandag se boere se “plig” om die gevolge te dra? Watse argument is dit? Volgens my is dit boere se “plig” om suksesvol te boer en die rekeninge te betaal, niks anders nie.

Daan ·

Jy is seker ook n vegetarian. Jag dra by tot bewaring… en kom ek se jou hoe. Wat dink jy gebeur as boetie en sussie kinders maak., nou presies dieselfde geld vir die natuur. En die is net een voorbeeld, nog n voorbeeld is siektes beheer.

Hendrik ·

As die boere al die wild terugbring, waar gaan al die mense bly wat nou in SA is? Dink verder kêrel. Habitat verlies bedreig wilde diere. Jag bevorder bewaring.

Paul ·

Die huidige boere het die diere waarvan jy praat, net so min uitgeskiet as jy! Hoekom is dit nou hulle “plig” om dit terug te bring en te bewaar, meer as joune? Jou redenasie is duidelik een van iemansd wat deel form van die “greenies” mentalliteit! Daar is geen logiese denke betrokke nie!

Wakker word ·

Alles in hierdie lewe het n balans, die oomblik wat die balans versteur word is daar nadelige gevolge soos. 1, Te veel diere word verwyder (jag, poach, slag of wat ookal) sal die getalle afneem. 2. Indien daar geen benutting is nie (daar is NIE meer vandag voldoende natuurlike prosesse om getalle in bedwang te hou nie) ly n ander deel van die natuur daaronder wat ook bewaar moet word.
Hier is alweer n stereotipering aan die gang en dit is net n teken van onvolwassenheid. Daar is voldoende wetgewing in die RSA wat jag reguleer en ek ken baie meer jagters wie by die reels hou as gevolg van hulmorele waardes, en baie min slagters. Orals in die samelewing kry ons diegene wie nie volgens die reels wil speel nie. Is ons almal dan nou diewe en moordenaars as gevolg van die hoe misdaad syfer in die land?
Ek is n bees boer, het wild op my plaas gevestig wat saam met beeste kan bestuur word, laat jag net wanneer getalle beheer moet word, en laat dan selektief skiet. In n 40km radius om my plaas waar daar 11 jaar terug GEEN wild, nou is daar tussen 14 boere Elande, Koedoes, Njalas, Zebras, Blouwildebeeste, Rooibokke, Rooihartebeeste, TSetsebe, Blesbokke ens, en almal beheer hulle getalle deur selektiewe jag en gebruik dit nie as inkomste om te oorleef nie. Dus doodeenvoudig vir oorlewing van hierdie spesies.

Jagter ·

Ag asseblief gaan kyk net na Kenya, waar jag verban was, kyk hoe daal hulle wild populasies. As iets nie n geld/inkomste waarde het nie gaan iemand nie geld daar binne bestee, wild getalle sal afneem, veral wild met groot hoorings of tande

Yvonne ·

Ek stem saam. Veral wanneer regerings nie hul werk doen nie, sorg trofeejag dat getalle toeneem en bloedlyne versterk. Daar sal altyd diegene wees wat die sisteem uitbuit en van HULLE moet ontslae geraak word!

Abe ·

Natuurlik kan jag geen bydrae lewer tot sinvolle bewaring van natuurlewe nie. Ek hoop hierdie wetenskaplike bevinding sal nou eens en vir altyd n permanente einde bring aan sinnelose argumente wat gevoellose indiwidue ophaal om die uitroei van diere vir geldelike gewin te regverdig.

Johan Kruger ·

Klink vir my na ‘n tipiese idiotiese argument. Die Wildbedryf, veral in Suid-Afrika, is een van die min suksesverhale van volhoubare benutting, wat op sigself sorg vir natuurbewaring en werkverskaffing, en helaas, vir die Staatskas. Op die oomblik dat ‘n dier gejag is, het daar reeds ‘n string ander bedrywe finansieël baat gevind.

Ons kan mos dan sommer bees-, skaap-, vark- en hoenderboerdery ook verbied?

SêmaarNetEen ·

Iets word juis bewaar as dit as nuttig beskou word. Hoeveel wildsplase sou daar wees as dit nie vir jag was nie? Weinig of niks. En boonop is wildsvleis baie gesonder as bees/skaap/vark.
Let wel daar is verskil tussen uitmoor jag en stroop.
Klink my na net nog ‘n manier om vryheid in te perk en maniere te vind om mense te wil ontwapen in die toekoms

Willehond ·

Laat ek julle nou vang met n sakkie lekker springbok biltong in! Julle gaan daai sakkie ook eet. Daarvoor sal ek sorg!

Custos Naturae ·

Trofee jag……dit verwyder die TOP GENE POEL
Maar niemand wil tog 2de beste bees skiet nie.
Daar is n verskil tussen jagters en slagters.
Maar…… as jy steeds nukkerig is oor “jag”…
Lees weer die laaste paragraaf .
Dit gaan absoluut oor ????????????????????????????????????

M'Lady ·

Jagters gebruik altyd Kenya as n verskoning. Die rede waarom wild getalle daar afgeneem het, het absoluut niks te doen met die verbod op trofee jag nie. Die beste word uit die geenpoel geneem deur jagters. Trofee jag laat beslis nie die getalle toeneem nie. Dis n mite wat hulle aan oningeligtes verkoop.

Johan ·

If you take hunting away there will be no wildlife left – thank you gamefarmers for preserving wildlife!!!

Boer ·

Hoekom gaan ek geld spandeer om wild te beskerm as ek dit nie kan laat jag teen ‘n wins nie? En as ons jag stop, hoe gaan ek oorleef? Ek gaan die wild verkoop en met beeste boer of mielies plant. Daar gaan die wild en die habitat. En die plaaswerkers, slagters en spoorsnyers sit sonder werk en begin “poach” om te oorleef! Daar gaan die res van die oorblywende wild. Hierdie tipe argumente kry jy as morone toegelaat word om voort te plant! Seker ‘n klomp grasvreters wat die navorsing gedoen het.

M'Lady ·

Uiteindelik het iemand die lig gesien. Trofee jag dien aboluut geen doel nie. Hopelik word dit heeltemal verbied en gou ook, voordat wildsgetalle so afneem dat geen toeris Afrika meer sal besoek nie.

KrokodilBotha ·

Gaan besoek self n wildsplaas en vra die boer. Poaching is wat die wild uitroei , nie trofee of jag nie.

Hans ·

M’antie, nou ma’ wat van al die karre wat mense so op ons paaie doodmaak.

Andries ·

M’Lady jy is seker ook op ‘n opinie geregtig maar skoenmaker hou jou by jou lese. Jy weet regtig nie waarvan jy praat nie. Gaan doen jou eie navorsing en kyk na die inkomste en bedra wat jag en veral trofeejag vir bewaring inbring. Dit is by verre die grootste as enige ander vorm van inkomste.

Daan ·

Moet nie net na trofee jag kyk nie. As jy siek is gan jy dokter toe. As diere siek raak versprei diensiekte. Jag hou getalle op sinbare vlakke om natuur rampe te voorkom, daar is baie ander voordele wat jag het.

Realis ·

Môre poplap, ek hoop jy het ‘n fantastiese dag.
Sê vir my, wat gaan daar aan (in die trofeejag bedryf)?
Ek het ‘n trop van 60 buffels op my plaas – ek betaal hulle voer/veeartsrekening, onderhoud van drade en die hele plaas, my werkers, ens ens ens. Ek genereer ‘n inkomste deur groot buffelbulle te laat jag, so kan ek vir alles betaal en dit ook bekostig om die buffels te “huisves” en ja, geld te verdien daaruit (met die “obvious” positiewe implikasie dat ek nie my hele trop gaan laat doodskiet nie – wat sal dan van my besigheid word (eet jy al die drumsticks by jou “KFC franchise”?) Ek bestuur dit en hulle word meer (en my diere se kwaliteit/genetika word verbeter) tot op ‘n punt wat my plaas kan akkomodeer – nou poplap, as ek nie my buffels kan laat jag om ‘n inkomste te genereer nie, mag ek dan asb my bankbesonderhede vir jou stuur – kan jy asb vir my so R150000/maand inbetaal vir die oorhoofse kostes op my plaas. Indien nie, het jy vir my ‘n plan wat om met my buffels te doen?

Jj ·

Gaan kyk maar na die ander Afrika lande ook.. Kenia is beslis nie alleen nie. Jag verbeter verseker die genepoel – wanneer wild privaat besit word (vd greenies…dit is daardie bokke met die oorplaaitjies) Jag verskaf nie net aan die eienaar n inkomste nie maar ook aan bv taksidermie/slaghuise/toerisme/leer looiery ens. Met SA se werkloosheidssyfer moet hulle dalk eerder n studie doen oor die impak wat dit op die mens gaan hê…aangesien die spesies wat uitsterf ,nie gejag mag word nie. Ek persoonlik jag nie, maar ondersteun die bedryf 100%. Wens net die nie-vleiseters wil vleiseters ook respekteer…en ophou om die bokke se kos op te eet …hahaha

Kolskoot ·

Ek love dit as onkundige buiteland se jagters met hul kanon gewere gegaffel word wanneer Leeus Buffels en luiperds onodig geskiet word los die trofee diere uit en skiet die ou diere enige ou kan n leeu in n hok skiet dan moet jy nie van die lieg stories hoor van hoe hulle die Leeu bekruip het wat n grap

Gaitsigubib ·

Is jy seker jy is normaal as jy so lekker kry wanneer n mens beseer word? Jy weet selfs Ted Bundy het ook iewers begin om die pad byster te raak?

Kolle kat ·

Mmmm…

Dis my gevoel ook.
Dit is slagters…nie jagters nie…
Hul beursies staan knoppe vol geld……….en dit is eintlik die geld Trofee wat die wildeienaar wil.he

..

Beesblaas ·

M’ Lady, ai ai. Kan nie glo daar is mense met so lae IK nie. Di k jul die vleis word weg gegooi na n trofee jag? Baie gemeenskappe word gevoer. En as mense gaan ophou mielies eet, dink jy boere gaan dit aanhou plant? Stil as jy nie verstaan hoe dit werk nie.

M'Lady ·

Beesblaas, ek mag n lae IK he volgens jou, maar ek weet presies wat in die trofee jag bedryf aangaan en dis nie n mooi prentjie nie.

Gatvol ·

Beesblaas! Ek het tot die besef gekom dat omtrent 95% van ons samelewing morone is, en die ander 5% ly daaronder. So glo my, ek werk elke dag met mense. Daar is mense wat so onnosel is dat as hulle nie onwillekeurig asem gehaal het nie verseker sou gesterf het!

Werner ·

As jy nie regtig iets van wildboerdery weet nie moenie jou opine lig nie poaching en n regstelsel wat niks beteken en department van natuurbewaring wat nooit brandstof het sodat hulle mense iets kan doen nie is verantwoordelik vir uitroei van wild wildboere is defnitief n bydraende faktor by bewaring van wild

Naamloos ·

M’Lady,as jy die grootste pampoen van die dorp in jou tuin groei,gaan jy hom los dat hy daar vrot of gaan jy oes en opsny en die stukke verkoop vir n wins.Of wat gaan jy doen as die bure die pampoen kom pouch.

Andries ·

Hierdie artiekel is somer net vals en net ‘n poging van instansies en mense wat teen jag is om net iets te sê. Ek het die artikel op IUCN se webtuiste gaan soek en niks gekry nie. Ons wat jag weet dit dra baie by tot bewaring en al die gepubliseerde navorsing bewys dit oor en oor. Publiseer asb. die sogenaamde navorsings artikel. Weet sommer julle kan nie want dit bestaan nie.

Christa ·

EK glo dat Geen diereliefhebber n jagter Kan wees nie. Jy Kan nie n dier in Sy oë kyk en Hom dan skiet nie. Vir vleis is daar slagpale wat slag en almal van vleis voorsien. Ons as mens Wil oor alles die heers en Dan ook alles vernietig en uitroei. Die natuur Sal self verminder Soos dit nodig is.

SêMaarNetEen ·

Ja staan maar bakhand laat iemand anders die slagwerk doen… diegene wat so teen jag gekant is, M’lady en Christa hou summier sommer op vleis eet asseblief. En M’lady wat het jy nou gesien wat so lelik is in die jagbedryf. Brei asb uit..
Ek weet ware jagters leer nuwe jagyers eers slag voordat hulle ‘n bok mag skiet. LW hier moet hul alreeds kan skiet nie net raak nie maar doodskiet. Sodra diegene weet hoe die anatomie lyk kan hul hul skote perfek plaas. Maar daar is soveel meer in jag as net die dier skiet. Ek weet nie eens hoekom ek jul dit probeer verduidelik nie. Gaan jag saam met ware jagters en miskien sal jul persepsie verander

Jagter ·

Hoeveel van jou famielielede moes jou help met daai stelling? So dit sal beter wees dat wild troppe vrek van honger en dors omdat daar te veel is vir die omgewing, as wat ek so nou en dan een of twee skiet om die getalle in toom te hou sodat die meerderheid kan floreer? Jy het seker iemand wat die heel dag vir jou sê wanneer om jou oë te knip en asem te haal né?

Johan ·

Rerig Christa, so jy meen dis beter om in n slagpale n bees of skapie in die oë te kyk voor jy n staal pen in sy brien inskiet???

Tenminste kry daai dier eers die reuk van bloed en dood terwyl hy in n drukgan staan en wag vir sy beurt!!!

Gaitsigubib ·

Jy is aangestel om te heers, het jou bybel dan nie Genesis in nie?

Domvraag ·

Christa eet jy vleis? Is dit o.k. as iemand anders daai skaap of bees by die slagpale in die oë kyk?

Andreas ·

Jou huis, krag en leefstyl het ‘n groter bydrae tot die verwoesting van wild as al die jag oor die eeue heen. So hou op skeinheilig wees.

sekelbos ·

Trofeebulle word an die einde van hulle lewe gejag,(horings dan maksimum lengte) maar dan is hulle gene lankal oorgedra aan die nageslag. Word hulle nie gejag nie vrek hulle net eenvoudig in die veld.
Dieselfde argument vir vroulike diere, as hulle begin oud raak moet hulle verkieslik afgehaal word vir vleis produksie.

Mathys ·

Hoekom gee julle vir hierdie mense lugtyd? Wil ons provokeer sodat mense uit die boks moet dink? Daar is geen land in die wereld, soos in 192 lande (miskien dalk die Amasone?) Ek het nou geGoogle, maar adverteerders is duidelik betaal sodat Brasilie kan se ‘mees divers’ dan sluit dit nou plante en diere in asook varswater visse, maar kom ons se Suid-Afrika is een van die heel mees diverse wilde diere ten minste, lande op hierdie planeet, hoekom elke fliek in Suid-Afrika landskappe en dierelewe insluit, hoe dit okal sy is jag uitsluitlik, nie die suksesvolste bewaring (hoekom ons kan spog met die diere nie), maar die enigste moontlikke manier om die habitat en hoeveelhede te bewaar met regte egte geld in hierdie realiteit waarin ons onsself bevind, daar is geen alternatief nie! Die absoluute weiering van hierdie ‘bevindings’, wat hierdie ‘wetenskaplikes’ en ‘joernaliste’ om ‘n duidelikke onderskeid te tref tussen jag (wettig), trofee jag (wettig) en geblikte jag (gereguleer/onwettig) en stropery moet hulle opienies summier van die hand gewys word, dan het ons nog nie eers begin praat oor die vals geloof, met die vals messias, wat die sekte van stapel gestuur het om mense vas te oortuig dat beeste se metaangas afskeiding die aarde op sy denkbeeldige as, tot stilstand gaan bring oor 12 jaar nie. Hierdie slaai eters, beter ophou om my kos se kos te eet!

Regs! ·

Stem saame net jou Mathys! Mense wat soos hulle redeneer het gewoonlik iemand wat hulle mondhoekies vir hulle afvee!

Abe ·

Christel (Maroela Media),
Baie dankie vir die antwoord en die skakel. Dit behoort mos klinkklare akademiese uitsluitsel te voorsien. Ek stel voor dat almal wat hier kommentaar lewer die skakel opvolg en die artikel lees.

Attie. ·

Uiters afgesaagte onderwerp. Die leeubevolking sal drasties verminder indien die grootmaak van leeuwelpies met die doel om later gejag te word, onwettig word. Skape word op die wreedste maniere op skepe versend maar dit mag maar. Almal eet vleis en gaan werk vir n week by ‘n slagpale en kyk hoe gaan dit daar. Hoenders word op ouderdom 5 weke geslag terwyl hulle nooit die son gesien het nie maar om wild te bewaar met die doel om eendag gejag te word, dit is kamma oneties en wreed. Moenie simpel wees nie.

Attie. ·

Wettige jag is die besteding wat nog ooit virdie bewaring van wildspesies op aarde gebeur het, veral waar die wild die eiendom is van ‘n grondeienaar want daardie boer gaan sorg dat hy goeie bulle gebruik om sy wild te verbeter. Verstaan goed dat indien daar nie jagters is nie dan sal niemand wild aanhou nie. Tans is dit onmoontlikom met renosters te boer en die gevolg is dat niemand meer ‘n renoster wil koop nie. Kyk wat gebeur met die renosters omdat hulle nie wettig gejag word nie, die boer ontvang niks vir sy produk nie en die diere loop die gevaar om totaal uit te sterf. Kan die Groenes dit nie verstaan nie of is jul IK baie laag. As niemand Toyotas koop nie dan gaan die vervaardiger bankrot raak en hy gaan ophou Toyotas vervaardig, verstaan julle dit nou of is julle heeltemal te dom.

Dries ·

Ek noem een spesie. Die bontebok. Sou dit vandag nog bestaan het as dit nie vir wildboere en jag was nie? Rest my case

Boer ·

Die bontebok is al uitgesterf voordat daar iets soos gereguleerde jag bestaan het. As ouens soos jy maak dat gereguleerde jag ophou, dink net hoeveel meer spesies gaan uitsterf. Rest MY case!

Adam ·

Selfs as nie-jagter vind ek dit vreemd dat mense dink dat wild hule eie getalle sal beheer indien daar nie gejag word nie. Het een van julle al ‘n bok of ‘n leeu met ‘n kondoom gesien? Kiewe aarde, nie eens mense kan hulle getalle beheer nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.