Jagluiperd in wildtuin doodgery; motoris gesoek

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die verkeersowerhede en beamptes van die Krugerwildtuin is op soek na ʼn motoris wat Dinsdag glo ʼn jagluiperd in die wildtuin naby die Afsaalpiekniekplek by die Jock-afdraai doodgery het.

William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, het Donderdag aan Maroela Media gesê die jagluiperd se karkas is in die middel van die pad gevind en volgens alle aanduidings is die dier deur ʼn motor raakgery.

“Ons is op soek na die bestuurder van die motor en vra enigiemand wat moontlik die ongeluk gesien het om met ons in verbinding te tree,” het Mabasa gesê. “Soos met enige ongeluk, of dit nou binne of buite die wildtuin is, moet jy dit by die polisie aanmeld. Die bestuurder sal dus na verwagting beboet word omdat hy nie die ongeluk aangemeld het nie. Ons sal die voorval verder ondersoek en indien ons vind dat daar grond vir strafregtelike aanklagte is, sal ons die nodige stappe doen,” het hy gesê.

ʼn Foto van die jagluiperd wat Woensdag op Facebook gedeel is, is sedertdien wyd versprei en talle mense het hul skok en woede oor die voorval uitgespreek.

Oor bewerings dat die jagluiperd raakgery is deur ʼn regeringsamptenaar wat vir ʼn vergadering in die wildtuin was, het Mabasa gesê dat wildtuinbeamptes nog geen amptelike inligting hieroor ontvang het nie. “Ons het die bewerings gehoor, maar niemand het dit nog by ons aangemeld of konkrete bewyse vir die bewerings gelewer nie. Ons is nie bewus van enige regeringsbeampte wat die betrokke dag in die wildtuin was nie. Weereens doen ons ʼn beroep op die mense wat die inligting versprei om ons asseblief te nader sodat ons die saak verder kan ondersoek,” het hy gesê.

“Ons wetstoepassingsbeamptes kan ongelukkig nie elke voertuig wat die wildtuin binnekom die hele tyd dophou nie. Daarom word daar van besoekers verwag om verantwoordelik op te tree wanneer hulle die wildtuin binnekom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

alida ·

Julle laat dan toe dat die Taxis soos mal goed deur die Wildtuin jaag!!!! Kry vir julle. My hart is bitter seer oor die luiperd om in sy eie gebied doodgery te word.

Tiger ·

N aaanleiding van die berig oor die onlangse taxi ongeluk waarin 3 mense ddod is en nou die een van die jagluiperd wat dood gery is is dit baie duidelik dat die bestuur van die Kruger Wildtuin iets sal moet doen om mense by die snel perke te laat hou.Dit sal noodwendig meen baie meer spoed lokvalle regdeur die park elke dag om mee te begin.Voertuie wat oorlaai is moet toegang geweier word ongeag.Park amptenare sal moet trenger optree teen mense wat die park reels oortree soos om uit ‘n voertuig uit te klim,diere te voer en om in groot groep in die pad stil te hou om wild te besigtig en die pad heeltemal te blokkeer.Mense gooi alle ordentlikheid by die venster uit sodra hulle die park binnegaan.

indigogirl ·

sal my nie verbaas as dit dieselfde taxi is wat die arme dier raakgery het nie!

Michael ·

Ek is nou nie ‘n wild kenner nie maar is daai nie ‘n Cheetah in die foto?

Rosemari ·

‘n “Cheetah” in afrikaans is ‘n jagluiperd. Cheetah is die engelse naam.

Cherokee ·

Dit mag wel dieselfde ding wees E.K. maar een is Engelssprekend.

Babbelbek ·

Dit is vir my verskriklik ek het nog nie eers een lewend in die Krugerwildtuin gesien nie, en nou word hy sommer net so sonder enige emosie doodgery – dit was ‘n onbesonne daag!!

E.K. ·

Nou gaan staan en bou hul nog ‘n massiewe lodge wat gaan veroorsaak dat NOG meer mense rond gaan ry en ongeduldig raak en dan jaag en..en..en… Dink nie DIS wat die stigters van die wildtuin destyds in gedagte gehad het nie.

Justa ·

Hoe ongevoelig moet mens wees om die arme dier net daar in die pad te los en aan te ry. Taxis gebruik nou die KNP as n “shortcut”. So soek maar n taxi of trok bestuurder. Hulle jaag soos maniake deur die Park. Geen empatie wat nog te se vir n dier.

lynette ·

Waarom word dit toegelaat dat n pad in Wildtuin as openbare pad gebruik word? Dit mag mos nie!!!!

Riekie Nel ·

Lynette vir party SA inwoners geld die reëls nie. Die Z en M volgelinge.

Koos ·

So word alles in ons land wat kosbaar en wat jare geneem het om op te bou afgebreek. Dit maak nou nie saak wie of wat die dier doodgery het nie, dit is nog net n bewys dat die mense in ons land geen meet respek het vir wet en orde nie.

Annie ·

Dit is mos nou maklik. Gaan kyk by Werkseinkel in julle kampe wie se motor het herstelwerk nodig….. So twee jaar terug het n Japenese paartjie n rooi bok so dood gery en net eenvoudig na die werkswinkel toe gegaan vir herstel werk. Geen vorms is in gevul of vrae gevra nie. Die duik is net uit geslaan sodat hy weer mobiel kon wees om seker die tweede rooibok dood te kon ry…. Daar moet dringend na julle beleid oor bewaaring gekyk word!!! Ek geniet die wildtuin maar is baie furstreed met mors jorse en jaag duiwels…..

Dave ·

Die wildtuin is getransformeer na 3de wereld wat verwag julle

Retief ·

Dis ‘n duister saak. Die motor moes baie vinnig gery het, want die jagluiperd sou tog vinnig padgegee het as hy mense of ‘n voertuig in sy omgewing gewaar het. Het die voertuig dalk ‘n blou lig opgehad?

E ·

Ai tog, as die bestuurder net dit dadelik aangemeld het was hy/haar moeilikheid mos nou baie minimaal i.v.m die saak.

Henry ·

Plaas n beperking op die ingang en uitgang. Mag nie onder vier/vyf ure die park verlaat in n ander hek as die een waar ingekom is nie……………..Dan sal die park seker nie as deurgang roete gebruik kan word nie?

Riekie Nel ·

Dit sal nooit werk nie Henry. Miskien moet daar net meer wake-up mense by die hekke wees.

Riekie Nel ·

Dis baie tragies, maar daar kan ‘n paar oorsake wees hoekom die cheetah getrap is. Nie nét spoed nie. Wat my kwaad is hoekom die betrokke persoon dit nie aanmeld nie? Hy maak homself skuldig daardeur. Met eerlikheid kon hy lig op die onderwerp gewerp het, en al die bespiegelinge voorkom het, en dalk met n ligter straf weg gekom het. Ek het nie simpatie met hom nie. Hoop hulle vang die skuldige.

Minister ry jagluiperd dood ·

Daar is gerugte dat ‘n Minister se die jagluiperd dood gery het. Sy motors het in die wildtuin gejaag.

M'Lady ·

Dit was blykbaar die adjunk minister van “rural development” wat op pad was na n vergadering. Het sy naam as dit korrek is,

Cherokee ·

Net soos wat hulle vashaak by die woorde rassisme en apartheid is ‘n 3de woord in hul woordeskat bygevoeg; vergadering.

Karelkat ·

Mense kan darem baie nonsense kwyt raak……Annie daai was heel moontlik n dag besoeker, moet die wildtuin nou elke kar ondersoek vir stampe??

Cobus ·

Daar is vele redes hoekom die bestuurder dit nie aangeleld het nie…….te vinnig gery ………onder die invloed van drank……..geen bestuuurs lisensie nie……..gesteelde voertuig……..poachers……..onwettig in die land……….wapens by hulle gehad…….ons lewe mos in n land waar dit daagliks voorkom……..

Marous ·

Mnr Mabasa , julle WIL niks doen om die gedrag te bekamp nie. Daar word daagliks klagtes ingedien maar julle trek julle skouers op. Sit fotos by die toegangshekke op dat die toeriste dit kan sien en stel dit duidelik dat oortreders vir spoed , mors en drankmisbruik TOEGESLUIT gaan word. Gebruik privaat voertuie met kameras en ry soos gewone mense dan sal julle die gemors kan opneem. Praat met die vervolgingsgesag vir strawwe en beslaglegging op voertuie. Geen uitsondering vir aflewerings of amptelike voertuie nie. Dit lyk of dit te veel moeite vir julle is om mense toe te sluit!

Susan ·

Die park se amptenare ry net so woes..toe ek vir n bestuurder van n swaarvoertuig ligte wys omdat hy so jaag het hy my net n middelvinger gewys…en dit was die park se voertuig.

Wat-ek-lees ·

Wat ek lees uit voorgaande kommentare sal dit beter wees om weg te bly uit die wildtuin wat nou ontaard het in ‘n wilde tuin. Daar word nou klem gelê om soveel as moontlik besoekers toe te laat as wat moontlik is. Ek twyfel of daar al mense is wat die park verbied is of uitgesit is a.g.v. wangedrag. Vir ‘n wildtuin is dit ook té luuks en daarvoor word betaal. Nee wat en nee dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.