Jagluiperds val lugmaglid by basis aan

Jagluiperd  (Foto aan Maroela Media verskaf deur Dinokeng)

Jagluiperd (Foto aan Maroela Media verskaf deur Dinokeng)

ʼn Lid van die lugmag is Dinsdag by die lugmagbasis in Louis Trichardt in Limpopo deur twee jagluiperds aangeval.

Brig.genl. Marthie Visser, die lugmag se direkteur vir korporatiewe personeeldienste, het gesê die twee jagluiperdmannetjies is nuwe inwoners by die lugmagbasis. Jagluiperds word gereeld deur die lugmag by die basis aangehou om die wildbevolking te beheer.

“Die Makhado-lugmagbasis het reeds ʼn ondersoek van stapel gestuur na die ongewone voorval,” het Visser gesê. “Die ondersoek sal die lid se beserings aan diens verklaar en sodoende voorkomingsmaatreëls instel vir die toekomstige bestuur van die jagluiperds in die lugmag se lugvaartveiligheidsprogram.”

Volgens Visser word die jagluiperds gebruik om die wildbevolking te beheer aangesien die wild ʼn gevaar kan inhou vir vliegtuie wat die basis gebruik. “Die praktyk word al sedert die 1990s baie suksesvol toegepas, eers by die basis in Hoedspruit en daarna by die Makhado-lugmagbasis,” het sy gesê.

“Jagluiperdmannetjies wat by die Hoedspruitsentrum vir bedreigde spesies geteel word, word gereeld in pare by een van die lugmagbasisse geplaas. Oor die afgelope twee dekades is waardevolle kennis en ervaring opgedoen om die jagluiperdprogram by beide basisse suksesvol toe te pas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

EMK ·

Moet tog nou net nie die arme diere laat uitsit nie asb!! Dalk het die ou gehardloop en hulle hom as prooi gesien?

Elzani ·

Ek ken die vrou wat aangeval is- dis my tannie. En nee, sy het nie gehardloop nie- sy is onskuldig aangeval. Gewoonlik is ek ook ‘n voordtaander om te keer dat diere uitgesit word, maar in die geval voel ek anders- dis familie…. en sy kon dood gewees het!

Martin ·

Omdat jou tannie is voel jy anders. Maar as dit iemand anders was sou dit nie saak gemaak het nie? Ek stel voor vra eerder vit jou tannie hoe sy voel, en dan wag jy vir die uitslag van die ondersoek.

Pendoring ·

Maar net weer ‘n bevestiging van ‘n baie ou waarheid. Wanneer die mens en ‘n wilde dier dieselfde spasie deel gaan die mens tweede kom. Die jagluiperds is wild. Hanteer hulle so. Hulle het heeltemal te veel skerp kante om gerus te raak.

Ja? ·

Elzani, jammer om te hoor. Tog voel ek dat die jagluiperds is nie daar omdat hul daar wil wees nie. Hulle is daar geplaas. En juis wil die lugmag dit so he. Dan moet personeel meer beveilig word. Veiligheidsmaatreels ten opsigte van personeel se veiligheid. Waarom die dier skiet, dink hul die volgende wilde dier gaan dit nie doen nie. Vat die dier eerder terug waar hy was en niemand gepla het nie. Wild kan nie ‘n timer inhe wat se nou is jy wild en nou is jy nie wild nie.

Justa ·

Jagluiperds is wilde diere. Hulle behoort nie aangewend te word in die Lugmag se belang in n beperkte area nie. Hoedspruit LMB maak ook gebruik van jagluiperds. Wat in elk geval van die geraas as elke vliegtuig opstyg, dit moet hulle mateloos irriteer. Moet asb tog net nie die diere van kant maak nie, hulle is bedreigde spesies.

Ansie ·

Jammer oor jou tannie Elzani. Ek bly in n gebied waar luiperds nog in die wild losloop, en ek stap baie, my ondervinding van enige wildekat is dat hy nie aanval as hy nie bedreig voel nie. Maar ek wonder net dit is nuwe jagluiperds op n vreemde plek. As sy met die vliegtuig daar geland het, verstaan ek die aanval hulle ken nog nie die nuwe geraas en groot voëls nie!! Hoop sy herstel vinnig, maar die luiperds verdien nie die doodstraf nie.

Elzani ·

Hi julle, ek verstaan 100% wat julle se… en ja dit sal beter wees as hulle dan net geskuif word. Dankie vir die empatie Ansie en Ja! Ek is ook baie lief vir diere en ek neem ook nie die diere kwalik nie, soos julle se dis wild! Ek dink wel ook dat dit nalatig was of dat die lede beter beveilig moet word. Martin, ek wens dit op geen mens nie, maar asseblief moenie vir my vra of ek dan anders sou voel nie- want dit het met haar gebeur en dis hoe ek voel… dan kan ek jou ook vra (wat jy nie nou sal kan antwoord nie, want jys nie in die situasie nie) Wat as dit familie van jou was? *Lekker dag verder vir julle.

Martin ·

Elzani, ek wou jou nie te nakom nie.Ek vra om verskoning daarvoor. Ek is ook ‘n baie groot diere liefhebber. Ek is egter altyd konsekwent wat die dinge beref. Ek is baie jammer dit het met jou familie gebeur, maar dit was regtig nie daai diere of jou familie se skuld nie. Ek is self baie betrokke by die dinge en ek Boer ook self. Ek hoop die dinge werk weerskante toe uit, sodat ek en jy altwee beter kan voel.

EMK ·

Martin kyk hoe mooi is jy nou! Wens almal op Maroela kan so ordentlik wees. Persoonlik het ek ook niemand beskuldig, ek het ook net gewonder of die persoon dalk gehardloop het wat iets in die dier se brein kon “trigger”. Dit is erg, maar ek hoop steeds die lieflike dier word nie uitgesit nie. Dit is die lugmag se verantwoordelikheid dat almal daar vir ordentlike opleiding gaan sodat almal weet presies hoe om op te tree in enige geval van kontak/konfrontasie met die diere.

Martin ·

EMK, die dinge lê my na aan die hart. Soos ek sê ek Boer ook. Ek moes ook al beluit gaan ek van sulke pragtige diere ontslae raak of maar ‘n ander beluit neem nadat van my top kallers ook in die slag gebly het. Dit kan nie met ‘n mens vergelyk word nie, maar dit het my net weereens laat besef, ons is verkeerd nie die diere nie.daar is nou nog van hulle by my op die plaas, en ek ly nog van tyd tot tyd skade, maar dit is nou maar ‘n keuse wat ek geneem het, en ek lewe daarmee saam.
Groetnis
Martin

izelle ·

Sy is my niggie en nee Sy het Ni gehardloop Ni. Sy wil ook Ni he di diere moet vankant gemaak word Ni. Sy beskou dit as n Ongeluk. Net jammer daar word altyd syertjies aan stories gelas. Dit is so onnodig. Ons dank die Here dit kon erger gewees het. Nou le di Lang pad na herstel.

Linkoe ·

Ek hoop hulle gaan kyk na die video’s van hoe die twee cheetahs geterg is met kos sodat die idiote kon fotos neem dit was mos ‘n groot grap om met hulle te speel en nou dat iemand seer kry word die katte die skuld gegee.

Elbie ·

Asseblief ja, moet nou net nie die pragtige diere van kant maak nie. Dis altyd die diere wat die prys moet betaal! Wilde diere HOORT nie tussen mense nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.