Jagluiperdwyfie terug in Rietvlei

Njozi is Sondagoggend in die Rietvlei-natuurreservaat afgeneem. (Foto: Verskaf)

Die jagluiperdwyfie wat vroeër die week glo uit die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria ontsnap het, is Sondagoggend weer in die reservaat gewaar.

“Njozi is vanoggend in die reservaat afgeneem waar sy probeer om ʼn blesbok te vang,” het Dana Wannenburg, burgemeesterskomiteelid vir omgewings- en landboubestuur in die Tshwane-metroraad, gesê.

Daar is vroeër die week berig dat Njozi glo Dinsdag uit die reservaat ontsnap het. Die Tshwane-metro het toe gesê sy het vermoedelik deur ʼn gat onder ʼn heining – wat deur kleiner diere gegrawe is – uitgekom.

Die eienaar van die aangrensende eiendom het die jagluiperd glo vroeër vandeesweek opgemerk en dadelik die bestuur van die Rietvlei-natuurreservaat in kennis gestel.

“Dit blyk dat sy self terug na die reservaat toe gekom het. Ons wil graag almal bedank wat die week gehelp het om na haar te soek,” het Wannenburg gesê.

Njozi is vroeër met behulp van die Trust vir Bedreigde Spesies (EWT) se jagluiperd-uitbreidingsprojek by Rietvlei hervestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SomeOne ·

baie bly om te verneem dat die luiperd terud is waar sy hoort

Snowball ·

Die kat kom weer.
O glo vir my dis waar.
Die anderdagmôre was die kat weer daar..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.