‘Jagongeluk’: Beskuldigde die naweek agter tralies

Stephan Hepburn in die hof. Foto: Mariné Lourens

Stefan Hepburn in die hof. Foto: Mariné Lourens

Stefan Hepburn, die man wat op ʼn aanklag van moord tereg staan nadat hy na bewering ʼn plaaswerker tydens ‘n jagongeluk op ʼn plaas buite Modimolle in Limpopo doodgeskiet het, het vandag vlugtig in die landdroshof verskyn.

Adv. William Makwela, die staatsaanklaer, het aan die hof gesê Hepburn se eerste regsverteenwoordiger kon nie vandag in die hof verskyn nie, weens ander verpligtinge. Volgens Makwela is ʼn ander advokaat toe aangestel om Hepburn te verteenwoordig, maar hierdie advokaat was ook nie beskikbaar nie.

Makwela het versoek dat die saak tot Maandag uitgestel word, wanneer Hepburn se regsverteenwoordiger daar kan wees. Die landdros het die aansoek toegestaan. Hepburn sal na verwagting dan om borgtog aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig Hepburn en ʼn vrou het omstreeks 20:30 Saterdag op ʼn plaas in die Tuinplaas-distrik buite Modimolle bosvarke gejag, toe die voorval gebeur het. Hepburn het aan die polisie gesê hy het iets hoor beweeg en in die rigting van die geluid geskiet. Nadat hy en die vrou nader gestap het, het hulle glo besef iemand is raakgeskiet. Die man, wat op die toneel dood is, is later as Jan Railo (23) geïdentifiseer, ʼn werker op een van die buurplase. Maroela Media verneem die voorval het in ʼn mielieland gebeur.

Buite die hof het gemoedere hoog geloop waar betogers, meestal in EFF en ANC klere geklee, betoog het deur te dans, te sing en plakkate in die lug te swaai. Die betogers het in ʼn verklaring gesê hulle eis dat Hepburn borgtog geweier word en dat hy die swaarste moontlike straf opgelê word indien die hof hom skuldig bevind.

Die stampvol hogebou. Foto: Mariné Lourens

Die stampvol hogebou. Foto: Mariné Lourens

Die verklaring is gesamentlik deur die ANC, ANC-Jeugliga, EFF, Nkuzi Development Agency, Cosatu, Sanco, die South African Youth Council, South African Youth Against Crime, die Young Communist League en die Umkhonto we Sizwe Militêre Veterane uitgereik.

In die verklaring word beweer Hepburn is ʼn professionele jagter, maar niemand kon dit aan Maroela Media bevestig nie. “Ons as die gemeenskap bevraagteken die redenasie van die professionele jagter [Hepburn] en wil weet hoe kan ʼn volwasse man verkeerdelik vir ʼn vlakvark [sic] aangesien word? Hoe kan ʼn professionele jagter ʼn fout van hierdie omvang maak en sodoende ʼn familie sonder ʼn broodwinner laat?” lui die verklaring. “Ons spreek ons woede en walging uit oor hierdie sinnelose moord.”

Die betogers sê verder hulle eis dat wetgewing oor vuurwapenbesit en jag hersien word. “Ons wil hê die teenstanders van die ontwikkeling en vooruitgang van swart mense moet kennis neem dat ons nie sal afsien van ons pogings om swart mense te bevorder en menswaardigheid en respek vir alle swart mense te herstel nie.”

Die betogers het na afloop van die hofverrigtinge beloof hulle sal Maandag weer in die hof wees. Lees alle vorige berigte oor Stefan Hepburn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

buttercup ·

Almal soek geregtigheid vir die plaas werker?!
Wat van die boere wat vermoor word en geen geregtigheid kry nie!

WitBlits ·

As blankes ook in hulle massas opruk en betoog by howe waar plaasmoordenaars verhoor word, sal die hof moontlik ook anders na die saak. Maar ons almal weet dit is wensdenkery omdat blankes net besorg is oor hulle self en dit moeilik vind om saam te staan.

Hannes ·

Meeste blankes werk daai tyd van die dag. Ek sê maar net.

Jacques ·

Jip..en dan word die moordenaars soos die een wat n boer meer as 40 keer met n mes gesteek het op R2000 borgtog vrygelaat

Pieter ·

Ja ek stem saam met van die kommentaar hier, wat ek nie kan verstaan nie is hoeveel boere in die omgewing en veral in Limpopo en Mpumalanga word met opset vermoors en die moordenaars kan kamstig nie opgespoor word nie of hulle kry altyd borgtog. Die EFF, ANC en ander swart groepe se uitlatings en aanhitsing is die groot oorsaak van al die plaasmoorde op BLANKES.

Magda ·

Meeste Blankes bly nie eers naby die mense wat op die plase vermoor word nie – As daar dalk gereel kan word dat daar vervoer is – sal ons defnitief ook by al die howe wees vir optogte teen plaasmoorde – se maar net

EKKE ·

En al die sinnelose moorde op plaasboere maak glad nie saak nie

Ronel ·

Volgens my leke kennis is daar een helse verskil tussen bos- en vlakvark? Any way. Waar kan ons betoog as die moordenaars van boere in die hof verskyn? O my tyd, ek het vergeet. Ons sal nie kan nie, want die skuldiges word net nooit vasgetrek nie of vrygelaat weens swak ondersoekwerk deur ons SAPD.

Kloekie ·

O en moenie vergeet nie, ons werk! Ons het nie tyd om leeg te lê by howe nie. Plaas hul doen hul werk met soveel ywer soos wat hul betoog dan sal die ekonomie ook verbeter

AL ·

Maandag moet wittes voor die hof gaan betoog vir 11 plaasmoorde binne 14dae! Maar daardie gespuis sal weer n konfrontasie probeer uitlok!

AL ·

Jul sal hom moet ondersteun anders gaan die regter dalk swig onder die druk van die betogers.

AL ·

Ja dis seker boonop n klomp kwaaddoeners wat vir kwaadgeld rondloop en lus is vir moeilikheid maak!

Jy word opgedra ·

Stephan Hepburn, jy word opgedra in gebed, mag geregtigheid geskied vir jou, moet jou nie steur aan die klomp in die rooi pakke en al die ander nie, enige iets vir ‘n bietjie fame en natuurlik ‘n paar rand, ek is 100% oortuig hul word betaal! Hoop jou Advokaat kan sy stories uitsorteer en betyds in die hof wees, ek weet daar is altyd redes hoekom dit gebeur, maar dit is nie ‘n goeie beeld nie.

AL ·

Ironies dat die geel hemde en rooi oorpakke oor n paar dae in die taverne mekaar sal doodsteek oor n bier of n meisie. Vandag pelle, more maai hul mekaar af.

Hannelie ·

Stephan ons dink aan jou en bid dat jy ‘n goeie advokaat sal kry. Ek sal ook benoud raak as so baie rooi hemde en ander betoog. Wanneer werk daai mense dan? Maar die plaasmoorde betoog hulle nie. Eish!

Carel ·

Plaaswerker van buurplaas. In mielieland op bure se plaas. Klink eerder of bure vir familie moes sorg.

Dirk ·

Ag regrig????? Seriouslly. Een man word dood geskiet en almal raak oprierig oor dit. Kan ons blankes nie hulle volg en oom so n bohaai opskop oor ons arme boere wat sinneloos WREED vermoor word.

CF ·

Hulle is gou om te betoog as een van hulle mense geskiet word! Wat van die wit boere wat elke dag op plase vermoor en aangerand word! Maak ook julle oë!

Annoniem ·

WAT VAN AL DIE PLAASMOORDE. die 8jarige seuntjie wat met mes gesteek is, mense wat vir geen rede doogemaak word nie, Wat word daaroor gese en wat word omtrend dit gedoen, NIKS!!!!!!!. hul Betoog oor n man wat perongeluk doodgeskiet is. Hoe weet ons nie hy was oppdad om iemand anders se lewe te neem nie, want vir wat sluip hy in die nag in die mielielande rond.

Anre ·

Wat de hel soek die man op ‘n buurman se plaas in die middel van die nag? PUNT. PUNT. PUNT. Die saak begin en eindig daar. As daar dan op hom geskiet was – al kon almal sien dis ‘n mens – hy betree privaat eiendom. Om wat daar te kom maak??? Was hy dalk daar om self ‘n plaasaanval te loods? Dit was wel ‘n ONGELUK maar Boere wat gemartel word en doodgemaak word is ASPRIS en DOELBEWUS. Wat word daarvan gesê – Is dit nou al 11 hierdie maand? – Dit word maar net onder die mat ingevee. Hierdie land maak my moedeloos! :(

Kosie ·

Dis presies wat ek gedink het. Wat het die man daar gesoek, hoekom het hy nie bekend gemaak dat hy daar was as daar iemand met n flits aangekom het nie. Sekerlik is die beweging voor die skoot nie op 200m gehoor nie.

Ruiter in Swart ·

Wat maak jy half 9 die aand in ‘n mielie land? Hoort jy nie in jou huis nie?

Monique ·

Hulle kan maar eis wat hulle wil want hulle is EFF en ANC. Hulle praat van ‘n broodwinner, maar wat van al die boere en broodwinners wat Daagliks vermoor word, dis absoluut belaglik. Die wiel draai, of hulle dit wil weet of nie!!!

Gys ·

Waar is al die politieke partye wat iets te se het oor die skiet ongeluk nou om iets te se oor Boere se regte en reg op lewe. Hulle will net iets te se he wat hulle pas en wanneer.
Dit was n skiet ongeluk. Wat het die plaas werker van n ander plaas op die plaas gedoen sonder toestemming.

pieter ·

EK WIL VIR ZUMA GELUKWENS,ENGELAND KON ONS NIE KLOP MET DIE BOERE OORLOG NIE TOE WAS ONS NOG BOERE,HY SKIET GEEN SKOOT NIE EN DIE BOERERYK VAL ISHHHHH KEKEHIEHIE.

Rina Pretorius ·

Waar is hierdie klomp oproeriges by die saak van die 4 mense wat vermoor is en 2 kinders wees gelaat het in Balfour en elke moord wat gepleeg word op die wreedste moontlike maniere. WAAR IS JULLE, nee julle skitter in julle afwesigheid. Hierdie man het nie moord gepleeg nie. Dit was ‘n ONGELUK my hel man n ONGELUK!!!!!!!

Cornelia 1 ·

“Betogers eis dat wetgewing oor vuurwapenbesit en jag hersien word”.
Absolute belaglike redenasie. Blankes word daagliks oral oor Suid Afrika met onwettige vuurwapens aangehou en soms terreggestel.

T ·

Arme man ek wonder hoe veilig hy en sy gesin gaan wees as hy wel borg gaan kry.

Tanja ·

Hy is ongelukkig wit, hy gaan swaar kry! Wat de hel soek die plaaswerker in elkgeval daai tyd van die aand op sy plaas???

Liezille ·

Gewoonlik skryf ek hier onder ‘n skuilnaam maar dit gaan nie vandag gebeur nie. Die man wat doodgeskiet is het NIE daai tyd van die aand op iemand anders se ouderdom gehoort nie, einde van die saak. Nou betoog almal en dreig en gaan tekere, maar logies kan ons nie dink nie. Ek hou duim vas vir hierdie ou, en ek hoop dat die regter verby die feit sal kyk dat hy iemand geskiet het, hy het bedoel om ‘n gevaarlike dier te skiet, nie ‘n mens nie, nou’s dit weer ‘n rasseaanval soos altyd.

Liezille ·

* Eiendom*, ekskuus vir die fout maar eks briesend hier waar ek sit!

JC ·

Waarom reel die Boere nie ‘n teen- rally nie?
Dit is ‘n perfekte geleentheid om uiteindelik te betoog oor die moorde op ons Afrikaner broers en susters, en kan Afrifroum ook betrokke raak. My hemel, dit was ‘n ongeluk!! Maar wanneer ‘n hele gesin uitgeroei word is die kaders se monde skielik stil? Ek is ongelukkig in die Vrystaat maar sou graag aan so iets wou deelneem. Die doel sal nie wees om aggressief te wees nie maar om die geleentheid te gebruik om te betoog oor die sinnelose moorde MET OPSET teen ons broers en susters wat absoluut niks gedoen het om dit te verdien nie!!

Dion ·

En dan gaan hulle daar uit en val vir hulle pastore wat vir hulle “doom” en “rattex” voer en presidente wat hulle almal ‘n rat voor die oë draai. Voel eerder jammer vir hulle

Oupa D ·

Dion, die ouens kry wat hulle soek. Ek het vir hulle geen simpatie nie.

johan ·

As mens jag in aand is dit moeilik om iets donkers te sien. Brode!

Chris ·

In die Sowetan koerant van Januarie 17 was n berig op die voorblad van n plaas boer en drie van sy werkers wat n man dood gemartel het op sy plaas . Die berig se net Farmer torturers
man to death . Hoekom was die betogers nie da to hulle in die hof was nie , nerens word dit genoem dat dit n swart boer was nie . Vir dit sal hulle nie betoog nie wat dit is swart op swart

peanut ·

Niemand sal niks se nie, dis hulle ‘culture’. hulle hoop eerder almal lees “white” farmer, al staan dit nie daar

Johan ·

Blatante rassisme teen blankes. Waar is die toi toi teen plaasmoorde? Hul vier dit net wanneer n blanke gedood word.

LHS ·

Nou verwonder ek my aan die gedagte wat soek die 23 jarige broodwinner daardie tyd van die aand in buurman se mielielande? Wat maak hy in elk geval op n buurplaas, waarheen was hy oppad? Kom ons sien die prentjie so, boer gaan om die varke wat sy mielies beskadig te gaan verdryf, dit is donker, boer weet presies waar sy eie werkers en die wat op die plaas behoort te wees is, boer hoor geritsel tussen mielies en skiet maar n blinde skoot in daardie rigting om varkies te verwilder, boer loop kyk in daardie rigting en kom op nie n varkie af nie, maar n ootreder van privaat eiendom. Hoe in die hele lewe kon of moes hy geweet het dit is buurman se arbeider wat daar rondsluip. Nee wat kyk, soveel van n narrespul is net in S.A. moontlik en as jy blank is.

peanut ·

miskien sou daai n uitstekende tyd wees om die mielielande om te spit en net niks te se, ek meen, dis nag, dis donker, almal is by hul huise . . . . net skelms loop rond op ander se plekke en parate boere patrolleer hul mielielande soos dit hoort

Amanda ·

Snaaks hoe Di hof vol is!!!!!!!oooh nee dis ni n witte wat geskiet is ni!!! Ons sit di onder Di mat vd wat ons uitroei!!! Plaasmoorde!!

Renier ·

Hy moes nooit die Polisie gebel het nie, hy moes net ontslae geraak het van bewyse, daar was baie tyd om plan te gemaak het

AL ·

Oor die jare het die morele verval al hoe meer toegeneem danksy Zumpie dat om van die lyk ontslae te raak, die korrekte ding sou wees om te doen!

LeonR ·

Ek het een 02H10 in my woonstel geskiet, hy het die vermetelheid gehad om my eers wakker te maak. Kon gesteel het en net gegaan het, hy het my nie wakker gemaak vir koffie nie, met ‘n mes in sy hand het hy gegiggel, ek ek het hom gepot en staan nou tereg op ‘n moordklag. Want toe hy die pistool sien het hy weggedraai en ek het hom nie vaan voor in die kop geskiet maaragter sy oor toe hy wegdraai. My saak kom weer 20 April 2017 voor, aanklag: Moord?

Adele ·

Dit maak my siek!!!! Daar is in di laaste 2 weke 11 boere vermoor op hul eie plase, maar dit is nie sinneloos ni?!? Hoe redeneer hierdie mense? Ons land se regstelsel is n grap en ons regering nog n groter een.

Herman ·

n Man skiet per ongeluk iemand, gaan haal die polisie en wys die toneel uit. Klink nie vir my soos n vlugrisiko. Hoekom hom opsluit. Wat het geword van op eie verantwoordelikheid vrygelaat. Die eenrigting diskriminasie in die land walg mens. Die witman moet wakker word en besef dat hy sal daadwerklik iets moet doen om sy swaarverdiende vryheid in die land weer op te eis en vir sy nageslag n toekoms te verseker. Niemand gaan dit vir ons doen nie.

Chris ·

Die witman moet begin opstaan of verdwyn. Een van die twee. Waarom is daar in die Weskaap nie al lankal ‘n klein staat begin nie? Waarom altyd wag tot op nommer 99.9999?

Is dit omdat die witmense nog te lekker lewe dat hulle nie dink aan die toekoms nie? As die witman in Suid-Afrika wil voor leef sal hy maar soos Spanje in Noord-Afrika moet doen en ‘n stad met hoe mure moet bou. Dit is die enigste uitweg. En net mense met die Afrikaanse kultuur mag daar woon. Dit is of ons bou ons eie Isreal of ons verdwyn.

Guy ·

Gister se koerant voorblad.11 plaasmoorde 30 plaas aanvalle vir die jaar.
Slegte nuus vir my mede boere. Hulle is besig om ons uit te moor.Wonder wie sal vir die bosvarke mielies plant as ons boere uiteindelik verjaag en vermoor is.

Ouman ·

Duidelik dat die regstelsel misbruik word. Die man het self die SAPS gekontak en het nie probeer vlug nie. Ons moet nou maar aanvaar dat ons in ‘n tipiese derdewereld Afrika land woon waar alles besig is om te verval. Jong blankes moet padgee as hulle kan want daar is geen toekoms vir hulle die vervloekte land nie. Die wat nog dink dat dinge in die toekoms beter sal gaan leef in ‘n droomwereld. Die land is in sy maai

James ·

Kyknet spandeer baie tyd op hulle nuuskanale (hoofberigte) oor kwansuise rassistiese aanmerkings op facebook en spandeer substansiele bedrae om n onderhoud te gaan voer met n kleurlingdame wat deur n blanke persoon agterop n bakkie vervoer is. Aan die magdom skrikwekkende plaasmoorde wat plaasvind word minimale of geen aandag geskenk nie. Wat kan ons daaromtrent doen? Of aanvaar ons dit maar geredelik?

Carien ·

Ongeluke gebeur, aanvaar dit tog net.
Plaas aanvalle en moord is ‘n oortreding en nie ‘ n mensgemaakte wet nie, maar nou ja, die goed rook die Bybel ipv om dit te lees. Sterkte Mnr Stephan Hepburn, mag die Here jou hierdeur dra.

Kobus ·

Ek wens daar was meer varje in die land. Wat soek hy daar op sy plaas hy van n buurplaas afkom

Hendrik ·

Niemand vra die vraag hoekom blankes wat vermoor word nie op voorblad nuus geplaas word nie dit word net terloops genoem.
Niemand vra die vraag wat soek die oorledene 20h30 op n buurplaas in die donker nie defnatief nie werk nie dalk wou hy self moord pleeg.

Niemand ondersoek of die oorledene gesoek word vir misdaad nie. Niemand ondersoek of die oorledene n onwettige in ons land is nie.

Begin die regte vra vra.mense
Politieke media.genda is daar om die waarheid te verbloem.

Toy toy is n manier om.mense te beheer dis al moenie vir dit struikel nie

Weereens moet die regte vra gevra word wie en wat was die bedoelinge om daai tyd van die nag op ander se grond te beweeg.
As jy op.Juma se grond beweeg glo my gaan jy geskied word en.jy as oorledene.sal geondersoek word nie die persoon wat jou geskiet het nie.

Nou vra ek vir oulaas begin die regte vra in die.media.plaas
Rassisme.kom.van.beide kante af nie net van een kant af soos ons dink nie.

Groete

Pierre ·

Dit is duidelik dat hulle nou meer wit mense wil magteloos los deur die wetgewing van vuurwapen besit te hersien. Daai vent was 10-1 oppad om misdaad te pleeg en sodoende was ‘n wit lewe gespaar. Sterkte Stephan

Jacques ·

Presies. Wat soek die man op privaat grond waar hy nie werk/hoort…ek kan aan n hele paar redes dink en nie een van hulle is edel/met goeie intensies nie….maar, aan die ander kant..dit kan wees dat iemand wêl op privaat grond kon beland..om bv hulp vir watter rede te gaan soek..maar ek is seker geen mens sal dan net sommer iemand skiet….daar moes dinge gebeur het voor hierdie insident …selfde met die doodskis eskapade…

Gert ·

Ek is vebaas hoe die ANC en EFF nou kan saam staan !
En wonder waar is die DA en en en ??

lien ·

almal kan verbitterd raak kwaad raak……skop skree……..niks gaan help nie……….Hierdie land van ons se regstelsel ‘n groot grap!!!mense word link en regs vermoor verkrag, kinders se ma pa oupa en ouma word vermoor, ‘n geweer word teen ‘n agt jarige se kop gehou, soveel haat ……en dan kom hulle weg met ‘n paar rand se borgtog…….maar ‘n man wat PER ONGELUK iemand raak skiet wat in elk geval nie op daai ou se grond gehoort het nie…..maar hulle mag mos maar orals kom en gaan nes hulle wil en maak net wat hulle wil……nou word ‘n onskuldige man so behandel asof hy nou die grootste sondaar onder die son is………..BELAGLIK……..Soms wonder ek waar kry sommige mense wat besluite neem hulle breinselle……………Ons as Suid-Afrikaners kan net op ons kniee bly, en vir God vra dat hierdie land sal omkeer……….GOD SLAAP NIE>……….

vermeende ·

Nou hoekom kom die woorde vermeende en beweer nie in die artiekel voor soos in ander waar blank die slagoffers is nie?

Pendoring ·

Ongelukkig sal die straf wat ons volk kry aanhou tot ons onsself verootmoedig en terugkeer na die Here toe. Dwarsdeur die Bybel is die boodskap duidelik. Draai weg van die sonde, bely jou sonde en vra vergiffenis. Hou op om die afgode (geld, sport, politiek ens.) te dien. Hier en daar is ‘n stem in daardie rigting, maar die oorgrote meerderheid raas en blaas net. Die Here het al baie , groot vyande laat val wanneer sy volk die sonde gelos het.
Die volk se gemaksones is nog te lekker, die vlees oorheers nog steeds. “Ons sal later kyk wat ons kan doen vir die saak. Los ons nou net uit. Gee my nog ‘n bier en bly stil sodat ons die “game”kan kyk.”

vermeende ·

Volgens die storie verteller het dit in n mielieland gebeur, volgens die tyd van die jaar is daar mos nou baie groen mielies om te pluk so en neem aan die naburige werker het hom self kom help met die free corn of hy was moontlik oppad na die opstal vir free money en al die hartseer was daarmee saam gaan.

EJ ·

Nou wat van die wat boere dood maak en sommer dadelik borg kry. Verstaan nie

Sandra ·

Waar is hierdie ontevrede “mense” wanneer die plaasmoordenaars in die hof verskyn?

SUE ·

Ek is nou so kwaad. Het julle gehoor ‘HY MOET DIE SWAARSTE MOONTLIKE STRA’F OPGELE MOET WORD” Hulle praat van n enigste broodwinner en sinnelose moord. Asseblief !!!!!! Is elke plaasmoord nie ook sinneloos en broodwinners wat daarby betrokke is nie. Kan jy glo hulle het nog nie eers die saak ondersoek nie en hulle eis al!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.