‘Jagongeluk’: Beskuldigde se weergawe betwis

Stephan Hepburn. Foto: Mariné Lourens

Stefan Hepburn. Foto: Mariné Lourens

Die borgtogaansoek van Stefan Hepburn (39), die man wat tereg staan op ʼn aanklag van moord nadat hy glo per ongeluk ʼn plaaswerker tydens ʼn jagtog doodgeskiet het, is Dinsdag in die Modimolle-landdroshof uitgestel.

Hy is op Sondagaand 12 Februarie in hegtenis geneem nadat hy en sy vrou die vorige dag op ʼn plaas in die Tuinplaas-distrik, buite Modimolle, bosvarke gejag het toe die voorval plaasgevind het. Jan Railo (23), ʼn werker op een van die buurplase, is die aand in ʼn mielieland doodgeskiet.

Hepburn se verklaring is Maandag aan die hof voorgelees, waarin hy vertel hy en sy vrou het na sononder in die mielieland gesit en vir die bosvarke gewag. Volgens Hepburn het hy ʼn donker voorwerp in die land gesien, wat soos ʼn groot bosvark gelyk het, wat in sy rigting kyk. Hy beweer hy het ook die kenmerkende geluid gehoor van ʼn bosvark wat mieliestronke van die plant af stroop. Hepburn sê hy het na die voorwerp gemik en geskiet en die voorwerp het ʼn vreemde geluid gemaak wat soos ʼn mens geklink het. Dit is toe dat hy besef het hy het moontlik iemand raakgeskiet.

Hy het gesê nadat hy die polisie ontbied het, het die polisiebeamptes, wat eerste op die toneel was, ʼn groot sak vol mielies ʼn paar meter van die oorledene in die land gevind. Hepburn het gesê hy vermoed die man het gesit omdat hy besig was om mielies in die sak te sit.

Kapt. Richard Boshomane, die ondersoekbeampte in die saak, was Dinsdag weer in die getuiebank. Op ʼn vraag van landdros Nkateko Maluleke oor sy voorlopige ondersoek na die skietvoorval, het Boshomane gesê hy glo Railo het gestaan toe hy geskiet is, omdat hy in die bors geskiet is. Hy het gesê Railo sou nie in die bors geskiet wees indien hy handeviervoet in die land gestaan het nie.

Adv. Wilco Botha, Hepburn se regsverteenwoordiger, het aan Boshomane gesê volgens Hepburn se verklaring vermoed hy [Hepburn] dat Railo in ʼn sittende posisie was, nie hande-viervoet nie. “Ek stel dit aan jou dat iemand wat in ʼn sittende posisie is, kan wel in die bors geskiet word,” het Botha gesê. Hierop het Boshomane geantwoord indien Railo wel in ʼn sittende posisie was, sou Hepburn hom nie met ʼn bosvark verwar het nie.

Boshomane kon ook nie aan die hof bevestig of ʼn sak mielies wel naby die oorledene gevind is soos Hepburn beweer nie. Hy het aan de hof gesê met sy aankoms op die toneel was die liggaam van die oorledene reeds weggeneem. “Ek glo die beskuldigde [Hepburn] was op daardie plaas om die mielies te beskerm en enigiets te skiet wat hy daar aantref,” het Boshomane gesê.

Die staat het ook ʼn verklaring wat voorheen deur verskeie organisasies, onder meer die ANC, ANC-Jeugliga, EFF, Nkuzi Development Agency en Cosatu uitgereik is, aan die hof voorgelê. In hierdie verklaring spreek die organisasies hul woede oor die voorval uit en dring hulle daarop aan dat Hepburn borgtog geweier word.

Botha het beswaar aangeteken teen hierdie getuienis deur te sê die gemeenskap se siening van die saak is nie op feite gegrond nie en kan dus nie as bewyse toegelaat word nie. Adv. Sam Ngobeni, vir die staat, het gesê die gemeenskap se woede oor hierdie saak moet in ag geneem word, veral aangesien hulle moontlik die reg in eie hande kan neem as Hepburn op borgtog vrygelaat word. Maluleke het toegelaat dat die getuienis aangehoor word.

Botha het die verdediging se saak afgesluit deur te sê die staat maak op spekulasie staat en nie feitelike bewyse nie. “Daar is geen bewyse dat ʼn moord met voorbedagte rade gepleeg is nie. Al die bewyse dui op ʼn tragiese ongeluk,” het hy gesê. Hy het ook bevraagteken hoekom die polisie aanvanklik vir Hepburn en sy vrou toestemming gegee het om ná die skietvoorval huis toe te gaan, net om Hepburn later daardie aand in hegtenis te neem.

Die hof sal Vrydag uitspraak in die borgtogaansoek lewer.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Hepburn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Help die man ·

Hoekom word die BESKULDIGDE se weergawe betwis maar nie die OORTREDERS wat saam met die oorledene op die sy privaat grond/plaas rondgekruip het met ‘n sak gesteelde mielies nie? Witman se woord beteken niks teen diewe en moordenaars s’n nie. Hierdie arme man het ‘n MOEILIKE pad vorentoe, asb ek doen ‘n beroep op ‘n regsgeleerde wat sy SOUT werd is om hom te skaar by hierdie onskuldige man wat die politieke partye en rassiste reeds skuldig bevind het vir ‘n ONGELUK!

Madeliefie ·

Mag God, wat bo alle regters en bo als is vir die man intree… Ek bid dit in Jesus naam…Amen

Magda ·

Nou wat het die ANC, ANC Jeug en EFF met borg aansoeke uit te waai – kan ons as die Afrikaner dan ook met plaas moode n verklaring aflees en se dat Borgtog gewier word met Plaas moorde????????????????? dat die beskuldige in aanhouding bly – skuldig of nie tot sy saak afgehandel is – Nou ja as dit is wat hulle soek -sal dit wees wat hulle kry – kom mense kom staan saam ASB.

Pieter ·

My broerskind is nou amper ‘n jaar gelede in die Louistrichard omgewing op die plaas geskiet en gedood. Waar is hierdie slim polisiemanne nou en hoekom word hierdie saak ook die selfde aandag gegee nie? Soos die ANC en EFF is die polisie ook baie rassisties in die limpopo en sal niks en niemand ontsien om die witmense by te kom nie! Maar ek het nuus vir HULLE…GOD SLAAP NIE EN GOD IS NIE ‘N TOKKOLOSSIE NIE!!!!!

marous ·

Subjektiewe , eensydige afleidings …. dit is waarop die polisie se getuienis gebasseer is. As die polisie of enige van die hof amptenare gedreig word , gaan daar sekerlik intimidasie aanklagte aanhangig gemaak word. Waarom word die man se regte ontken ? Almal weet wat die antwoord is….

Hennie vB ·

Die sogenaamde Kaptein se opinie is van nul en gener waarde angesien, volgens sy eie getuienis, die ligaam en die sak mielies reeds van die toneel af verwyder was met sy aankoms. Dus wonder ek wat sy ondersoek behels het!?! ‘n Persoon wat op sy hurke sit in ‘n mielieland kan baie maklik vir ‘n dier aangesien word, maar dit is ook blote bespiegeling van my kant af. Ek kry ongelukkig die gevoel dat Mnr Hepburn reeds skuldig bevind is.

Jessica ·

Wat van al die plaasmoorde? Hier het 1 witman perongeluk n swart man geskiet, boonop die polisie gebel, dis duidelik dat dit n ongeluk was.

rudi ·

Wat is die les wat ons leer. As jy n skelm skiet moet jy nie die polisie bel. Grawe n diep gat en raak van die lyk ontslae

Francois ·

Ja neekyk, die man sal nou moet sterk staan, en kyk nou die anc an eff is ook nou op die agter pote, en weer eens ruk hulle alles uit verband uit, vir die toekomstige varke wat geskiet word wat nie hoort waar hul hoort nie, los die earlike proses en raak ontslae van die bosvark.
Boere word op strepe gemartel en vermoor en niemand kraai n haan oor dit nie!

cr ·

Hoekom is daar niemand van die DA of Afriforum lede ter ondersteuning van die persoon? Hoeveel plaasmoorde word nie gepleeg nie? Hulle vat en dink dis hulle reg maar eintlik was hy daar om mielies te steel? Kyk na al die berigte op Maroela hoeveel boere word vermoor, besteel van rasisme beskuldig ens…….Hulle is afgunstig op ons en ten einde haat hulle ons. Hulle sal nie rus voordat hulle al die boere van plase verjaag het nie en dan maar net agteruitboer soos in Zimbabwe. Waar is die boere leiers om iets aan die situasie in SA te doen? Het ons boerevolk gaan le? Iets sal gedoen moet word!

a ·

Sien nou vra jy n belangrike vraag, Waar is die sogenaamde ander partye nou. ook Connie Mulder en die ander. Stil soos die graf. Ons almal weet Anc en sy vennote is agter die blankes aan. Voor n nuwe verkiesing sing die partye hoe hulle vir die blanke sal opstaan net om weer verraai te word.

Piet ·

Hi A, ek dink jy meen Pieter Mulder. Leef Connie ooit nog? Groete Piet.

Rika ·

Dis so so so verkeerd. My hart bloei vir die gesin. Wat gaan met die arme man gebeur as hy tronkstraf opgele word? Hy is daar outnumbered en soos daar genoem word in die artikel gaan “daar reg in eie hande geneem” word. Ai

Hein ·

Die DA beteken deesdae vir ons mense presies net so veel soos die EFF.

Christa ·

Nou dreig die staatsadvokaat dat die gemeenskap reg in eie hande gaan neem, wat is dan die verskil as die Boer dit doen? Ek dog ons het gelyke regte . . . ???

Maak sin ·

As die beskuldigde vir ‘n bosvark gemik het, dan maak dit mos sin dat die slagoffer in die bors getref sou word as hy in ‘n hurkende posisie was? As hy gestaan het en die beskuldigde het vir ‘n bosvark gemik, sou hy mos in die onderlyf getref het. Die beskuldigde se weergawe maak sin…die ondersoekbeampte s’n nie of is ek verkeerd?

Johann ·

Weet seker nie van beter nie, hy het mos met ‘n beurs studeer en nou is hy bang vir sy posisie, nie vir gereg in eie hande nie, sy opdrag is om die witmense te kruisig

LMF ·

Ek spoeg nou vuur so kwaad is ek ek sal onwelvoeglike taal hier gebruik so vireers baai

Peet J ·

Volgens die verklaring het Hepburn ‘n donker voorwerp in die land gesien en die moontlikheid is baie groot dat die slagoffer, soos Hepburn sê, gesit het natuurlik op sy hurke en op die manier in sy bors geskiet is. Sou hy gestaan het dan moes hy in sy onderlyf getref gewees het want ‘n mens mik en skiet nie bosvarke in die lug nie.

Cherokee ·

Nee, jy is verkeerd Peet. Die beskuldiging is dat hy doelbewus na ‘n mens geskiet het.

Louis ·

1. Wat soek daai man in die aand op n ander se grond wit of swart ?
2. Wys net weer ons is een nasie rainbow nation maar hulle mag moor en dood maak soos hulle wil en as ons blankes regtig ek sien dit as n skiet ongeluk ( wat het daai ou daar gedoen) dan is dit rasisme en word ons gedreig hulle gaan reg in eie hande neem HOE NOU ?????? Wat gaan word van daai uitlaatings . So vir elke boer en wit mens wat vermoor word moet ons reg in eie hande neem .

3. Stefhan Heburn ek en my gesin bid vir jou en jou gesin. Mag ons Pappa God sy liefse oor jul stort en Sy engele jou bewaar. Ek was saam jou broer op skool en ja myvhart bloeie vir jou.

Pietser ·

Kyk, die ou het drooggemaak en die reg moet nou sy gang gaan. Strafbare manslag, hy moet maar sy tyd uitdien.

Drikus ·

Ai Pietser. Dink jou net in die arme beskuldigde se skoene in. Dit was op sigwaarde ‘n ongeluk. Die man verdien nou al die ondersteuning wat hy kan kry. Nie vennyn nie. Komaan man.

Regtig ·

Regtig, lees eers alles deur, oordeelsfout, maar hy kon dit beslis nie voorsien het nie. Jy moet maar vir jou familie begin bid dat hul nooit n oordeelsfout maak nie, ja ja dalk skiet hul nie, maar n motorongeluk…… legio moontlikhede

w ·

Nee wat dai polisieman weti wat hy praat nIe. Natuurlik kan oorledene ini bors geskiet wees sou hy op sy hurke sit. N vark mosi hoog nie. Ai die treurige polisie. Ek het eerstehandse kennis vsn hopelose polisie manne

Weet nie ·

In die hof het die skieter gesê nadat hy besef het dat hy ‘n mens geskiet het, het hulle eers huis toe gejaag en die polisie gebel. Daarna is hulle terug om te kyk of hulle die mens kan help. Maroela het dit nou nie heeltemal so gestel nie, so mense lewer kommentaar op halwe feite.

Mariné Lourens ·

Dagsê Weet nie

Dankie vir jou kommentaar. Lees gerus ook Maroela Media se vorige berigte waarin daar volledig oor Stephan Hepburn se verklaring berig is. Hepburn het in sy verklaring gesê dat hy en sy vrou ná die skietvoorval eers terug na die plaashuis is om ‘n flitslig te kry en dat hulle met hul terugkoms by die toneel ‘n volwasse man in die mielieland sien lê het.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Korreksie ·

Goed Mariné as jy mense so wil korrigeer…. Spel ten minste Stefan se naam reg…. Aangesien die man duidelik nie ‘n regverdige verhoor gaan kry nie is dit die minste wat gedoen kan word om effens respek te toon

Pietser ·

Ek kry die slagoffer se familie bitter jammer. Hulle sit nou sonder ‘n broodwinner alles as gevolg van ‘n trigger happy jagter wat nie gekyk het waarna hy skiet nie. Ek hoop net geldelike vergoeding is deel van die straf.

H.A. ·

Pietser, nou is daar nie meer gesteelde MIELIES vir sy FAMIELIE nie…

Regtig ·

Regtig, mens kan soms komentators se inteligensie bevraagteken. Dalk moet ons andersom ook kyk, danksy mieliedief wat in die nag soos n vark mielielande stroop sit n gesin sonder broodwinner, omdat hy volgens logika n vark en nie n mens in die mielieland geskiet het.

Christo Visagie ·

Ou PIETSER, weet jy wat broodwinner beteken,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,dit is iemand wat vir sy brood werk,,,,,,,,,,,,,,,,,,NIE STEEL NIE, so hy is ‘n MIELIESTELER WINNER

H.A. ·

Boendoe howe ? Gaan dit nou die nuwe instelling raak vir wittes ?

J.T ·

“Mag in die hand van ‘n dwaas is soos ‘n skeermeslemmetjie in die hand van ‘n bobbejaan.” Ons as Suid-Afrikaners staan magteloos en toekyk hoe ‘n land vernietig word deur swak bestuur en onkunde en hierdie gesin se lewens word verpletter deur ‘n onregverdige regstelsel

Cherokee ·

Al die bosvarkstories verander nie die feit dat iemand wat voorgee om ‘n ervare jagter en vuurwapenhanteerder te wees, na ‘n donker kol geskiet het met die veronderstelling dat dit ‘n bosvark is. Geskiet het en gehoop het dit is wat hy dink dit is. ‘n ‘Ongeluk’ noem vele van julle dit. Did is uiters debatteerbaar of die term ‘ongeluk’ gebruik kan word wanneer ‘n sneller doelbewus getrek is.
Vergeet vir ‘n oomblik, slegs vir ‘n oomblik van die rassespanning in die land. Sien die mense in die hof as kleurloos en jouself as die landros met die vuurwapenwet voor jou. Jy moet besluit volgens daardie regulasies wat veronderstel is om ongelukke te voorkom. Lewer dan weer kommentaar en dit gaan nie (steeds) so maklik wees nie. Indien jy reageer op my kommentaar, doen dit in konteks.

Which is fair ·

Absoluut as dit presies klinies was soos jy dit noem, maak dit sin, maar dit het nie en gelukkig vir Hepburn moet die reg alle faktore in ag neem, sy regshulp sal dit beslis voorle en hy moet volgens menseregte n regverdige verhoor kry, as jy alle kleur wegneem sal jy dit ook kan sien.

Cherokee ·

Jou antwoord was toe nie in konteks soos gevra is, nie. Daarby word bedoel dat jy geen faktore noem wat skiet sonder om seker te wees waarna gemik word, sinvol maak nie. Dit is ook so dat die wat kommentaar lewer nie regskenners is nie en uit algemene oorweging praat. Daar is vrae wat baie belangrik behoort te wees soos waarom die slagoffer daar was waar hy nie veronderstel was om te wees nie. Dat daar waarskynlik geen logiese rede was om te kon dink dat dit ‘n mens is nie ensovoorts. Hier is bloot uitgewys dat die skieter heel anders opgetree het as wat sou kon verwag word van ‘n ervare skut. Alles hierdie is egter bloot praat in die wind. Regskenners sal besluite neem.

Piet ·

Ai Cherokee, jy is baie meer behendig met jou taal as wat ek is en jy skiet my dalk ver voor met ander goeie eienskappe, maar dis vir my duidelik soos daglig dat jy nog nooit bosvarke gejag het nie. Dis net so moeilik om ‘n bosvark te jag as ‘n luiperd. Jy skiet in sterk skemer of in die nag. Die beste manier om die goed te skiet is sonder ‘n lig, met slegs maanlig of sterk skemer, want hy hardloop dat dit vrek as jy ‘n lig op hom skyn. As ‘n mens in donker klere geklee is en gehurk sit sodat iemand jou juis nie moet sien nie, dan hoef ek nou seker nie die res te verduidelik nie.

Rve ·

How Jan die hof die ondersoek beampte wat na die bewyse van die toneel verwyder is se getuienis aanvaar, en dan wil hy Jim Nov boonop as ‘n forensiese deskundige voorhou.

Rve ·

How Jan die hof die ondersoek beampte wat na die bewyse van die toneel verwyder is se getuienis aanvaar, en dan wil hy hom boonop as ‘n forensiese deskundige voorhou.

Hahahehehiehie tjietjie ·

Thanks Anton vir ‘n lekker lag. Ja kan jy glo mens verlekker jou in ‘n ander se oordeelsfout en smart en dit terwyl jy dit self so maklik kan oorkom!

Boerseun ·

Die ondersoekbeampte klink dom of moedswillig. Hy probeer sy bes om die feite te verdraai. Hoekom? Is dit wat wat van ‘n ondersoekbeampte verwag word? Skuldigbevinding ten alle koste? Verkragting van die waarheid ter wille van politieke (ANC) meesters? Geen logika nie? As die landdros ook hierdie negatiewe anti-wit houding openbaar, sal hierdie saak nog ‘n ver paadjie loop. Sterkte Boere!

Ronel ·

As die boere soos hulle te kere gaan sal die plaas aanvallers en boere moordenaars dan ook borg geweier word want hulle wil dan nou se dit is hoekom hulle die wit mense borg weier. Maar ons weet hulle lieg

Alida ·

Gee die Adv kans om die polisieman te kruisondervra dan sing hy n ander deuntjie.

Dawid ·

Pietser jou politieke onderrok hang uit. Wil my nie maar net jou opinie vir jouself hou nie , natuurlik soek jy net aandag. Jy is baie irriterend!

Janneman ·

Kom ons neem ras en emosie uit die saak uit – wat n neutrale regter hopenlik sal doen.

Indien die eienaar van die plaas n dief voorgele en geskiet het maak dit sin dat hy van voorbedagte redes verdink kan word. Hoekom sal n besoeker, wat geen belang het in die plaas nie, homself in so benarde posisie plaas deur n dief in iemand anders se mielieland te gaan skiet. Absurd man!

Jana ·

Boshomane lui ‘n klokkie – wonder of hy familie/vriende is van, Moses Boshomane – vader van die joernalis, Pearl Boshomane, wat by die 97miljoen , soos berig, “dodgy farmdeal” betrokke was. Interessant hoe hy so seker is van posisies, maar nie die sak mielies kan onthou nie, ook hoe hy sy eie opinie gee oor wat hy dink: …was daar om mielies op te pas – spekulasie!!! Wonder ook oor sy kwalifikasies/familie/vriende bande. Volgens sy uitsprake spesialiseer hy seker in forensies en het ‘n ingeboude leuenverklikker. Mag God verheerlik word en die waarheid wen. Amen

waarlik ·

met ander woorde boshomane jy se blanke moet maar omrol en doodspeel. hulle mag nie hulleself of hulle eiendom beskerm nie? laat hepburn op borgtog uit met sy geweer en kyk of jou publiek en die eff nog so dapper gaan wees.

rafel ·

Ek dog die Howe is onafhanklik….nou het politieke partye ‘n se in hul doen en late? Ek voel siek tot in my siel oor wat voorle vir ons…

Justice ·

Janneman ek stem saam met jou – bowenal sal die besoeker beslis nie sy vrou saamneem om haar te wys hoe skiet hy ‘n mens in ‘n mielieland nie.

Skerp potlood ·

Skerp potlood Janneman en Justice, ek stem 100% saam.

Jakalas ·

Die ding wat my mond laat oop hang het is dat die geval van “Reg in eie hande neem” ‘n geldige verskoning is. Dis die polisie se werk om die “beskuldige” te beskerm teen sulke goed. Dis vir my so absurt dat mense wat reg in hulle hande neem gevrees word. As die polisie op die bol is (en ons weet hulle is nie), sou hulle die man kon beskerm.

Pietser ·

Die polise kan niemand 24-uur ‘n dag beskerm nie. Die gemeenskap is hoogs boos vir die jagter en daar bestaan inderdaad ‘n moontlikheid dat hulle hom kan bykom as hy op borg is. Wat gaan jy se as dit gebeur, is jy bereid om die kans te waag?

Tsk.. ·

Hulle kan niemand beskerm nie…punt. Wel, as hulle hom wil “bykom” dan gaan daar moontlik nog meer hofsake wees want dit blyk duidelik hy weet hoe om homself te beskerm.

david ras ·

Maroela–ek het ‘n sekere “a” gerapporteer omdat die person nie sy feite agtermekaar kan kry nie
in sy/haar kommentaar verwys sy na Connie Mulder–dr Conne Mulder is reeds in 1988 oorlede.
Ek kan nie sien dat drMulder enigsins iets uit te waai het met die onderwerp ter bespreking nie.
Ek weet dat ek permanent geblok is, daarom eis ek data Maroela sy Christelike karakter toon en die commentator tereg wys.

Hugo ·

En wat is Boshomane se geskiedenis? Kon die kapteintjie al enige kursusse slaag in sy loopbaan of het hy sy rang gekry agv sy kleur of sy kennisse?

Donovan ·

Wat soek die man op die boer se plaas… en dit in die aand… veral in tye waar ons nou in leef… bosvarke is dalk nie sy probleem van die begin gewees nie… lyk my eerder na n menslike faktor… Ek wonder nou net n ding… die boer is in die tronk, wie betaal sy werkers die maand en die maande wat daarop volg… ek wonder of die EFF/ANC comrades enige idee het wat hulle doen…

MANIE ·

Die DA sal nie betrokke raak as die beskuldigde n witman is. Hulle is presies soos FW se NP. Gebruik die wit man se stem om hulle doelwitte te bereik en gaan hom net so misbruik soos die NP. In my woongebied in PRETORIA wat hoofsaaklik blank is het hulle (DA)aanbeveel met sogenaamde waardasiedat my grondbelasting styg met 47%. Ek sal graag wil sien of Mamelodi of Attridgeville ook sulke verhogings gehad het. Glo nie anders sou burgermeester se huis al gebrand het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.