Stefan Hepburn, die man wat op aanklag van moord tereg staan nadat hy glo per ongeluk ʼn plaaswerker tydens ʼn jagtog doodgeskiet het, is Vrydag in die Modimolle-landdroshof op borgtog vrygelaat.
Landdros Nkateko Maluleke het in haar uitspraak bevind die staat het nie bewys hy het ʼn sterk saak teen Hepburn nie. Sy het borgtog van R15 000 aan Hepburn toegestaan.
Hepburn se borgtogvoorwaardes sluit onder meer in dat hy nie naby die plaas mag kom waar die skietvoorval gebeur het nie en ook nie met enige van die werkers op die plaas mag kontak maak nie. Hy moes ook sy paspoort aan die ondersoekbeampte oorhandig en moet twee keer per week by sy naaste polisiestasie in Pretoria aanmeld. Die saak is tot 20 April uitgestel.
Maroela Media het vroeër berig Hepburn en sy vrou het op 11 Februarie op ʼn plaas in die Tuinplaas-omgewing buite Modimolle bosvarke gaan jag. Hepburn het in sy verklaring wat aan die hof voorgelê is, gesê hulle het ná sononder in die mielieland gesit en vir die bosvarke gewag. Volgens Hepburn het hy ʼn donker voorwerp in die land gesien, wat soos ʼn groot bosvark gelyk het en wat in sy rigting kyk. Hy beweer hy het ook die kenmerkende geluid gehoor van ʼn bosvark wat mieliestronke van die plant af stroop.
Hepburn sê hy het na die voorwerp gemik en geskiet en die voorwerp het ʼn vreemde geluid gemaak wat soos ʼn mens geklink het. Dit is toe dat hy besef het hy het moontlik iemand raakgeskiet. Die oorledene is later as Jan Railo (23), ʼn werker op een van die buurplase, geïdentifiseer.
Lees alle vorige berigte oor Stefan Hepburn op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
57 Kommentare
Rerig…..Borg van R15000…terwyl dit n ongeluk was. Dit gaan alle verstand te bowe…ai
Stem saam met jou Antjie , dis belaglik , maar nou ja hy is wit.
sjoe! R15k?? Verkragters , moordenaars, kindermollesteerders kry R500 borgtog?? Die wat reeds met ander misdade verbind word, word net vrygelaat….Hy’s wit, moet seker rol in die geld…
Die vasstelling van die borg is belaglik, volgens vorige berigte is daar geen plaaswerkers op die plaas nie, met wie kan hy dan kontak maak, dit was n ongeluk gewees, dit wys jou net dit is nie net die bosvarke wat die mielie lande verniel nie.
En moordenaars(plaas) kry 2000.00 borgtog wat met opset gemoor het, en die man was skiet ongeluk ?Dubbel standarde!