‘Jagongeluk’: Man hoor oor borgtog

Stefan Hepburn. Foto: Mariné Lourens

Stefan Hepburn tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Mariné Lourens

Stefan Hepburn, die man wat op aanklag van moord tereg staan nadat hy glo per ongeluk ʼn plaaswerker tydens ʼn jagtog doodgeskiet het, is Vrydag in die Modimolle-landdroshof op borgtog vrygelaat.

Landdros Nkateko Maluleke het in haar uitspraak bevind die staat het nie bewys hy het ʼn sterk saak teen Hepburn nie. Sy het borgtog van R15 000 aan Hepburn toegestaan.

Hepburn se borgtogvoorwaardes sluit onder meer in dat hy nie naby die plaas mag kom waar die skietvoorval gebeur het nie en ook nie met enige van die werkers op die plaas mag kontak maak nie. Hy moes ook sy paspoort aan die ondersoekbeampte oorhandig en moet twee keer per week by sy naaste polisiestasie in Pretoria aanmeld. Die saak is tot 20 April uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig Hepburn en sy vrou het op 11 Februarie op ʼn plaas in die Tuinplaas-omgewing buite Modimolle bosvarke gaan jag. Hepburn het in sy verklaring wat aan die hof voorgelê is, gesê hulle het ná sononder in die mielieland gesit en vir die bosvarke gewag. Volgens Hepburn het hy ʼn donker voorwerp in die land gesien, wat soos ʼn groot bosvark gelyk het en wat in sy rigting kyk. Hy beweer hy het ook die kenmerkende geluid gehoor van ʼn bosvark wat mieliestronke van die plant af stroop.

Hepburn sê hy het na die voorwerp gemik en geskiet en die voorwerp het ʼn vreemde geluid gemaak wat soos ʼn mens geklink het. Dit is toe dat hy besef het hy het moontlik iemand raakgeskiet. Die oorledene is later as Jan Railo (23), ʼn werker op een van die buurplase, geïdentifiseer.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Hepburn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

antjie ·

Rerig…..Borg van R15000…terwyl dit n ongeluk was. Dit gaan alle verstand te bowe…ai

rudi ·

My buirman het sy vrou laat vermoor en het 5000 borg gekry met sterk saak teen hom. Hy was n kleurling met goeie werk. Dubbele standaarde

Wimpie ·

“terwyl dit ‘n ongeluk is”. Die hofsaak is nog aan die gang en ons ken nie al die feite nie, dalk is dit beter om te wag voor ons besluit of hy onskuldig is. R15k borgtog is ook nie baie nie, dis mos relatief tot die persoon se bates en sy vlug risiko.

Mina ·

Borgtog word uitgewerk volgens jou inkomste, nie volgens jou ras of aanklag nie. Hou op om alles altyd volgens ras te kwalifiseer as jy nie weet hoe dit werk nie!!

John ·

Stem saam met jou Antjie , dis belaglik , maar nou ja hy is wit.

Dellaq ·

sjoe! R15k?? Verkragters , moordenaars, kindermollesteerders kry R500 borgtog?? Die wat reeds met ander misdade verbind word, word net vrygelaat….Hy’s wit, moet seker rol in die geld…

Siestog ·

Jul moet onthou hulle is agtergeblewendes, nog 20 jaar vorentoe gaan hul dit nogsteeds wees, en kan nie betaal nie. (sarkasties). Wie gaan nou betaal vir al die ander as ons wittes? So haal maar borgtog geldjie uit en wys!!!! Shame on the system!!!

Scalla ·

Die vasstelling van die borg is belaglik, volgens vorige berigte is daar geen plaaswerkers op die plaas nie, met wie kan hy dan kontak maak, dit was n ongeluk gewees, dit wys jou net dit is nie net die bosvarke wat die mielie lande verniel nie.

Melanie ·

En moordenaars(plaas) kry 2000.00 borgtog wat met opset gemoor het, en die man was skiet ongeluk ?Dubbel standarde!

Mina ·

Borgtog word uitgewerk volgens jou inkomste nie volgens jou ras of aanklag nie. Hou op om altyd kwaad te stook waar daar jou onkunde te kort skiet.

Dirk ·

Ja borg geld is n joke….. wat soek n werker van nanygelwe plaas op n ander boer se plaas. Het die vark dalk die mense bekruip om hulle te roof en vermoor, toe loop hy bietjie sy rieme styf. Nou is dit skielik Moord. Seriouslly…..

snoefie ·

julle vergeet die sak mielies. dit word nou as motief gesien. as of boere nog al die jare mieliediewe doodskiet. belaglik.

Eugene ·

Julle worry oor R15000 Borg wees liewer dankbaar dat hy borg gekry het. Die landdros het die regte besluit geneem en ek is dankbaar vir die beskuldige se part.

Wern ·

Eugene jy kan maar terugstaan as jy wil omdat jy wit is, ek gaan nie, en daarom erken ek ook dat dit belaglik onregverdig is hoewitmense behandel word.

miem ·

Kry mens ooit borg geld terug? Ek weet so min daarvan af. Jammer. Kan iemand my se sonder om vir my te lag? Ek hoop iemand help hom met die geld.

Pietser ·

Ja, maak nie saak of jy die saak wen of nie. As jy by die borgvoorwaardes hou, kry jy jou geld terug. Dis eintlik maar net ‘n tipe van “waarborg” dat die beskuldigde die hofverrigtinge sal bywoon.

Asmain ·

Die borggeld dien as sekuriteit dat n persoon vir sy verhoor sal opdaag. Dit word terug betaal sodra die verhoor afgehandel is, ongeag of hy skuldig of onskuldig bevind word. As n persoon ni by di verhoor opdaag nie word die borggeld aan die staat verbeurd verklaar.

Helena ·

Ja wanneer die aangeklaagde onskuldig bevind word, kry hy/sy borggeld terug. So was dit 10 jaar gelede.

Mariana ·

Opreg dankbaar vir hom en sy familie dat hy borgtog gekry het. Wonderlike nuus al is R15000 baie hoog.

Leonie ·

Baie bly hy is uit op borg. Ja Miem jy kry borg geld terug as jy onskuldig bevind word.

Pietser ·

Maak nie saak of skuldig of onskuldig bevind word nie. Die borgvoorwaardes moet net nagekom word.

Katvoet ·

Shame ek voel so jammer vir die ou as ek hom ooit ontmoet gee ek hom sowaar ‘n Bells!

botterblommetjie ·

Ek het gebid vandag ek die 1ste artikel gelees het dat God die man genadig sal wees en tenminste borg kry. Ek loof en dank die Heer hy het en hoop die geld is beskikbaar vir hom. Nou bid ek vir vryheid vir die man en almal soos hy…. Mag God oorneem, want ons is magteloos….

Verlig ·

Ek het self hard gebid oor hierdie saak! Ek het gebid vir die waarheid om te seevier en geregtigheid om te geskied gedurende die aansoek. Die Here is almagtig en getrou!

Johan. H. ·

Lyk my die Landdros het darm iets tussen die ore, Hy is mos onskuldig. Jy betaal volgens jou geraamde inkomste,lewensstandaard, en natuurlik ook die aard van die misdaad. Jou aansien speel ook n rol.
Baie faktore speel i rol. Ek betaal eerderR15000.00 as om opgesluit te sit,

abc ·

jy kry jou geld terug al word jy skuldig bevind ook,borg word vasgestel om te verseker jy daag by hof op,indien jy nie word die borggeld verbeurd verklaar aan die staat.

sug.... ·

Regtig. Dit was n ongeluk. Die man het nie die werker bekruip daar waar die werker onwettig op privaat grond was nie. Die man wou n bosvark skiet. Dis mos die werker se eie skuld. Wat soek hy daar tussen die mielies. Loop hy dan saam met bosvarke rond. Die man het geen ander mens daar verwag nie. Net hy en sy vrou…. en die bosvark, wat toe al die tyd n werker van n ander plaas was…. maar ja, die boer het op n bosvark gemik en die sneller getrek om die bosvark dood te skiet en na die skoot eers gehoor dat die bosvark dan geluide soos n mens maak….. en toe eers besef dat hy n mens geskiet het. Hoekom moet hy dan nou aangekla word vir moord. Oom boer, as jy ooit weer gaan jag, vra eers vir daai bosvark of hy honger is. As hy antwoord, skiet hom in die been, as hy oink, kopskoot!!!

adda ·

R15000?!?! Terwyl plaas moordenaars en verkragters R500-R2000 Borg kry….wat de hel!….glo nie Stefan sou skiet as die oorledene dalk geskree of geprt het nie en wat soek hy in elk geval op die buurman se plaas? Steel mielies?

Onskuldig ·

Baie dankie Mariné vir die regstelling van sy naam al klink dit hoe klein….. Bitter baie dankbaar dat gereg hopelik nou gaan geskied…. Dankie vir die goeie artikel…..

Pietser ·

Ek wens mense wil bietjie navorsing doen voor hulle twak kommentaar lewer. Die beskuldigde se finansiele vermoe speel ‘n rol by die toestaan van borgtog. R15000 is min vir moord maar hy kan daai bedrag bekostig. As die beskuldigde R500 ‘n maand verdien, kan hy tog nie borgtog van R50000 bekostig nie. So gaan jy iemand borg weier net omdat hy dit nie kan bekostig nie, nee dis ongrondwetlik.

Dankbaar ·

Janee hoekom enige borgtog at all gee, gewoonlik kan die moordenaars NIKS bekostig nie, dan loop hulle in elk geval. Dis mos wat jy wil he, net die wittes moet aftjop, die anderskleuriges moet stap. Daar is baie mense wat nie borgtog kan bekostig nie .. waar kom jy daar aan dat dit ongrondwetlik is? As iemand nie met die geld vorendag kom nie SIT die man tot die verhoordatum!

Braam ·

Prys die Here!!! God sal oor die saak sy hand hou en hom ontskuldig bewys. Sterkte julle…

Jan Nel ·

Ek dink dit is ‘n goeie beslissing. Nie dat dit so ‘n groot rol behoort te speel nie, maar ons almal weet dit is die realiteit. Die “ontstoke gemeenskap” behoort nie vingers te kan wys nie, juis omdat die borgbedrag so hoog is. Ek is net bly die man het wel borg gekry.

Pietser ·

Ek eet my hoed op as hierdie cowboy nie aan iets skuldig bevind word nie. Kan nie sien hoe hy nie skuldig bevind sal word aan strafbare manslag nie. Moord is onwaarskynlik.

Cowboy ·

Ja jissie PIetser jy kannie wag om wittes by te kom nie, en as hulle hierdie ou wat ‘n ongeluk gemaak het in die tronk gooi en die sleutel weggooi,gaan jy seker juig. Gelukkig kom julle almal eendag’n ongeluk oor, moet dan nie veel simpatie van jou mede-burgers verwag nie. Moord moet heeltemal van die tafel af wees want hy het dit nie met enige voorbedagte rade gedoen nie. Hy sal natuurlik skuldig bevind word, hy is WIT!

Pietser ·

Jy hoef nie iets met voorbedagte rade te doen nie om skuldig te wees aan moord nie. Vra maar net vir Oscar wat nie vir Reeva wou skiet nie. Die vraag is of hy moes voorsien het dat hy ‘n mens (dief of wat ookal) in daardie situasie kon doodskiet, indien wel moord. Strafbare manslag lyk meer waarskynlik. Hy was definitief nalatig deur net te skiet sonder om seker te maak na wat hy skiet. So pienk, groen, pers, swart of wit dinge lyk nie goed vir die ou nie.

Dawie ·

Pietser ek dink jy gaan hopeloos te ver om Stefan as n cowboy te beskryf dit kan net n cowboy wees wat sulke snert kwyt raak van iemand wat hy nie persoonlik ken nie

Pietser ·

Ou Dawie, jy weet mos teen hierdie tyd SA is die Wilde Weste. Ons is almal cowboys hier.

se net ·

Ja sover ek weet net as jy onskuldig bevind word word die geld terug betaal. Want dink ook, hoe sal die hof alle kosstes moet dra as hy elke een se borg terug betaal ongeag skuldig of onskuldig?

Jan Nel ·

Borg word altyd terugbetaal aan die einde van ‘n saak, indien iemand sy verhoor getrou bygewoon het. Ongeag skuldig of nie. Onthou die borggeld is nie ‘n straf nie, net ‘n maatreel om kanse beter te maak dat ‘n beskuldigde sy verhoor sal bywoon. Baie kere (meeste gevalle eintlik) betaal die familie die borg. Dit sou nie regverdig wees indien hulle daardie geld verloor weens iemand anders se skuldigbevinding nie.

Hannetjie Harvie ·

Wat het Jan daardie tyd van die dag, op daardie plaas, in die mielielande gesoek, vra ek jou?

Polities -Korrek-se-Alie! ·

Sou dit nie meer realisties geklink het as die berig gelui het: “Jagter skiet per ongeluk mielie dief in die donker dood” nie? Die dief was mos nie ‘n plaaswerker op die plaas waar hy geskiet is nie. Hy was besig om te steel….

Pietser ·

Per ongeluk= nalatig = skuldig (aan strafbare manslag, dief of nie dief nie). Hy moet net hoop daai “per ongeluk” word nie gesien as opset (dolus eventualis) nie want dan is dit moord.

Belle ·

As jy dit geniet om goed dood te skiet gee ek anyway nie om wat hulle aan jou doen nie. Sies!

Hannes ·

Belle. As mens nie bosvarke en vlakvarke skiet of uitdin nie, dan dal hulle n hele land stroop, mielies, kool, wortels, watookal. Dan sit jy sonder kos Belle! Wat dan Belle!? Spandeer eers jou energie op mense wat geskiet word, die dag as daai probleem op gelos is sal ek saam jou worry oor diere wat peste is.

Peet J ·

Die Landdros, het in haar uitspraak bevind die staat het nie bewys dat hy ‘n sterk saak teen Hepburn het nie dus vermoed ek dat Hepburn, ook as ‘n eerste oortreder, skuldig bevind gaan word aan manslag. Hoop maar van die beste, moord is absurd.

Pietser ·

Nie ‘n sterk saak soverre dit die weiering van borg aangaan nie. Dit het niks met die eintlike verhoor te doen nie

Jan Nel ·

Pietser, twee opmerkings aangaande jou kommentaar:

1) Vir strafbare manslag sal die redelike man toets aangewend word. Die vraag moet gevra word of ‘n redelike man wat ongediertes met toestemming in ‘n mielieland (wat nie veronderstel is om ander mense in te hê daardie tyd van die nag nie) gaan jag, nalatig is indien hy skiet na iets wat redelikerwys voorsienbaar ‘n ongedierte is wat enige tyd op hom kan afstorm.

2) By borg is die sterkte van die saak wat die staat teen jou in die hoofverhoor sal hê, juis een van die faktore wat inag geneem moet word vir toestaan van borg. Dit is dan ook wat hier gebeur het.

Peet J ·

Advokaat Botha het beswaar aangesteken teen die siening van die verskeie organisasies en dat die staat op spekulasie en nie op feitlike bewyse staat maak nie en op grond daarvan is borgtog toegestaan. Volgens die verklaring van Hepburn is dit tog baie duidelik dat hy onbewus was van die feit dat die teiken na wat hy gemik het nie ‘n mens was nie maar eers nadat hy die sneller getrek het tot sy onsteltenis ontdek het dat dit ‘n mens is en nie ‘n bosvark was nie.

miem ·

Dankie almal nou weet ek ook oor borg! Waardeer almal se insette.

Annatjie Kruger ·

Ek vind dit moeilik om uit te werk hoe ‘n mens ‘n wese wat op twee bene rondloop kan verwar met iets wat op vier bene rondloop. Ook sou ek dink dat die vark ander geluide ook gemaak het. ‘n “Dief” sal baie sagter beweeg as ‘n wilde dier. Ook sou ek dink dat Hepburn sou daaraan dink dat daar mense rondom hom kan wees. Hoewel hy op ‘n plaas was, is dit tog nie asof hy in die middel van nêrens en op godsverlate vlakte gesit het nie. Hy was op ‘n plaas met ander plase en mense om hom. Hoe is dit ook moontlik dat hy nie ‘n flitslig by hom gehad het nie, soos in ander berigte beweer word, en dus nie ondersoek kon instel nie. Hoe sou hy kon sien wat om te doen as hy die vlakvark geskiet het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.