‘Jagongeluk’-moordsaak: Getuies glo bang om verklarings te gee

Hepburn en sy vrou gesels in die hof. Foto: Mariné Lourens

Hepburn en sy vrou gesels in die hof. Foto: Mariné Lourens

Die saak teen Stefan Hepburn (39), die man wat op ʼn aanklag van moord tereg staan nadat hy na bewering ʼn plaaswerker tydens ʼn jagtog per ongeluk doodgeskiet het, is tot Dinsdag uitgestel.

Hepburn het vandag in die Modimolle-landdroshof verskyn waar hy om borgtog aansoek doen. Die hof het vroeër gehoor dat Hepburn en sy vrou Saterdag 11 Februarie op ʼn plaas in die Tuinplaas-distrik gaan bosvarke jag het. Hepburn het in ʼn verklaring aan die hof gesê hulle het die aand, toe dit reeds donker was, in ʼn mielieland op die plaas gesit en vir die bosvarke gewag om te kom.

Volgens Hepburn het hy ʼn donker voorwerp in die land gesien wat soos ʼn groot bosvark gelyk het wat in sy rigting kyk. Hy beweer hy het ook die kenmerkende geluid gehoor van ʼn bosvark wat mieliestronke van die plant af stroop. Hepburn sê hy het op die voorwerp gemik en geskiet en die voorwerp het ʼn vreemde geluid gemaak wat soos ʼn mens geklink het. Dit is toe dat hy besef het hy het moontlik iemand raakgeskiet.

Daar is later vasgestel dat Jan Railo (23), ʼn werker van een van die buurplase, op die toneel doodgeskiet is. Hepburn het in sy verklaring gesê hy vermoed dat Railo in ʼn sittende posisie mielies in ʼn sak gedruk het, omdat ʼn sak vol mielies later naby sy liggaam gevind is.

ʼn Verklaring van die man wat op die plaas boer is Maandagmiddag in die hof voorgelees. Daarin het hy bevestig dat hy nie vir Railo ken nie en dat hy nie op die plaas werksaam was nie. Kapt. Richard Boshomane, die ondersoekbeampte in die saak, was Maandagmiddag in die getuiebank.

Bashomane het aangedui dat hy Hepburn se borgtogaansoek teenstaan weens die ernstige aard van die aanklag teen hom. Hy het ook gesê dat Hepburn baie van die getuies in die saak ken en dat daar dus ʼn moontlikheid is dat hy met die ondersoek kan inmeng of getuies kan intimideer. Volgens Bashomane het die saak ook openbare opslae gemaak en is daar daarom die gevaar dat die publiek reg in eie hande kan neem sou Hepburn op borgtog vrygelaat word.

Adv. Wilco Botha, Hepburn se regsverteenwoordiger, het Bashomane gevra op watter gronde hy meen Hepburn kan getuies intimideer. Bashomane het geantwoord dat hy sekere getuies genader het om verklarings af te neem, maar dat hulle gesê het hulle is te bang om hul verklarings vir die polisie te gee omdat hulle Hepburn vrees. “Hulle het gesê hulle het gesien wat [Hepburn] gedoen het en hoe die oorledene doodgemaak is en daarom is hulle bang vir [Hepburn],” het Bashomane gesê.

Op ʼn vraag van die landdros hoe die oorledene doodgemaak is, het Bashomane geantwoord: “Die getuies het gesê hy is in sy bors geskiet en daar was ʼn groot gat op sy rug. Hulle wil nie ook slagoffers wees nie en hulle sê hulle weet [Hepburn] het ʼn vriend op daardie plaas.”

Botha het hierdie stelling verwerp deur te sê dit is ʼn subjektiewe mening van die getuies en dat Hepburn nog nooit enige van die getuies geïntimideer of gedreig het nie. Hy het ook herhaal dat Hepburn in sy verklaring onderneem het om nie met die polisieondersoek of enige getuies in te meng nie.

Botha het ook Bashomane se stelling, dat die publiek moontlik reg in eie hande sal neem indien Hepburn borgtog toegestaan word, verwerp deur te sê Hepburn woon in Pretoria en nie in die omgewing nie. “Dit beteken nie dat iemand in aanhouding gehou moet word net omdat die gemeenskap ʼn sekere siening oor die saak het nie. Dit is die polisie se plig om beskuldigdes te beskerm,” het hy gesê. Bashomane het geantwoord dat die polisie Hepburn kan beskerm indien hy in polisieaanhouding bly.

Die hof was Maandag weer eens volgepak met betogers wat meestal in ANC- en EFF-klere geklee was. Hulle het plakkate omhoog gehou waarop hulle aandui dat Hepburn nie borgtog toegestaan moet word nie, asook ander plakkate waarop die ooglopende verskil tussen ʼn bosvark en ʼn mens uitgewys word.

Die staat het aangedui dat hy beplan om nog ʼn getuie te roep om in die borgtogaansoek te getuig. Die saak is tot Dinsdag uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Hepburn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Gerd Lourens ·

Daar tref die blinde sambok toe iemand op ‘n “affirmative action shopping spree”…

LMGA ·

lag my dood. kon dit nie beter se nie. wat maak die ou in die bos met ‘n sak mielies. ek is seker die boer sou nie laat hul bosvarke jag as hy geweet het werkers is moontlik nog in die veld nie.

Johan. H. ·

Lyk my jy kan enig rigting inskiet in die aand dan tref jy n skelm

Sonja ·

Boere skiet varke omdat hul baie skade maak… Die oorledene was nie veronderstel om dai tyd van di nag op n ander persoon se grond te oortree nie. Ek kan verstaan dat hy vir Stephan soos n dier gelyk het in n hurkende posisie. Die EFF en ANC wil mou wee di dam onder die eend uitruk. Dis hul manier.

Yrust ·

Dit hoe dit gaan n bloode ongeluk word nou uit gebuit wat is mons nie wit nie.Was dit wit het hulle bedoog vr Borg maar ja so gaan dit as n president antie wit is .

Aula ·

Ds vreeslik onregverdig. Daar’s sover bekend 18 blankes koelbloedig vermoor in 1 Febr 2017 tot datum en niks word daaroor geskryf ni.

andrea van vuren ·

Die ergste is dat die oorledene duidelik die eiendom onregmatig betree het. Nog erger is dat onskuldige boere wat regmatig op hul eiendom woon deur betreders geskiet en gemartel word. Ek weet nie meer nie…

popeye ·

Getuies ook op hoorsê gerapporteer. Enige Advokaat wat sy sout werd is gaan bangheid of verwaandheid vinnig onder kruiverhoor uitwys! Ek verstaan die beskuldigde was ‘n genooide gas op ‘n plaas…die mense daar ken hom dus nie. Kom ons kyk

dirk ·

Kapt. Richard Boshomane is optimisties oor die beskerming van ‘n aangeklaagde as jy in ag neem hoeveel mense sterf of word aangerand in aanhouding. altesaam 3600 in die laaste boekjaar ( +-200 sterftes)

At ·

Die vraag vir die slim mense….ek gaan see-toe om vis te vang en ‘n perlemoenstroper raak per ongeluk verstrengel in my net en verdrink. Gaan jul my ook aankla vir moord??? Ek verwag mos om ‘vis te trek, nie ‘n see-dief nie.

Fritz ·

Snaaks dat die hofsaak hope meer aandag trek as die talle wit boere wat die maand wreedaardig vermoor is en dit met opset nie perongeluk nie

willie ·

Wet en orde word op sy kop gekeer! Flipping belaglik! Sterkte vir die onskuldige beskuldigde!

Anoniem ·

Jammer maar ek moet ongelukkig Anoniem bly omrede ‘n vrees…….. Die hele familie met verbintenis word gedreig met die dood. Op hom en sy vrou word gespoeg, geskreeu, gevloek en hulle word gedreig…. Die mense het kindertjies…. Was dit nou nodig vd media om haar gesig ook te wys? Die probleem is dit het ontaard in ‘n politieke gemors! Ek beveel aan die pers doen verdere navraag en vra hoekom is almal so bang…. Elkeen vrees vir hul lewe. Sekuriteitspolisie het aanbevelings gemaak en kinders is geplaas waar niemand mag weet nie. Dit omrede hy werklik eerlik was. Dit was ‘n verskriklike ongeluk…. Wens net die boere kon ook maar so saam staan vir hulle….

skorra ·

Anoniem, ek bid vir julle/hulle in opregtheid. Die “boere” – en ek is self een, al gewonder hoekom dit so moes wees – sal nie saamstaan nie. Ons is geteel uit skeibrekers, joiners en ‘n paar sg. bittereinders, wat in werklikheid ook maar skeibrekers was… Die bitterlik-onregverdige en onhoudbare omstandighede waarin ons ons tans (soos bykans nog altyd) bevind, is deur onsself oor ons gebring. Mag die Here tog die betrokkenes in hierdie voorval bewaar en daardeur lei.

Andries Pretorius ·

Liewe Anoniem.

Ek ken vir Stephan en sy vrou persoonlik! Ek weet net soos jy weet dat dit ‘n ongeluk was. Die regering wil nou weer die rasis-perdjie holrug ry. Maar God slaap nie. Gereg SAL geskied.

Die woord sê dit beter as enige iets anders:

Exodus 14:14 “The LORD will fight for you, just stay calm” NLT

Pieter ·

Ek ruik ‘n rot! ‘n Groot rasse rot wat sy kop hier uitsteek! Ek hoop en bid dat die reg sy pad sal loop sonder die “rasse” kaart en haat en neit heens die “witman”. Dit kon met enige persoon gebeur het, dit wat hier gebeur het!

AL ·

Hier moet n oplossing wees. Die staat en landdros is nie objektief nie!!!

Ouman ·

Dit is na my mening ‘n tragiese ongeluk gewees. Die polisie en staat sal nou sorg dat die saak ‘n politieke kleur kry. Daar moet gevra word wat die oorledene in die nag in die mielieland gesoek het. Klink asof hy besig was om ‘n misdaad te pleeg en so op verkeerde tyd op verkeerde plek was. Dit is tragies dat die regstelsel so misbruik kan word maar die treurige SAPS doen niks omtrent plaasmoorde nie. Een van die dae sal daar nie meer mielies wees om te steel nie. Ek is jammer maar die SAPS en NVA het geen geloofwaardigheid oor nie en dit is hulle eie skuld.Hou maar die pers dop want talle misdade word deur SAPS lede gepleeg en hulle word amper nooit te boek gebring nie. Ons lewe in ‘n tipiese derde wereld Afrika staat waar alles verval en vernietig word

hans ·

Ek hoop malema en zuma betaal hierdie mense om in werkstyd in n hof te wees.Ons regering en regstelsel is “useless”.

Ig ·

Dit is nou die prys wat hy betaal vir eerlikheid.Miskien moes hy liewer die bewyse in die mielieland begrawe het.

Drikus ·

Mens kry die indruk dat staatsaanklaer werklik onnodig borgtog teenstaan. Hierdie was ooglopend ‘n ongeluk. Hoop die man het ‘n baie skerp advokaat. Wat het die oorledene in die mielieland gesoek, of moet mens nou ook eers ‘n waarskuwingskoot op ‘n bodvark skiet?

Paperdoll ·

Rerig oog getuies. Waar was hulle. Ook besig om te steel. Of het hul die plaas verken vir n moontlike plaas aanval. En sommer mielies gestroop vir tyd verdryf. Als stink aan hierdie hele storie. Ons sal moed bid vir hierdie mense. Soos vir die coffin caae mense. Ons sal moet opdaag by die hof. Ons sal moet opstaan vir ons mense

PietM ·

Ja, Paperdoll. Wil ek ook weet waar kom die “getuies” vandaan wat “gesien” het wat Hepburn doen.

ct ·

Wat soek die man(Jan) in die nag op n plaas waar hy nie hoort nie…dan was hy mos n dief en nie n engeltjie nie..morel of the story…LOS ANDER MENSE SE GOED UUUIIITTTT!!!!!!

Magda ·

Die man werk nie op die plaas nie – en is gevind met n sak mielies by hom – hy was besig om te steel – as jy nie gesteel het nie was hy nie nou dood nie – gaan werk soos ons almal vir ons kos – Die plaas eienaar het gese dat hy dink dat bosvarke sy mielies stroop en al die tyd was dit n mens – jammer dat hy geskiet is – maar wat het hy daar gesoek en daai tyd van die nag – OM TE STEEL – Die ou verdien borg – dit was n ongeluk.

Schalk ·

Nou hoe sou die sogenaamde getuies gesien het hoe Hepburn dit gedoen het? Dit is seker bedoel na die tyd anders is hulle mos nie getuienis van die voorval nie?
Vra maar net

gerda ·

Dit was baie swak van die pers om die vrou se gesig te wys. Dit lyk of hulle plesier daaruit put?
Maroela kry julle nie skaam ie? Die gesin word nou geviktimiseer!!!!Is julle ook besig om moraliteit te verloor? Het dit nie van julle verwag nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerda

Dankie vir jou terugvoer.

Ek kan jou verseker dat ons die foto hoegenaamd nie gepubliseer het om sensasie te wek nie. Die media moes vooraf magtiging by die landdros kry om foto’s te mag neem in die hof, en dit is goedgekeur. Die gesin het ook nie self versoek dat daar nie foto’s geneem mag word nie. Daar was verskeie mediahuise in die hof, mev. Hepburn was dus ten volle bewus daarvan dat daar foto’s van haar geneem word. Mev. Hepburn was ook deurgaans in die hof saam met die betogers, waar hulle haar dus in lewende lywe kon sien, sy het nie daarvan weggeskram nie.

Ons volstaan dus met ons besluit om die foto te publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

JK ·

Was die EFF en ANC by enige van die hofsake waar wit boere vermoor is?

Nee ·

Nee, want vir meeste van daai moorde is daar nie hofsake nie, want ons “polisiediens” kon meeste van die “verdagtes” nog nie vastrek nie…. So hulle loop nog vry om te moor en roof soos hulle goed sien..

Boervrou ·

Hierdie mense is goeie mense. Ek is so jammer vir die pyn wat hulle nou ervaar. Dit moes baie traumaties gewees het vir Stephan om te besef dat hy ‘n mens dood geskiet het. Hulle het die oulikste twee seuntjies wat nie verdien dat hulle pappa nou soos ‘n moordenaar behandel word nie. Ek bid dat die Here sy hand oor hierdie gesin sal hou.

se net ·

Watse getuienis was daar, volgens die berig was dit net hy en sy vrou so wie was nog daar gewees?

Johann ·

Wat op aarde gaan aan met die regstelsel???Dis n ongeluk die Man het dit nie verberg en het dadedlik die Saps gekontak.Net omdat hy wit is is dit nou n rasse aksie.Regter en regstelsel jy behoort jou te skaam om die media,anc en eff lede soos aasvoels op die saak toe te laat. Jammer vir Jan maar hy het op die verkeerde tyd gaan mielies pluk.Dis een groot gemors,ek bid vir alby die famielies.Wanneer gaan swart en wit ooit besef dat God ons almal geskape het?

William Atkinson ·

More
Dis die tyd wat ek wens ons blanke mense kan saam staan teenoor te belagrike regering wat mense kan rondstoot en maak soos hulle wil………enige mens in die lewe kan getuig dat as jy vlakvark in die nag jag jy nie kan onderskei tussen n mens wat mielies steel en bebukkend sit en n vlakvark in die nag nie…….waar is ons mense hoekom gebruik hulle nie vir Affrifom se Gerrie Nel nie kom aan

Kabous ·

Ek stem saam met Drikus.

In Oscar P se saak het streeklanddros Naier dit herhaaldelik duidelik gestel dat die doel van borg nie is om die beskuldigde te straf nie, dis om te verseker dat hy sy verhoor staan.

Wat die man gedoen het is ernstiglik verkeerd. Jy skiet nie sommer net sonder om seker te wees waarop jy mik nie. Dit is ‘n feit soos ‘n koei.

Dis vir my duidelik dat die aanklaer en ondersoekbeampte egter om rasredes borg opponeer.

Ek sien rassisme hier. Naakte swart-wit rassisme en geen objektiwiteit nie.

Dis natuurlik belaglik om die verdagte in hegtenis te hou net omdat die publiek “reg in eie hande” kan neem.

Omdat die publiek kamstig die wet kan verbreek en soos rampokkers kan optree moet die arme man se grondwetlike reg op borg geskend word en nou in hegtenis bly. Belaglik.

Ek glo natuurlik nie ‘n woord daarvan nie. In effek sê die ondersoekbeampte dat swartmense soos barbare gaan optree en die beskuldigde gaan vermoor of beseer,

Loutere, loutere twak.

snoefie ·

as die “publiek” die wet in eie hands gaan been moet die “publiek” soos due misdadigers wat hulle is gestraf word. nes in die geval van die doodskis duo. dis regtig belaglik dat hulle steeds in aanhoyding is en die eintlike kriminele en oortreder loop los. as die sapd uit vrees vir die publiek se kriminele optrede nie wil optree teen die eintlike kriminele nie, moet hulle bedank en gaan wegkruip. daar us duisende dapper blankes wat maar te bly sal wees om as polisie te DIEN en order af te dwing. hoekom is Pierre De neckers se moordenaars nog nie aangekeer nie? nie eers die ses vroulike opswepers nie. is dit die eintlike rede hoekom sy oa lion De necker nou dood is en sy brier Jan lion agter tralies vir die moord?

Marius ·

Nou hoekom sal die media ‘n foto van sy vrou op die blad sit sy het niemand om haar te beskerm teen die publiek nie slim van media.

Marius ·

Jy is reg Kabous en die rede hoekom hulle ook nie verklarings wil afle want hulle weet hulle was nie daar nie hulle se net so dat hy nie moet borg kry en om hom hierdie wrede persoon te maak.

Ada ·

Die Here is by hierdie gesin. Hou moed en glo.
Dink aan julle.

marous ·

Glo nie daar is getuies wat teenwoordig was toe die voorval plaasgevind het nie . Die feite dat dit ‘n mens was en dat hy dood is agv van skietwond word nie betwis nie. Hoe kan getuies dan bevrees wees ???? Skiet voorvalle soos die het al voorheen gebeur waar daar blankes dood is en skuldig bevindings hoogstens stafbare manslag. Die subjektiwiteit van die polisie en NVG is om van naar te word. Daar word NOOIT opgetree teen hulle waneer die aanklag wat hulle vir ‘n stok gebruik om borg teen te staan of opruiendheid te veroorsaak nie bewys word nie!

Boer se Vrou ·

Ek is verbaas dat niemand nog agtergekom het dat daar ‘n oorlog aan die gang is teen spesifiek die boere gemeenskap nie, ‘n stil donker oorlog waar bloed van ons Boere en hul gesinne elke dag gegiet word en ons praat en ons praat en ons praat….en ons doen bitter min, hoeveel mense moet nog so wreed sterf voordat die regering daadwerklik gaan optree. Dit wil voorkom ons regstelsel is lankal moerlandspan toe, ons vra jou R500 borg vir iemand se lewe dan kan jy weer gaan moor en dan verdwyn jy tussen die massas. God ALLEEN weet wat aangaan. Hierdie is een groot komplot, en moenie verbaas wees wie almal saamwerk nie, ek dink ons sal skrik as ons weet hoe al hierdie moorde en ander dinge wat aangaan aan mekaar verbind kan word. Die moet jy weet: As jou president en sy kabinet nie eers omgee oor sy eie mense wat so swaarkry en honger ly nie, hoe gaan hy vir jou mense omgee wat regtig onskuldig is. Daai man was dalk honger vir al wat ons weet, hy bly mos darem nie in Nkandla nie hoor. IF YOU WANT TO TEST A MAN’S CHARACTER GIVE HIM POWER!

Lee-anne ·

baie sterkte aan Hepburn en sy vrou. Is daar nie iewers ‘n goeie prokureur wat hulle kan help nie?

Jan ·

Waar kruip die sogenaamde ” getuies ” nou uit ? Seker saam mielies gesteel. Sit ‘n goeie prokureur op hulle en op die polisieman , dan sal jy sien hoe lieg hulle.

Geen regstelsel nie ·

Ek kan nie GLO dat ons elke keer val vir die “die publiek gaan reg in eie hande neem nie”. Met ander woorde die REG beskerm die PUBLIEK wat ‘n aangeklaagde gaan aanrand/vermoor wat nog nie skuldig bevind is nie? Soos die doodskismanne. Hulle is nog nie eers aangekla nie maar is steeds in aanhouding vir hulle EIE VEILIGHEID?? Eerstens moet hulle asb nie dink ONS dink die regter of aanklaer GEE ‘n duit om vir die veiligheid van ‘n witman nie. Tweedens se hulle by IMPLIKASIE dat die swart publiek daarbuite wat dans die WITMAN gaan doodmaak en hulle wil hom beskerm daarteen? Wow erken hulle dus dat die dansende protesgangers die WIL het om te MOOR? Hoekom hou hulle dan nie die MOORDENAARS op boere ook in die tronke nie? Se hulle by implikasie die BOERE is TE GOED om die aangeklaagdes te vermoor? Sjoe . julle maak nou darem ‘n groot blik wurms hier oop.!!

Komaan ·

Hoekom gaan bied ‘n ordentlike regsverteenwoordiger/prokureur nie sy dienste aan nie? Dit is duidelik die eerste ou het ook weggeloop agv dreigemente. Hierdie is die MAAK of BREEK saak, as die blankes AL die sake gaan verloor waar daar ongelukke gemaak word of mense in ‘n doodskis banggemaak word, gaan die swartes aanhou om ‘ongelukke’ te claim en die regstelsel bly mense in aanhouding hou omdat hulle bang is vir hulle ‘veiligheid’. So sal die diewe en moeilikheidmakers dan weet hulle kom met alles weg en net slagoffer skreeu as hulle aan geraak word. KOMAAN, is almal so SLAP dat hulle nie hierdie man wil help met REGSHULP nie? Kom wys julle staal, hy het HULP nodig teen ‘n oenskynlike ONREGVERDIGE regstelsel!!

Scalla ·

Sterkte aan die gesin, die enigste getuie wat boekdele spreek is die sak geplukte/gesteelde mielies.

Annelize ·

Jammer Stephan, dis omdat jy n blanke is dat jy nou gaan suffer, sommer vir apartheid se probleme ook, net omdat dit kan, as jy nie blank was nie het dit nie eens die nuus gehaal nie.
SA het n siek dysfunctional land geword.
Kyk na Afrika noord van ons….. hulle was nog nooit ons intelektuele gelykes nie en sal/kan nooit wees nie. Dis nie bedoel om n belediging te wees nie, dis maar net n evolusionere feit.

gerda ·

Dankie vir die terugvoering Maroela, ek waardeer dit.
Kan julle asb vir ons se wie die Landros is? Dit kan seker nie ‘n geheim wees nie?
Plaas asb ‘n foto van hom want hy is duidelik buite sy diepte en ek wil graag sien hoedat hy lyk? Ek is seker ons almal sal wil sien hoedat ‘n landros lyk wat onbevoeg is.

giep ·

Dinge gaan eers in ons land verander wanneer die twee groot faksies aanmekaar spring na die volgende verkiesing. Dan is dit ons beurt – ons gaan dan opstaan en die meeste van die libs sal dan al uit die land uit wees. Siener het so geskryf. hy het ook gese voor dit gaan daar groot probleme in Europa kom met uitlanders. Dit is alreeds so. Ons beur kom en dan draai dit in ons guns. Hou net aan Glo want dit is die Here wat by ons gaan staan met daardie groot verandering. Sonder Hom gaan ons niks beteken nie.

se net ·

So as ek dit nou so lees van die berig en getuies en als, My opinie: So dit was nie die bosvark wat die skade gedoen het nie maar die persoon wat die mielies gesteel het?

Penelope ·

Ek stem saam. kan Gerrie Nel nie help nie?
Die man was ‘n indringer en dief… nie ‘n arme “victim” nie. Hy het geweet wat hy doen toe hy die grond onwettig betree. Wie moet hy bedank? Malema…..!!! Die blankes moet heeltyd in vrees lewe, en is die wet is net van toepassing op blankes? Genoeg is genoeg!
God slaap nie!

lb s ·

Ek gaan seker gestenig word maar al sou ek 100% saamstem met almal dat dit ‘n ongeluk was, die Boer onskuldig is, ens. kan mens nie help om te dink, het hy dalk net beplan om die lastige STELERS ‘n les le leer nie, en die storie van die bosvarke uitgedink voor die tyd, nie?
Jammer mense, maar hierdie teorie gaan toegepas word, of dit nou so was, of nie. En indien hy regtig onskuldig is, gaan die arme man dit i.e.g. baie moeilik vind om uit hierdie gemors te kom. Dan is dit so onregverdig, net omdat daar alewig rassehaat oral om ons plaasvind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.