Jagongeluk-saak: Bemiddeling misluk

Stefan Hepburn. Foto: Mariné Lourens

Stefan Hepburn, die man wat van strafbare manslag aangekla word nadat hy ʼn plaaswerker tydens ʼn jagtog glo per ongeluk doodgeskiet het, het vandeesweek weer in die Modimolle-streekhof verskyn.

Die hof het gehoor dat die poging tot bemiddeling met die familie van die oorledene, Jan Railo (23), misluk het. Die saak is daarna tot Desember uitgestel wanneer die verhoor sal begin.

Maroela Media het vroeër berig Hepburn en sy vrou het op 11 Februarie verlede jaar op ʼn plaas buite Modimolle bosvarke gaan jag. Hepburn het in sy verklaring wat aan die hof voorgelê is, gesê hulle het ná sononder in die mielieland gesit en vir die bosvarke gewag.

Volgens Hepburn het hy ʼn donker voorwerp soortgelyk aan ʼn groot bosvark in die land gesien wat in sy rigting gekyk het. Hy beweer hy het ook die kenmerkende geluid gehoor van ʼn bosvark wat mieliestronke van die plant afstroop.

Hepburn het gesê hy het na die voorwerp gemik en geskiet. Toe die voorwerp ʼn vreemde geluid maak, het hy besef hy het moontlik iemand raakgeskiet. Die oorledene is later as Railo, ʼn werker op een van die buurplase, geïdentifiseer.

Hepburn is aanvanklik van moord aangekla, maar die aanklag is later na strafbare manslag verander.

Voordat die verhoor teen hom egter kon begin, het Hepburn se regspan vertoë aan die direkteur van openbare vervolging (DOV) gerig om ʼn bemiddelingsproses voor te stel. Die DOV het die staatsaanklaer opdrag gegee om ingevolge dié vertoë te bepaal of Railo se familie gewillig is om die saak deur middel van bemiddeling te hanteer.

Hepburn is steeds uit op borgtog.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Hepburn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Denise ·

Wag laat ek gou hier in my kristal bal kyk wat se hulle oor bemiddeling dit was n ongeluk en die man het oortree op privaat grond . Wat sien die familie nee te veel om op te noem !!!!

Kobus ·

Jy is wit, dit maak nie saak wat jy sê nie. Jy gaan ongelukkig direk trunk toe.
Sterkte

Hanna Hoekom ·

Die familie van die dief soek geld, heelwaarskynlik baie geld… Fyn lyn tussen versoening en vergelding. Sterkte!

Theresa ·

Nooit gedink bemiddeling sou kon werk nie. Daar is altyd iets wat gekry moet word en hierdie is so ‘n hartseer ding. Eerstens ‘n oortreder (op ‘n ander se grond sonder toestemming) maar die hartseer is dis iemand se familielid. Tweedens die man wat die skoot afgevuur het – dis sy reg om op sy grond te wees en dis sy reg om vlakvarke te skiet. Die hartseer is, hy het nie gaan mense jag nie – hy was nie op iemand anders se grond behalwe waar hy mag wees nie en hy is ook ”n familielid van mense. Maar, hy kan nie baat deur om te weier vir bemiddeling nie – die ander groep wel… Skreiend, maar ‘n realiteit in ons land.

Anoniem ·

Jy is reg Hanna. Versoening kos ‘n paar rand. Dalk het Stefan te min aangebied.

Anoniem ·

Mag die Here die regter lei om uiteindelik regverdige uitspraak te lewer.

Doom ·

JA HULLE SOEK TWEE GOED .. BAIE GELD, ‘N HUIS, EN DAT DIE WITMAN TRONKTOE moet gaan . die anderskleuriges wil oor niks onderhandel behalwe dat die blanke die ergste straf vir ‘n ongeluk moet kry en daarna vir die res van sy lewe vir hulle moet betaal nie, kyk maar na die doodskis saak. Daai man het nie ‘n bloukol nie maar sit en lag lekker. Hy het ‘n huis en salaris van die ANC ontvang, en hy eis nou miljoene van die arme twee manne wat reeds in die tronk sit vir 14 jaar .. DIE witman in SA IS GEDOOM!

Net my opinie ·

Jy sê nie jy het het op iets geskiet wat soos n bosvark lyk nie. Dit gee die indruk of jy nie 100% seker was van wat jy gesien het nie. Of jy skiet op n bosvark, of jy trek nie die sneller nie. Die hof is min gespin oor wie waar moes wees. Is betreding van privaat grond nou strafbaar met die dood, nee. Jy moet jou bewoording reg hê….ek het op n bosvark geskiet…

Jacques ·

Ai tog die Geldenhuis familie in ons arme land . Dit is al wat hulle wil , is geld en huise sonder om te werk daarvoor . Hierdie is n vinnige uitkoms vir hulle finansiele situasie .
Sterkte aan die familie .

Berusnognie ·

Weet ons al wat hy op die buurplaas gaan soek het? Of maak dit nie saak nie.

Denise ·

Stefan is onskuldig die man het oortree en was op PRIVAAT GROND en as hy iets wou vra of he dan loop jy tot by die deur , hek en vra nie in die land rond nie dit kan ek ook gewees het as ek so voorbarig sou wees !!!! Kobus ek hou nie van wat jy se nie !!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.