Jagongeluk-saak: ‘Dis wat daardie aand gebeur het’

Stephan Hepburn. Foto: Mariné Lourens

Stefan Hepburn. Foto: Mariné Lourens

Stefan Hepburn (39), die man wat tereg staan op ʼn aanklag van moord nadat hy glo per ongeluk ʼn plaaswerker tydens ʼn jagtog doodgeskiet het, meen ʼn tragiese ongeluk word nou in ʼn politieke kwessie omskep.

Hepburn het Maandag in die Modimolle-landdroshof verskyn waar hy om borgtog aansoek doen. Die hof het gehoor dat Hepburn se voormalige regsverteenwoordiger aan die saak onttrek het en dat hy dus vandag deur ʼn nuwe regspan verteenwoordig word.

Maroela Media het vroeër berig Hepburn is Sondagaand 12 Februarie in hegtenis geneem nadat hy en sy vrou die vorige dag op ʼn plaas in die Tuinplaas-distrik buite Modimolle bosvarke gejag het toe die voorval gebeur het. Jan Railo (23), ʼn werker op een van die buurplase, is die aand in ʼn mielieland doodgeskiet.

Die staat het Maandag aangevoer dat Hepburn op ʼn skedule 6-aanklag tereg moet staan aangesien die direkteur van openbare vervolging van mening is dat die saak as ʼn skedule 6- aanklag aangehoor moet word. Die verdediging het egter aangevoer dat die feite van die saak nie ʼn skedule 6- aanklag regverdig nie, maar eerder ʼn skedule 5. Die landdros het beslis dat die borgtogaansoek in terme van ʼn skedule 6-aanklag aangehoor sal word.

Die hof het ook gehoor dat Hepburn die pa van vier minderjarige kinders en ʼn stiefkind is wat by hom en sy vrou in Pretoria woon. Hepburn het in ʼn verklaring aan die hof gesê hy is ʼn kabinetmaker van beroep en ʼn ervare jagter wat al verskeie wildsoorte, insluitend bosvarke en vlakvarke, gejag het. Hy het ook al in verskeie skietkompetisies presteer en het verskeie sertifikate met betrekking tot die kennis en hantering van vuurwapens voltooi.

Hepburn se regsverteenwoordiger het Hepburn se verklaring aan die hof voorgelees waarin hy sy weergawe van die gebeure op 11 Februarie voorhou. Volgens Hepburn het hy en sy vrou die betrokke aand op ʼn plaas buite Modimolle gaan jag. Hepburn het gesê hy en sy vrou het in Desember ook twee weke op hierdie plaas deurgebring en het die plaas weer in Februarie besoek omdat die eienaar hulle glo gevra het om bosvarke, wat aansienlike skade op die plaas aanrig, te kom jag.

Hepburn sê in die verklaring hy en sy vrou is omstreeks 17:30 na ʼn mielieland op die plaas waar hulle self die bewyse gesien het van die skade wat die bosvarke aan die land aanrig. Hy verduidelik dat hulle ook ʼn plek geïdentifiseer het waar die bosvarke deur ʼn draad in die land inkom en het dieper in die land ingestap en gaan sit om vir die bosvarke te wag.

Volgens Hepburn het hy voorheen by verskillende geleenthede bosvarke gejag en is hy bekend met die tipiese geluid wat ʼn bosvark maak wanneer hy die mielies van die plant af stroop. Hy sê dit het donker geraak en hy het ʼn beweging in die mielieland gehoor en daardie tipiese geluid van die mielies wat gestroop word.

Hepburn sê verder in sy verklaring hy het ʼn donker voorwerp in die land sien beweeg wat gelyk het soos ʼn groot bosvark wat in sy rigting kyk. Hy het op die donker voorwerp gemik en geskiet. “Ek was 100% seker dat ek op ʼn bosvark skiet. Die hoogte en vorm van die voorwerp het ooreengestem met dié van ʼn bosvark,” het Hepburn gesê.

Hy sê nadat hy egter die skoot afgevuur het, het die voorwerp ʼn onbekende, vreemde geluid gemaak. “Die geluid het nie soos ʼn bosvark geklink nie, maar soos ʼn mens. Ek was onmiddellik oorstelp van skok en paniek,” het hy gesê. Hepburn se vrou het in die hof begin huil toe die deel van die verklaring voorgelees is.

Volgens Hepburn was dit donker en het hy nie ʼn flitslig by hom gehad nie, juis omdat hy nie die bosvarke wou verjaag deur van ʼn flits gebruik te maak nie.

Hepburn se vrou in die hof. Foto: Mariné Lourens

Hepburn se vrou in die hof. Foto: Mariné Lourens

Hy en sy vrou het die afstand van 1,5 km na hul bakkie teruggehardloop en na die plaashuis gehardloop om ʼn flitslig te kry en hulp te ontbied. Met hul terugkoms by die mielieland het hulle ʼn volwasse man in die land sien lê, geklee in ʼn swart T-hemp en ʼn blou oorpakbroek. “Ons het probeer om met hom te kommunikeer, maar dit het voorgekom asof hy reeds dood was.”

Hepburn sê in die verklaring die polisie en ʼn ambulans is ontbied en die polisie was eerste op die toneel. Hy verduidelik dat hy saam met die polisie in die land gestap het om hulle te wys waar die man se liggaam was. “Die polisie het ʼn groot sak in die mielieland gevind wat vol mielies gepak was. Ek kon duidelik die vol sak in die land ʼn paar meter van die oorledene af sien lê,” het hy gesê.

Hy het in sy verklaring beklemtoon dat hy nooit met opset bedoel het om enigiemand raak te skiet of dood te maak nie. “Ek vermoed dat die oorledene in ʼn sittende posisie was omdat hy besig was om mielies in die sak te plaas. Ek kon op geen redelike manier voorsien dat ʼn mens daardie tyd van die nag in ʼn sittende posisie in die mielieland sou wees nie.”

Hepburn het gesê nadat die polisie ure lank op die toneel was en hy en sy vrou in die vroeë oggendure na die polisiestasie is om verklarings af te lê, het die polisie aan hom gesê hy kan maar terugkeer na Pretoria. Kort nadat die egpaar die Sondagoggend terug by hul huis in Pretoria aangekom het, het ʼn polisiebeampte gebel om te sê dat hulle moet terugkom Modimolle toe.

“Ek het my regsverteenwoordiger geskakel en hy het my aangeraai om aan die polisie te sê dat ek Maandagoggend 08:00 by die polisiestasie sal aanmeld in die teenwoordigheid van my regsverteenwoordiger. Ek het toe met die polisie ooreengekom om Maandag by die polisiestasie aan te meld.” Hepburn sê talle polisievoertuie het omstreeks 20:30 die Sondagaand voor sy huis in Pretoria stilgehou en is hy ten aanskoue van sy vrou in hegtenis geneem.

Hepburn het gesê hy glo nie dat die staat ʼn sterk saak teen hom het nie en is oortuig daarvan dat sy onskuld bewys sal word. Hy het gesê dit is nie in belang van geregtigheid om hom in polisieaanhouding te hou nie, aangesien hy geen bedreiging vir die publiek inhou nie en van opregte voorneme is om sy verhoor by te woon. Hy het ook gesê dat hy nie ʼn inkomste kan verdien indien hy in aanhouding is nie en dat hy ʼn inkomste nodig het om sy gesin te onderhou en om sy regsverteenwoordigers te betaal.

Die saak sou na middagete hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

MOEG vir dubbele standaarde!!! ·

Ek glo meer as 100% dat dit presies dit wat Stephan getuig, die volle waarheid is!! Nou word ons blankes alweer beskuldig van rassisme oor ‘n voorval wat dui op ‘n ongeluk wat plaasgevind het!

Hoekom skree die massas nie elke keer RASSISME as blanke mense voor die voet uitgemoor word nie!?!? En wat het van die Lucas-vent geword wat witmense uitgeskel het op facebook?? Penny Sparrow is swaar gestraf, maar Malema en sy mense mag maar openlik aangehits word om blankes uit te moor! En ja, soos ons almal nou al weet: Malema se aanhitsing werk baie goed, want daar is al klaar honderde blankes vermoor en ons is nog eers in die 2de maand van die jaar!

Bella Bok ·

Hoe belaglik! Hoekom wonder die polisie nie waarom die oorledene gehurk in die buurplaas se mielieland gesit het nie – nogal met ‘n vol sak mielies…
Skreiende skande dat hulle nie eerder al die plaasmoorde probeer oplos nie!!

Ronnie ·

Ek is seker dat die ondersoekers gerieflikheidshalwe van die gestroopte mielies vergeet het.

Mossie ·

Stem 100% saam met Bella-bok; HOEVEEL blankes word met OPSET vermoor en daar word NIKS aangedoen nie??

Dubbele standaarde ·

Nou sal ‘n mieliedief weer beskerm word soos ‘n koperkabeldief verdedig is. Die man wat die ongeluk oorgekom het en doodskismanne wat nie die koperkabeldief doodgemaak het nie, maar net wou skrikmaak is as RASSISTE uitgekryt en sit nou nog in die tronk SONDER verhoor, maar die massas plaasmoordenaars is nerens te siene nie. Nie hulle NAME of hulle GESIGTE word erens gewys nie. Blankes se volle name, en gesigte word so gou as moontlik in die pers vertoon, al het hulle nog nie eers verskyn nie .. lekker EENOOGIG met DUBBELE standaarde!

gerda ·

Wat soek die man met ‘n sak vol mielies in die mielieland? Het hy dit loop steel? Ek dink so. Boontjie kry sy loontjie.

Rina ·

“Talle” polisievoertuie om een man in hegtenis te neem??? Ek glo die man se weergawe. Sterkte aan hom en sy gesin.

Ilse ·

Ek sê ook hy is onskuldig. As jy gaan jag is daar sekere stappe om te volg om so iets te voorkom. Wie pak mielies daai tyd van die aand? Sy wergewer moes aan hom gesê het daar gaan varke gejag word daai aand en hulle soek niemand in die lande. Maklik, die maat was op die verkerde plek op die verkeerde tyd.

Johan van Wyk ·

Die oorledene het volgens getuienis nie vir die betrokke boer gewerk nie, hy is n mielie dief van een van die buurplase, dit laat mens dink of die nou n poelities gedrewe saak gaan word. Daar was geen “intend” om die mens te skiet nie.

Haat Grond oortreders ·

En so kry ‘n mielie dief toe wat hy verdien. Onwettig op ‘n eiendom wat nie aan hom ,die ANC of EFF behoort nie. Sal seker nou Staatsbegrafnis ontvang vir sy helde daad.

CK ·

Sonder enige skande sit hulle bankvas in die hofsaal. Pleks hulle werk

AL ·

So die staat is bevooroordeeld deur die klagte 6 te verander? Die plaaswerker was dus onregmatig op die buurplaas. Hoever wil die staat en die betogers die rasse politieke sensasie dryf?

Anoniem ·

Aan almal wat so aandring dat die doodstraf teruggebring moet word: hierdie is ‘n perfekte voorbeeld hoekom dit nie ‘n goeie idee is nie. Die landdros wat beslis het dat hierdie as skedule 6 saak aangehoor moet word, laat my alreeds kriewelrig voel.

Jacques ·

Ek stem. Ek het die argument al baie gebruik. Getuienis kan so maklik gefabriseer word en dit sal baie kos om die onskuld te bewys. Enige onnatuurlike dood moet deur die hof besleg word maar die is duidelik n geval van viktimisasie

Rudie ·

Die massas sal nou seker aanvoer hy hetagterstallige lonegeld(mielies) gaan haal. Geen diefstal hy het mos die reg om enigsins dag of nag op die buurplaas te wees

Alta ·

Duidelik ñ fratsongeluk. Dit is nie eens sy grond waarop dit gebeur het nie. Hy is doodgewone kabinetmaker uit die stad. Eerste weergawe van storie op 12 Feb was dat dit ñ boer was. Dit is jammer dat dit weereens buite verband geruk is deur media om ñ rasse debakel te laat ontstaan. So word haat aan gehits in ons land. Dit is ons almal se plig om seker te maak van ons feite voor ons oordeel fel.

AL ·

Die woord Boer/Farmer word te maklik negatief gebruik in wit op swart gebeure – Boere betaal met hul lewens met sulke uitlatings.

Milan ·

Hierdie man het die polisie na die die petalje ontbied.
Hy het sy samewerking deurlopend gegee. Waarom sal hy nou oor die aangeleentheid lieg? Dit was ‘n ongelukkige samevloeiing van verdoemende omstandighede. Maar nee, die rassekaart gaan nog bloots gery word. Die landros moet aub nie nalaat om n saak van diefstal teen die oorledene aanhanig te maak nie. Sal graag sy weergawe wou hoor. Sal waarskynlik alles ontken het, en beweer dat hy laat Sondagmiddag onkruid in die buurman se land vir ontspanningsdoeleindes geskoffel het.

Pastoors ·

Sterkte! Het ‘n familielid gehad wat ook ‘n oortreder per ongeluk raakgeskiet het na ‘n “waarskuwings skoot”. Die oortreder het gesterf in die hospitaal. Die saak het jare geneem om tot ‘n punt te kom. Die feit dat hy ingebreek en goedere gesteel het, het die hof nooit eers in oenskou geneem nie. Dit gaan ook baie afhang van die polisie wat eerste op die toneel was. Dink aan julle, dis hel. Hy was op die ou end skuldig aan strafbare manslag.

Magda ·

Wens die – DA, solidariteit en Afri forum wil so vi nig reageer om die mense te help soos wat die Polisie gereaggeer het om hom Sondagaand te arrestreer – Dit gaan nie oor die swart man wat geskiet is nie – dit gaan oor die Wit man wat n swart man geskiet het – KOM DA, SOLIDARITEIT EN AFRI FORUM KOM WYS NOU WAAR JULLE LOJALITEITE LE ASB??????

swanna ·

Het dieselfde ondervinding gehad met die polisie. Jy kan nie glo hoe gou hulle in getalle by jou huis met talle voertuie wanneer daar beweer word dat jy ‘n swart man geskiet het jan opdag maar het altyd die verskoning hulle het ‘n tekort aan vooertuie. By gese ek wonder of die bosvarke die skuldiges in die geval was wat die mielies gestroop het. Die bewyse is ooglopend sal ek se. Ek kry hom baie jammer want hier is ‘n nagmerrie wat vir hom wag. Ek hoop en bid hy het goeie wakker prokureurs wat hom by gaan staan. Sterkte ou vriend.

Johan ·

Asseblief net nie die DA nie, hulle sal seker maak hy sit lewenslank….

Johann ·

Ten minste neem ek waar dat die jagter ordentlik en betaamlik geklee is, ‘n respekvolle mens, waarom sou hy met ‘n leun tevore wil kom. Meer as wat ‘n ou van die mieliestelers sou kon sê

AL ·

As daar gesien word hy kry nie n regverdige verhoor of word teen gediskrimineer moet ons Afrikanervolk hom help. Dis omdat die lui betogers en hul politieke leiers druk plaas het op die staat wat sy klag na skedule 6 verhoog is.

Marius ·

Die eienaar van die plaas moes n diefstal saak gaan oopmaak het by polisie stasie al was die man onskuldig doodgeskiet om te bevestig hy moes nie daar gewees het.

Johann Barnard ·

Geen regstelsel in sa nie,geen mediese sorg nie,geen skoon water nie,geen kerk meer nie

Elsje ·

Hy het gesteel en toe word hy per ongeluk as n vark gesien en gejag. .

Leonie ·

Hoekom kan Gerrie Nel hom nie verteenwoordig nie. Hallo Afriforum waar is julle nou om ons te help?? Hy is onskuldig maar die regter sal dit weer omswaai omdat hy wit is. Sterkte!

Grassie ·

Leonie – hulle sal ongelukkig nie nou kan kom help nie want hulle is nog besig om vir ‘n skool in Nkandla se saak te veg.

Flooi ·

Leonie ek voel soos jy hoekom kan niemand wat kan die man help nie!! Dus nou hier waar ons mos kan wys ons kan saam staan en mekaar help! Maar nee Afriforum kan net smse uitstuur wat geld soek?? Wat het hulle al gedoen en gewys wat kan hulle doen!!?

vra ek ook ·

Vra ek ook…hulle is bitter stil na hulle uitgeblaker het dat hulle Nkandla se skooltjie gaan help. Met my bydraes? Ek sal veel eerder bydrae om die heksejag op hierdie arme gesin te beveg!

Anton Jacobs ·

Dit is belaglik dat n skietongeluk nou in n politiese saak omskep word. Wat soek die oorledende in die buurman se mielieland na donker? Absoluut belaglik…..

nhk ·

Dus baie jammer wat hier gebeur het. Gebede..gebede..gebede om hierdie man se onskuld te bewys. Sjoe.

Peet J ·

Ek hoop van harte dat die aangeleentheid in jou guns beklink gaan word, wat my verstand te bowe gaan is op grond waarvan het die direkteur die saak na ‘n skedule 6 aanklag verander is daar enige getuienis in die verband of is dit nou maar net ‘n geval van mog het treffe.

Johan ·

Kom ons hou die saak dop dit gaan baie bewys Positief of negatief , Maar die haat groei.Kyk Maar

Piet ·

Nogal ironies dat die man in die kop geskiet is. Het hy die gesteelde mielies in die sak probeer druk of het hy eerder probeer laagle sodat hy nie gesien word nie? As die landros iets beteken het sou hy reeds die saak uitgooi omdat daar nie voldoende bewysse is nie. Sterkte aan hierdie man, almal weet jy is onskuldig. Almal steur hulle net nie aan God se oordeel nie, die wat ons aardse reg so vertrap word.

LMF ·

Afriforum hier is jul kans om te bewys dat jul verdien om my maandelikse bydrae te regverdig dit was toe nie die varke wat die miellielande verwoes het nie hy het gesteel en ek bid nou vir Hepburn mag geregtigheid geskied

Ek glo jou ·

Hi Stephen soos reeds verlede week gesê, ek glo jou,nou met die meer besonderhede, kan die prentjie werklik vorm en bevestig dat dit werklik net ‘n ongeluk was. Ek stem saam met jou, jy kon dit nie voorsien. Die MRK moet werklik na jou reg ook kyk. Indien die man nie met ‘n kriminele daad besig was nie, sou hy nie vir ‘n vark aangesien gewees het nie. Mag jy die nodige ondersteuning en hulp kry, hou moed, ek is baie positief dat jou regshulp die eenvoudige terme aan die hof sal kan voorlê en dat hul sal verstaan.

Lulu ·

Weet ook van vriende wat so n tragiese gebeurtenis gehad het. Hulle moes betaal vir die begrafnis, vir emosionele skade en die lys het aangehou en aangehou en tot n regter dit gestop het. 1Miljoen R later. Waarom moet ons respek he vir ons regstelsel? Waar is die verkragters en mense wat onskuldige boere doodmask?

jean ·

Ongelukkig het die man, volgens die vuurwapen wet, 1 van die 4 belangrikste reels van n vuurwapen hanteer nie gevolg nie en dit is om te weet wie en wat jou teiken is en wat agter dit le. en daarom sal hy skuldig bevind word,miskien nie op moord nie maar op straftelike manslag.

Jy het 'n punt beet ·

Jy het ‘n punt beet jean, dolus eventualis moet ondersoek word en kan dit tot so skuldigbevinding gaan, maar soos jy dit stel het jy nie die omgewing en die omstandighede rondom die omgewing/teiken in ag geneem nie! Hy het geweet wat hy teiken, die detail rondom die teiken & wat gelei het tot hierdie ramp sal sy regshulp hanteer.

dance ·

nou ja as afriforum lede mag ons dan aandring dat Gerrie Nel die man op die lede se fondse verdedig?

Anoniem ·

Ek stem… Gerrie kon gerus hier help…. Die advokaat kostes beloop R85 000 per sessie… Julle verstaan nie waar deur hierdie familie gaan nie…. Dis verskriklik traumaties

Anoniem ·

Dankie ook weereens dat julle STEFAN se naam korrek spel… Nie eers die media kry dit reg nie….

wilma ·

Hukom word oortreding op privaat eiendom net geignoreer. Opi verkeerde tyd opi verkeerde plek. Net kriminele oortree op privaat eiendom. God sal sien dat geregtigheid geskied Mnr Hepburn. Politieke partye wat by hof sit hoop hul net so gretig om te werk ma ek twyfel

Alida ·

Dance moenie belaglik wees nie. Gerrie is nou n ondersoeker. Die reg sal sy loop neem. Ek voel bitter jammer vir Hepburn hy is onskuldig maar sy en sy gesin se hele lewe gaan verander. Nie alle Landdoste is onredelik en partydig nie.

Hannalie Jonker ·

Anders as al die ooggetuies hierbo, was ek nie daar nie so ek kan nie sulke uitgelese kommentaar lewer nie, maar ek wil net die Hepburn gesin sterkte toewens. Ek glo en vertrou als sal uitwerk soos dit moet

JJ ·

Ek sal nogal hou daarvan as een van daai lawaai makers in die hof, ‘n winkel besit. Dan wil ek so deur sy winkel loop en items links en regs van sy rakke af vat en in ‘n sak sit. Ek wonder of die shopowner daarvan gaan hou. Ons land is so verpolitiseer dat daar nie ‘n goeie end gaan wees nie

At ·

Dit is beslis nie die eerste en laaste keer dat iemand sterf vanwee ‘n jagongeluk nie. Om nou ‘n rasse-storie (soos gewoonlik!!) hiervan te maak, stel baie mense bloot aan naamskending en moontlike vervolging. Ek sou beslis alle partye gedagvaar het, wat my wil etiketteer as ‘n moordenaar.

Stem 100% saam ·

Absoluut goeie raad At, Mevrou Hepburn neem alle inligting, foto’s en boodskappe op rekord, gebruik hierdie geleentheid om rassiste op hul plek te sit.

Ronnie ·

Maroela, verduidelik asseblief vir my wat presies ‘n skedule 5 en 6 saak is.

Ouvrou ·

Waars al die witmense?? Gaan indersteun die stomme man by die hof. Ruk in julle duisende daar op. En kontak vir afriforum om Nel te stuur.

FM ·

Ek maak bydraes aan Afriforum en ek is 100% seker Afriforum sal meriete in die saak sien en die man verdedig. Laat dit dan n politieke kleur kry, maar die man is onskuldig. Ek hoop daar sal mettertyd n hulpfonds vir Hepburn gestig word. Hy het n vrou en 5 kinders. Kom Afriforum, ons maak staat op julle. Dis al lankal tyd vir SAAMSTAAN.

Oosie ·

IS JY ‘N LID!!?? IS HY ‘N LID!!!??? Dit is ‘n lede-organisasie. Geld val nie uit die lug nie…

Charmaine ·

So jammer ons boere word dosyne afgemaai….maar n frats ongeluk geniet arrestasie en hof voorkeur!!!! Mag en byvoeg by dosyne!!!! Julle maak my siek….sterkte aan gesin….

Anoniem ·

Hy is ‘n lid van beide Solidariteit en Afriforum. Selfs helpende hand…. Die gesin word verskriklik getraumatiseer, gedreig, gespoeg, op gevloek…. Julle kan duidelik sien hier is ‘n politieke slang in die gras…..

Helgard ·

Dis so jammer dat hy nou die “vark in die verhaal”is.
As dit baie donker is , sien jy net skaduwees en buitelyne … nie ‘n gebukkende mens met ‘n sak vol mielies wat langs hom staan nie. Het hy ooit geweet dat mense mielies daar steel in die nag ?Dis nie iets wat oral gesteel word nie.
Dis in vandag se tyd ‘n risiko om jou huis alleen te laat saans en nou moet jy nog almal om jou laat weet ook jy is nie tuis nie .. jy gaan jag die hele aand . (net om nie iemand raak te skiet wat in jou mielielande rondloop nie.)
Ai dis so hartseer dat ‘n skietongeluk gebruik word om kwaad te stook en mense verdag te maak teen mekaar. Mag net die waarheid uitkom en geregtigheid seëvier !
Sterkte

Dries ·

Ek weet wat dit is om bosvarke in die mielies te skiet en die ongeluk kon netsowel met my gebeer het ek sou die selfde opgetree het as Stefan.

Jan ·

So lank wat ons met n korrupte regering sit sal ons met n korrupte Polisie mag sit.Hoe dan anders die Polisie is in diens van die regering

hannes marais ·

die Hemelse Vader sluimer of slaap nie…die Boerevolk se tyd vir optree is naby…HY sal ons die oorwinning gee

Agtogwatnog ·

Onregverdig dat dit gepolitiseer word. Duer mense wat hier kommentaar lewer ook.
Wat moontlik kan tel teen beskuldigde.

Mens skiet nie as jy nie seker is van die teiken nie. Bosvark se sillouette nie selfde as hurkende mens nie.
Flitslig storie maak nie sin nie. Jy hou dit beiderhand. As jy klaar geskiet het gaan jy nie dier nader in die donker nie. As die dier gekwes is ????. Bosvark lyk glad nie soos mens as hy in jou rugting kyk nie. Om af te lei iets kyk in jou rugting moet jy duidelik die vorm kan identifiseer.?

Met besef dat hy moontlik n mens geskiet het hardloop hy eers vir n flitslig. Sal mens nie eers seker maak nie?

As iemand mielies steel sal hulle gebukkend loop met sak, nie gehurk beweeg nie.
Die aanklaer sal duer die verklaring werk en soortgelyke gevolgtrekkings maak. Verklaaring los my met baie vrae. Laat die gereg sy gang loop en die saak ondersoek word. Indien dit blyk dat daar moontlik onwaarhede is sal die ergste graad eers ondersoek word.

Op toeneel sal hulle sien op watter hoogte die persoon geskiet is. Die hoek wat projektiel duer slagoffer beweeg ens. Die saak het baie moontlikhede wat ondersoek moet word. Forensies sal baie kan bepaal. Dus staan ek op die kantlyn en wag dat feite voor gelê word. Alle sterkte aan beide die slagoffer se gesin en die gesin van die beskuldigde.
(PS. Om kos te steel is nie mense vermoor en verkrag nie.)

Mara ·

Wat het geword van regverdigheid in ons land? n Witman skiet per ongeluk n swartman dood en hy word onmiddelik gearresteer. Witmense word deur swartes gedreig om doodgemaak te word en die daad word by die word gevoeg, dit is blykbaar nie n oortreding nie. Die moorde op wittes neem toe en niemand is by magte om dit te stop nie. Die grusame moorde, verkragtings en martelings moet stop gesit word. Suid Afrika is ons almal se land. Wit, swart, bruin, watter kleur ookal, behoort in vrede saam te leef in ons mooi land. Mag geregtigheid geskied tussen alle rasse. Ons is keelvol vir die moorde op ons Boerevolk. Mag die Here elkeen beskerm teen die aaklige moorde. Dit is regtig hartseer om elke dag te lees van boere en geliefdes wat vermoor word. Dit is onaanvaarbaar en moet gestop word.

Racheltjie ·

My hart gaan uit na hierdie man wat moet veg om sy onskuld te bewys. Ek sit hier onder die Kaap…… kan ek vra dat van ons mense in die Noorde ASSEBLIEF die hofsaak sal bywoon en ook wys ons gee om – hoe wonderlik sal dit nie wees vir Stephan om ondersteuning te kry nie – wys asb. ons kan ook bymekaar staan !

johan ·

Ja jou arme, arme man. Ek wens daar was iets wat ek vir jou kon doen.

Gatvol ·

Die wet beskerm die skelem,stem saam met die bogenoemde skrywes

Piet ·

Ag nee mense, mens moet nie so twis nie. As Theuns ANC is dan is ek seker PAC. Die belangrike punt in hierdie sage is dat die persoon duidelik toetaal onskuldig is. Ja ek stem saam met ander skrywers dat Afriforum gerus hierdie man kon bystaan. Ek is steeds n lid van Solidariteit maar hulle het my ook nie gehelp toe ek hulle broodnodig gehad het nie. Ek het toetaal alleen gestaan toe die spreekwoordelike “pawpaw die fan strike”. Dit is maar hoe dit is, maar dit is nie hoe dit behoort te wees nie.

Jannie ·

Nee wat, hierdie ou gaan definitief sit. Definitief nalatig en dan moet hy hoop dolus eventualis kom nie ter sprake vir moord nie. Van wanneer af skiet jy net as jy ‘n geluid hoor en nie eers kan sien waarna jy skiet nie? Genade, hy moes ‘n flitslig gaan haal om te kan sien watse nonsens hy aangevang het na die skietery. Growwe nalatigheid sou ek se Waarskynlik strafbare manslag – so 8 jaar in die tjoekie.

Johannes ·

Sterk staan Stephan, mag jou onskuld bewys word.
Die dooie het sy eie lewe in gevaar gestel deur mielies te gaan steel in die donker…

Connie ·

Dan is daar mense wat die doodstraf wil terug bring. Raai wie gaan hang. ONS.

gerbrandt ·

Maroela plaas asb ‘n foto van die landros met sy naam?
Sien uit om dit te sien en te lees.

Gideon ·

So Bashomane is die “slim” meneer. En die geuienisse was natuurlik naby die oorledene wat soos ‘n bosvark hande viervoet gekruip het toe hy geskiet was – seker agter hom aangekruip om ook mielies te steel. Hulle is bang hulle word ook gevang vir mielies steel – dis die ding!
Het hierdie Bashomane matriek?
Ag tog wat man, wat het die man daardie tyd van die aand daar gesoek wat nie sy eiendom is nie? Die gesteelde sak mielies was seker op sy rug wat hom ‘n boggelvoorkoms gegee het. Ek vra weer wat het hy daar gesoek? Hy het kom steel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.