‘Jagongeluk’-saak: Man weer in hof

Stefan Hepburn tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Mariné Lourens

Stefan Hepburn, die man wat op aanklag van moord teregstaan nadat hy glo per ongeluk ʼn plaaswerker tydens ʼn jagtog doodgeskiet het, het Donderdag weer in die Modimolle-landdroshof in Limpopo verskyn.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is tot 29 Junie uitgestel vir nadere ondersoek. Volgens Mojapelo wag die staat nog op forensiese verslae wat uitstaande is.

Maroela Media het vroeër berig Hepburn en sy vrou het op 11 Februarie op ʼn plaas in die Tuinplaas-omgewing buite Modimolle bosvarke gaan jag. Hepburn het in sy verklaring wat aan die hof voorgelê is, gesê hulle het ná sononder in die mielieland gesit en vir die bosvarke gewag. Volgens Hepburn het hy ʼn donker voorwerp in die land gesien, wat soos ʼn groot bosvark gelyk en in sy rigting gekyk het. Hy beweer hy het ook die kenmerkende geluid gehoor van ʼn bosvark wat mieliestronke van die plant afstroop.

Hepburn het gesê hy het na die voorwerp gemik en geskiet. Toe die voorwerp ʼn vreemde geluid maak, het hy besef hy het moontlik iemand raakgeskiet. Die oorledene is later as Jan Railo (23), ʼn werker op een van die buurplase, geïdentifiseer.

Volgens Hepburn het polisiebeamptes, wat eerste op die toneel was, ʼn groot sak vol mielies ʼn paar meter van die oorledene in die land gevind. Hepburn het gesê hy vermoed Railo het gesit omdat hy besig was om mielies in die sak te sit.

Kapt. Richard Boshomane, die ondersoekbeampte in die saak, kon egter nie in sy getuienis tydens Hepburn se borgtogverhoor bevestig of ʼn sak mielies wel naby die oorledene gevind is soos Hepburn beweer nie.

Hy het aan die hof gesê met sy aankoms op die toneel was die liggaam van die oorledene reeds weggeneem. “Ek glo die beskuldigde [Hepburn] was op daardie plaas om die mielies te beskerm en enigiets te skiet wat hy daar aantref,” het Boshomane gesê.

Hepburn is in Februarie op borgtog van R15 000 vrygelaat.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Hepburn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Boerseun ·

R15 000. Howeveel, kry plaas roof (mos nooit moord) beskuldigdes, R2000, R3000?

Laat hom gaan, die oorledene het die wet oortree. Moet ek tronk toe as n dwaas voor my motor op die snelweg in hardloop?

Sektor 1234 ·

As jy steel kan dit nie as ”n grap beskou word nie, steel is steel, en strafbaar, jammer mielie dief is dood, maar boere verloor duisende rande vir diefstalle en wat dood gemaak word en niks word daaraan gedoen nie, Hepburn is wit en dis nie wit wat dood GESKIET IS NIE, vir swart sal die hele SA Polisie mag op die saak gesit word

AL ·

Dis wat ek ook gedink het. Hoekom moet wit mense so baie betaal vir borgtog?

AL ·

Van die kriminele kry tot R500 borgtog, maar dan is hul dik gesteel aan ander se eiendom.

Marius ·

Die polisiebeampte is baie duidelik vooroordeeld oor die saak, hy moet na die feite kyk- nie na wat hy glo….

Kiepie ·

Maroela, in die eerste sin sê julle hy het die man “per ongeluk” doodgeskiet. Beteken dit julle het sy weergawe reeds aanvaar as die enigste waarheid?

Janie Monsieur ·

Dagsê Kiepie,

Dankie vir jou kommentaar.
Die woord “glo” wat in die berig gebruik word wys daar word beweer dit was ‘n ongeluk, dit is wel nog nie in die hof bewys nie.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

EJ ·

R15000.00 borg vir wat. Hulle kan links en regs dood maak soos hulle wil en verkrag dan kry hulle R300 borg.

Manie ·

Ek wil nog weet wat het daardie man van die buurplaas in die mielieland gesoek in die nag. Hieroor word glad nie gepraat. Was hy besig om te steel want dan is n misdadiger doodgeskiet

Sputnik ·

Kiepie, ek glo nie vir ‘n oomblik dat hy direk (of enigsins) sou mik en vuur op die figuur indien hy vermoed het dat dit ‘n mens kon wees nie – wie sal só dwaas wees? Daarna het hy immers die regte ding gedoen deur hulp te onbied en die polisie te kontak. Ja, ‘n oordeelsfout is waarskynlik gemaak.

Se maar net ·

Hierdie is n ras ding. Die boer is wit dis hoekom hulle hom jag. Dit blyk dat die boer regtig bedoel te jag. Hy het onmiddelik hulp ontbied en nie net die skietery probeer toesmeer en die lyk iewers in n graf begrawe nie. Niemand sou mos geweet het nie. Dit is my opinie dat die boer se weergawe klink na die waarheid omdat hy dit nie probeer vedoesel het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.