‘Jagongeluk’: Talle betogers by hof

Foto: Mariné Lourens

Foto: Mariné Lourens

ʼn Groep betogers het Donderdagmiddag voor die Modimolle-landdroshof saamgedrom waar Stefan Hepburn verskyn in verband met die dood van ʼn plaaswerker, wat Saterdag op ʼn plaas in die Tuinplaas-omgewing buite Modimolle geskiet is.

Die betogers, waarvan die meeste in EFF en ANC-klere geklee was, het buite die hof gedans en gesing. Hulle eis dat Hepburn nie op borgtog vrygelaat word nie. Volgens die betogers was die skietdood van Jan Railo (23) ʼn rassevoorval en nie ʼn ongeluk soos hy beweer nie. Talle betogers het Black First Land First (BLF)-hemde aangehad waarop staan “land or death”.

Van die betogers het plakkate rondgeswaai met die woorde “White people are racist” en “That bastard must rot in jail”.

Foto: Mariné Lourens

Foto: Mariné Lourens

Hepburn het vroeër aan die polisie gesê hy en ʼn vrou het Saterdag omstreeks 20:30 op die plaas gaan bosvarke jag, toe die voorval gebeur het. Hepburn beweer hy het iets hoor beweeg en in die rigting van die geluid geskiet. Nadat hy en die vrou nader gestap het, het hulle glo besef iemand is raakgeskiet. Railo, wat ʼn plaaswerker op een van die naburige plase was, is op die toneel dood.

Hepburn sou na verwagting vandag om borgtog aansoek gedoen het. Maroela Media verneem egter die saak sal uitgestel word, omdat Hepburn se regsverteenwoordiger nie beskikbaar is nie.

Die hofordonnans het lede van die publiek Donderdag verbied om in die eerste ry van die publieke banke in die hof, reg agter die beskuldigdebank, te sit. Volgens lede van die publiek is dit vermoedelik omdat van die betogers tydens Hepburn se vorige hofverskyning Maandag op hom gespoeg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Manie ·

En wat van die arme boere. Wat sorg dat daar kos op ons tafels is elke dag. Maak hulle maar dood. Nee Meneer beskerm hul eerder. Ons is oppad na Zim se omstandighede toe.

Anna-Marie ·

Ons moet begin betoog elke keer as daar ‘n plaas aanval is. Hierdie land is soooo eensydig

Yolandie Le Roux ·

Ek wil net graag weet.
Wat het die plaaswerker van n naburige plaas 20:30 op n plaas gesoek waar hy nie hoort nie.
Ek voel jammer vir familie wat dalk n broodwinner verloor het.
Maar HOEKOM moet alles ALTYD rassisties wees

Magda ·

Jy sien nooit enige betogings as dit n Boer en sy gesin is wat vermoor is nie ? Die was n AFSKUWELIKE ONGELUK – STOP KILLING THE FARMERS PLEASE!!!!

Boerseun ·

Jy sal ook nie, jy is dan sy vyand. Maar problem hier is nou die weermag in zim kan nie meer sy soldate betaal nie, opgeleide soldate voer die rooftogte uit.

Jakalas ·

Wat het ek gesê toe hierdie artikel op die web kom? EFF en ANC gaan van hierdie molshoop ‘n berg maak. Klomp aasvoëls.

Johnny ·

HOEKOM was julle nie by die hofverrigtinge waar die SEUNTJIE met ‘n mes gesteek is of die DOGTERTJIE van 8 met ‘n REWOLWER teen die kop gedreig is nie? Hoekom was julle nie by die BALFOUR moorde se betoging nie? O gaats, die slagoffers wat WIT en ONSKULDIG. Julle verdedig mos koperkabeldiewe en onwettige jagters .. ‘n Witte mag nie ‘n ONGELUK in die donker maak nie, maar ‘n groep van 8 swartes mag VIER wittes voor die voet doodskiet .. ERENS is die skaal besig om erg ongebalanseerd te raak …

Liezl ·

Ek stem. Kyk nou net na die plakkaat…Violence against farm workers must stop WHAT???? Dit was ‘n ongeluk. Duidelik ken hulle nie die verskil nie. VIOLENCE AGAINST FARMERS AND FAMILY MUST STOP, sou ek sê

chrissie ·

Dit was n ONGELUK!!!!!!! nee maar dalk moet ons boere bietjie ook betoog

Boerseun ·

As hulle doen dan spring die beeld, RSG en al die ander skapies op hulle hoe perde en word die boere as ver regs en rasisies afgemaak, ook deur hierdie einste maroela lesers.

Lizel ·

Jy sien die verskil is dat hulle Saam Staan as een van hulle dood gemaak word of dit nou ANC of EFF en of dit nou n ongeluk is of nie. Wat doen ons as daar verdagtes in die hof verskyn wat ons boere uitmoor? Niks nie! Wat keer ons om saam te staan en ook te betoog om ook na die Unie gebou te loop om ook plakkate te maak met die gruwe moord gesigte van ons boere.Niks nie! Kom ons hou op om net kommentaar te lewe en doen iets omtrent dit.

AL ·

Dis n skande dat ons in ons afwesigheid skitter by ons eie mense se moorde. Ons gaan nie simpatie verwerf of die nuus haal as ons net wegbly nie.

se net ·

Ja hoekom betoog ons ook nie as daar mense in die hof verskyn nie. Die moontlike antwoord is dalk dat ons werk en geld moet verdien om kos op ons tafels te sit, ons sit nie rond en verwag die regering moet betaal nie, ons moet sorg vir ons families. Ek glo as ons almal kon sou ons daar gewees het maar net so glo ek ook ons hou liewerste ons mond en ons werk want as ons daar is sal daar net n oorlog uit breek. My opinie

Leeutjie ·

AL: Ons het ons werk waaraan ons prioriteit moet gee. Ons kan nie almal opdaag en plakkate rondswaai nie. Hierdie klomp word seker gratis vervoer en is werkloos…of hulle word betaal om te gaan ronddans!!!

Moegvir ·

Ons sit gewoonlik maar by die werk, want as ons nie werk nie, word ons nie betaal nie.

Ano Nymous ·

Ons mense sal nooit saamstaan en betoog nie want sodra ons dit doen word die storie verdraai deur die media en word ons uitgekryt as “ver-regse” rassiste.

sjoe ·

Ek verstaan die plaas werker is geskiet vir hulle familie is dit swaar, maar is dit regtig ok dat die klom met hemde rondloop wat daar op staan land or death met ander woorde hulle wakker die moord op boere aan???????

Mariette Hammann ·

Maroela Media. Deur die woord jagongeluk so te skryf : ‘jagongeluk’ suggereer julle reeds dat dit nie ‘n ongeluk was nie en is julle bevooroordeeld voordat die saak begin het. Laat asseblief hierdie oordreww en foutiewe gebruik van hierdie leestekens uit.

nat ·

Dit was nou n ongeluk maar kyk nou hoe verander n Pret uit stappie Na die onaanvaarbar optree.Hulle Kant nou als so vererg of hulle self daar was toe ongeluk plaas gevind het.Nr 1 wat soek hy op plaas waar hy nie hoort nie .NR hoekom sou die Boer hulp ontbied as hy aspres hom wou skietMaar nou JA as die land se president iets teen wit mense het hoe kan mens nou beter verwag.

Moeg vir Misdaad ·

Stem saam, ons moet by elke verhoor opdaag met ons eie plakkate, die aanvallers moet so bang wees dat hulle nie vir borg vra nie.

Antoinette ·

Betoog hulle en maak hulle hul stem DIK as ons arme plaasboere of blankes vermoor word.NEE

Lw ·

Nee hulle sal nie dis ons werk. As boere vermoor word om daar met ons plakkate te gaan staan. Maar ons is te besig!!! Dis die verskil. Ons wil agter ons rekenaars en fone wegktuip.

PvZ ·

Wat word bedoel met “land or death”. Beteken dit dat Andile Mngxitama, leier van BFLF, aanspreeklik gehou kan word vir die plaasmoorde. Hy verklaar tog dat as jy nie die plaas gee nie, jy doodgemaak moet word. Wat beteken “blood – blood”. Verstaan ek van daardie plakaat dat ons vir elke boer wat doodgemaak word, een lewe mag neem. Wat het gebeur toe Julius Malema in die hof aangevat is oor sy uitsprake? Hy stap uit die hof uit, en maak net erger uitsprake. Ek raak naar in my maag as ek dink waar hierdie goed gaan eindig. Eintlik weet ek presies waarheen ons oppad is.. En dink ons almal weet. Eintlik flous ons net onsself…

Christo ·

11 boere vermoor in laaste 2 weke. Wat sien jy op tv daaroor? Die oorlog is stil en gemaklik teen wit mense!

Moeg vir misdaad ·

Tot my verbasing het SABC 2 vanoggend daaroor berig.

MANIE ·

Hoekom vra so baie mense wat kommentaar lewer alewig waar is die betogers as dit by witmense se verhoor is. Lig julle uit julle gemakstoele en offer jou tyd op en gaan staan self by die hof met plakkate. Moet nie verwag anc of eff gaan dit namens jou doen. Of is dit weereens die geval van die mense praat baie maar wil nie te graag iets doen?

Woedend ·

Ek stem Manie, die ding van die hulle is, hulle staan saam – al weet hul nie eers waaroor dit gaan nie, maar sy “comrade” is “te na gekom” en veg tot die dood sal hulle… Ons blankes is maklik om te praat en planne te maak, maar wanneer “push comes to shuff” hardloop ons weg en kom niks daarvan nie. Ons moet ook begin saam staan!!

Burger ·

Mens sou hoop die DA (waarvoor die blankes gestem het) sou dit doen. Die Blankes in SA moet hulle werk oppas .. hulle kan nie elke tweede daag gaan toyi toyi nie. Imagine, 30 plaasaanvalle in twee weke, kan jy 30 dae afvat by die werk in twee weke? Ek het nie eers soveel verlof in ‘n JAAR nie, wat nog te sê ‘n maand. Dit is so dat almal praat en niks doen nie, maar jy moet darem realisties ook wees. Die betogers word met busse aangery, hulle kos en themde en petrol word vir hulle vir die dag betaal, en hulle het in elk geval nie werk nie, kry tien teen een ook ‘n fooitjie vir die dag, soos jy weet werk dit nie so met witmense nie. Weet net die RYK wittes en ARM wittes sal nooit bymekaar staan nie, ook nie die BOERE en SAKEMANNE nie, hulle behoeftes verskil, daarom geen samewerking nie.

Woedend ·

En wat van die blanke vrou wat 4 dae terug vermoor is en haar oe uitgesteek – niemand se niks!!! Wat van al die TALLE boere wat DAAGLIKS vermoor word – dit is ook rassisties!! Nee kyk, vir hierdie land is ek gatvol verby.. Ek en my kinders leef heeldag in vrees en vir wat!!! Uit wil ek baie vinnig uit die land uit!

pj ·

Ek stem saam ek dink almal wat so aangaan oor die gevalle, as die volgende saakvoor kom waar daar n boer dood gemaak is , dan staan ons daar met plakkate en begin die sodat die wereld kan sien wat aangaan hier….Swartes kry alles reg en ons wittes is besig om uitgemoor te word en ons doen niks…

piper ·

een rede waarom witmense nie by die howe opruk nie is dat die witmense by die werk is om geld te verdien om sy belasting te kan betaal. die klomp betogers het nie een n werk nie en het niks anders te doen nie. hulle leef of van die staat of steel of albei.

se net ·

Ek het nou net iets geplaas maar wat ek ook nou dink, daar was betogers gewees met die Poppie se moord, maar daar is nie betogers by plaas moorde nie. As ek daar gebly het sou ek maar ongelukkig bly ek nie daar nie.

Penny ·

Mense maak gereed ,die groot moeilikheid kom ,dinge kan nie so aangaan !!!

Oom Piet ·

Hoekom moet daar in ‘n hof op iemand gespoeg word , dit is mos nie beskaafd nie.

**anoniem** ·

Ek wonder wat gaan hulle doen as daar nie meer boere is wat hulle van kos voorsien nie? Dit sit beslis nie in ons “wonderlike” regering se broek om “boerderye” te bedryf nie…. hulle kan nie eers die flippen land regeer nie. Ek raak nou keelvol vir die gewetenloosheid van hierdie moordenaars!! Hulle kom letterlik weg met moord en dan het hulle nog ‘n flippen royal tyd in die tronk voordat hulle vrygelaat word om net weer dieselfde oor en oor te doen. Die buiteland sien net altyd die sleg raak “hoe wreed ons kastig met die swart nasie is”, want dit is wat ons regering wil hê die buiteland moet sien. Ek weet wraggies nie wat van ons land gaan word nie, veral nie van ons wit boere nie… ons is letterlik besig om ‘n “bedreigde spesie” te word.

Farmer ·

Die regering gee nie om nie, hoe leef die mense in ZIM? Die ouens op voetsoolvlak gaan dood van die honger en die Regeringsamptenare leef in weelde. Hulle voer kos in en eet hulleself vol, terwyl die ondersteuners van voedselhulp afhanklik is. Daar is geen logiese redenasie vir hierdie mense nie .. solank hulle kos het het hulle ‘n saak met die boere, veral as hulle wit is. Kosvoorsiening en belasting dink hulle gaan daar altyd wees, al vernietig hulle alle boere en besighede. Die buiteland sien NET die wit op swart geweld, geen SWART op wit geweld nie. Hulle gee ook nie om nie, want hulle ‘plig’ teenoor SA om Apartheid te breek, is volbring . so who cares. Wie van ons gee om oor Sirie? Ek verloor beslis nie slaap oor hulle nie terwyl kindertjies daagliks in die oorlogsone sterf!

CAB ·

Ek gaan nie eens die berig lees nie. Die SA maak my siek. Dit se ek nou namens vir die autistiese seun wat met n mens heater was en die geweet wat teen die 8 jarige se kop gehou was met die woorde ek gaan haar dood maak en haar ma verkrag. Dit se ek vir Elke blanke persoon wat al verloor is. Vat Julle plakkaate en gaan dans om zumu se korupte huis. Want ek as blasting betaaler en beskaafde suid Afrikaner is moeg om te sorg. Ons moet begin weer om te werk en by Howe dans en hoelaat eis. Soos die res van die 18.5 miljoen ander suid Afrikaner. Net mooi genoeg is genoeg.

piper ·

ie blankes moet almal n jaar se kosvoorraad opbou en stoor. dan moet al die blanke boere vir n jaar niks produseer nie. kyk hoe gaan hulle dan die boere smeek om te produseer

hannes marais ·

waars die witboere van warmbad en nylstroom wat stephan moet ondersteun by die hof…SIES witmense voel vir mekaar niks.hoe moet ons nog saamstaan…SKANDELIK

Yes Hannes ·

Ek stem saam Hannes Marais. Die wittes distansieer hulleself onmiddellik van die persoon wat die oortreding begaan het, terwyl die swartes selfs hulle moordenaars en verkragter vriende gaan ondersteun by die howe. Die doodskismanne was ‘n goeie voorbeeld, so ook hierdie man wat regtig ‘n ongeluk oorgekom het, en nou as ‘n rassis uitgeskel word. Die boere is te bang/skaam om met hom te assosieer, netnou word hulle raakgesien, of netnou word hulle ook gevictimise. Geen regsman sal sy dienste aanbied nie, hy is gebrandmerk as ‘n wit rassis terwyl daar standbeelde vir SWART rassiste opgerig word. Dit is skokkend en voordat ons blankes mekaar nie ondersteun nie, gaan dit NIE beter in SA gaan nie.

Naarword ·

Verdedig julleself mense, hierdie dinge maak oorlog teen ons.

Johann ·

De moer met hulle….alles wat n wit Man of Vrou doen is gemerk op rasisme.Pik by Zuma en Julias julle tyd breek baie na aan n opstand van waarvoor “JULLE.” NIE voor bery is nie.God slaap nooit assook die verdrukte BOER….onthou net dit wat jy saai sal jy maai.!!! Moeg vir die klomp se “EISH” we have the white “MAN”…gee nog tou en kyk.

Stefan ·

Jan 2017
Plaasaanvalle :46
Plaasmoorde: 10
Feb 2017(tot 14/02)
Plaasaanvalle:30
Plaasmoorde:11
21 mense dood in plaasmoorde in 45 dae (blankes)

Dan ·

Stefan, hoekom gee jy net die syfers vir plaasaanvalle en moorde? Wat van die blankes wat in residensiële gebiede vermoor is in dieselfde tydperke …

n ·

ons wittes moet ook begin “toi-toi” en skryf “stop farm killings”

Help Legal Eagles ·

Aangesien ek nie ‘n legal eagle is nie wil ek graag vir die legal eagles wat hier rondhang vra .. HOEKOM word mense so lank aangehou sonder verhoor? Die DOODSKIS manne is steeds in die tronk? Die jagongeluk man is steeds in die tronk .. hulle is nog nie verhoor of gevonnis nie, is daar ‘n MAKSIMUM tydperk wat hulle aangehou kan word sonder verhoor? Indien wel, wat is dit? Want sover ek dit het (as leek) mag aanhouding in die tronk nie as STRAF dien voordat jy gevonnis is nie, of mis ek iets hier? Ek verstaan die Boeremag manne (Pretorius & Kie) sit ook nog in die tronk sonder dat hulle gevonnis is, is dit waar? Hoekom help hulle regsmanne nie? Verstaan nie die goed nie.

peanut ·

Heeeelllloooooooo – hulle is wit!!!!
Jy moet mos teen die tyd al weet daar is n verskil. By die een groep n oortreding begaan, by die ander n nasionale sport gedoen

Anoniem ·

Ek gaan vir my ‘n bord laat maak en orals op my plot laat aanbring – Hier skiet ons bosvarke! Die mede plot bewoners se gronde is mos deurloop plekke en gee enige moordenaar kans om ook ‘n ander een se grond te infiltreer. Nee, die staat kan liewers oortreders van grond probeer stop. Ek het ‘n reg om my, my gesin, my grond, my eiendom te beskerm. Dit gaan rof op die oomblik.

SARIE VAN HEERDEN ·

Om iets positiefs te doen om te dien as teenvoeter teen moorde, aanvalle en gewone kriminele optredes teen wittes moet ons bediendes inneem op ‘n een-dag-per-week basis. As hul sien waar die geld vandaan kom kan hul dalk anders dink.

balao ·

Hierdie is n eerbare man, wat besef het hy het n oordeelsfout gemaak, en onmiddelik polisie toe gegaan om dit aan te meld. Was hy egter oor-gepigmenteer, het hy die man se hande en voete vasgebind, sy kop inmekaar geslaan, n stuk draad om sy nek gebind en bietjie gewurg, net vir die pret, sy broek afgetrek, n stok van agter in hom opgedruk, en dan gesorg dat hy in die nag verdwyn, om net nooit weer gesien of gevang te word nie – en geen haan sou daarna weer kraai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.