Sean Kotzin wat sy seun per ongeluk by ʼn jagskou in Midrand geskiet het, sal na verwagting Woensdag in die Alexandra-landdroshof verskyn.
Kotzin is aangekla van die nalatige gebruik van ʼn vuurwapen. Hy is op 30 April in hegtenis geneem en is vrygelaat op borgtog van R2 000 tydens sy eerste verskyning in die hof. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.
Sy sewejarige seun is kritiek beseer toe sy pa se vuurwapen per ongeluk in ʼn toiletafskorting by HuntEx2014 by Gallagher Estate in Midrand afgegaan het. Hy is in die bors getref. -SAPA
Lees ook:
Vuurwapenskou: Pa aangekla wat seun per ongeluk skiet
Pa skiet seun per ongeluk by vuurwapenskou
Maroela, is daar enige positiewe nuus oor die jong seun?
Ek voel vreeslik jammer vir die Pa , alhoewel mens nie enige naltighied met ‘n vuurwapen ligtelik kan opneem nie vind ek die R 2000 borg belaglik, dit was steeds nie ‘n beplande aksie om iemand te beseer nie…
As mens moor en verkrag kom jy uit op R 500.
Ek vra net ?
En ja Esti ,ek stem saam hoe gaan dit met die seun Maroela ?