Jagskou: Pa vlugtig in hof

Argieffoto

Argieffoto

Sean Kotzin wat sy seun per ongeluk by die Huntex2014-jagskou in Midrand geskiet het, het Woensdag vlugtig in die Alexandra-landdroshof verskyn.

Die saak is tot 3 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.

Staatsaanklaer Ayanda Bakana het gesê die ballistiese en mediese verslae is nog uitstaande.

Kotzin is aangekla van die nalatige gebruik van ʼn vuurwapen. Hy is op 30 April in hegtenis geneem en is vrygelaat op borgtog van R2 000.

Sy sewejarige seun is kritiek beseer toe sy pa se vuurwapen per ongeluk in ʼn toiletafskorting by HuntEx2014 by Gallagher Estate in Midrand afgegaan het. Hy is in die bors getref. – SAPA

Lees ook:
Jagskou: Pa weer in hof ná hy seun per ongeluk skiet
Jagskou-skietongeluk: Seun terug skool toe
Jagskou: Pa in hof wat seun per ongeluk skiet
Vuurwapenskou: Pa aangekla wat seun per ongeluk skiet
Pa skiet seun per ongeluk by vuurwapenskou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shannon ·

Traumatic enough as it is. Dad, who wears a loaded weapon to a public show, is an idiot for that. But why, when literally thousands of people are murdered and tortured each year with little or no conclusion to the relatives, would the precious S.A.P.S. arrest a father who must be going through hell for his stupidity ?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.