Jagskou: Pa weer in hof ná hy seun per ongeluk skiet

Dag 1 van HuntEx2014 by Gallagher Estate Foto: HuntEx, Facebook

Dag 1 van HuntEx2014 by Gallagher Estate Foto: HuntEx, Facebook

Sean Kotzin wat sy seun per ongeluk by die Huntex2014-jagskou in Midrand geskiet het, sal na verwagting Woensdag weer in die Alexandra-landdroshof verskyn.

Kotzin is aangekla van die nalatige gebruik van ʼn vuurwapen. Hy is op 30 April in hegtenis geneem en is vrygelaat op borgtog van R2 000.

Sy sewejarige seun is kritiek beseer toe sy pa se vuurwapen per ongeluk in ʼn toiletafskorting by HuntEx2014 by Gallagher Estate in Midrand afgegaan het. Hy is in die bors getref.

Tydens sy vorige hofverskyning is die saak uitgestel vir verdere ondersoek. – SAPA

Lees ook:
Jagskou-skietongeluk: Seun terug skool toe
Jagskou: Pa in hof wat seun per ongeluk skiet
Vuurwapenskou: Pa aangekla wat seun per ongeluk skiet
Pa skiet seun per ongeluk by vuurwapenskou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.