Jagskou-skietongeluk: Pa weer in hof

Dag 1 van HuntEx2014 by Gallagher Estate Foto: HuntEx, Facebook

Dag 1 van HuntEx2014 by Gallagher Estate Foto: HuntEx, Facebook

Sean Kotzin wat sy seun glo per ongeluk by die Huntex2014-jagskou in Midrand geskiet het, se saak kom Donderdag weer in die Alexandra-landdroshof voor.

Kotzin, wat sy eie besigheid besit en bestuur, se saak is op 3 Julie deur landdros Deon Schnetler tot vandag uitgestel omdat die staat nie gereed was nie. Die saak is vroeër ook op 11 Junie uitgestel omdat die ballistiese en mediese verslae nog uitstaande was.

Staatsaanklaer Ayanda Bakana het op 3 Julie aangevoer die ballistiese verslag is afgehandel, maar volgens protokol moet die ondersoekbeampte dit in Pretoria gaan oplaai. “Die ondersoekbeampte kon egter nie bereik word nie. Sy foon het net gelui en hy het nie geantwoord nie,” het Bakana destyds gesê.

Lee Binneman, Kotzin se prokureur, het beswaar aangeteken en versoek dat die saak van die hofrol geskrap word. Hy het gesê dat die tyd wat Kotzin aan hofverrigtinge spandeer, sy kliënt belemmer om vir sy familie te voorsien.

“As ons terugkeer en die staat is steeds nie gereed nie, gaan ons daarop aandring dat die saak van die rol geskrap word,” het Binneman aan die hof gesê.

Kotzin word aangekla van die nalatige gebruik van ʼn vuurwapen. Hy is op 30 April in hegtenis geneem en is vrygelaat op borgtog van R2 000.

Sy sewejarige seun is kritiek beseer toe sy vuurwapen per ongeluk in ʼn toiletafskorting by HuntEx2014 by Gallagher Estate in Midrand afgegaan het. Hy is in die bors getref. Die seun, nou agt, is sedert die voorval ontslaan en het in Mei weer teruggekeer skool toe.

Lees ook:
Jagskou-skietongeluk: “Saak moet van rol geskrap word”
Jagskou: Pa vlugtig in hof
Jagskou: Pa weer in hof ná hy seun per ongeluk skiet
Jagskou-skietongeluk: Seun terug skool toe
Jagskou: Pa in hof wat seun per ongeluk skiet
Vuurwapenskou: Pa aangekla wat seun per ongeluk skiet
Pa skiet seun per ongeluk by vuurwapenskou

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Saak hoeveel keer uitgestel … maggies die man was/is skuldig en dit was n ongeluk. Deur hoeveel trauma is hy en sy gesin, maggies hoop alles kom tot n punt. Hier word kosbare tyd vermors …… Sterkte aan Sean Kotzin en gesin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.