Jagskou-skietongeluk: “Saak moet van rol geskrap word”

Argieffoto

Argieffoto

Sean Kotzin wat sy seun glo per ongeluk by die Huntex2014-jagskou in Midrand geskiet het, se saak is Donderdag weer in die Alexandra-landdroshof uitgestel omdat die ondersoekbeampte glo nie beskikbaar was nie.

Die saak is op 11 Junie tot vandag uitgestel omdat die ballistiese en mediese verslae nog uitstaande was.

Staatsaanklaer Ayanda Bakana het aan die hof gesê die ballistiese verslag is afgehandel, maar volgens protokol moet die ondersoekbeampte dit in Pretoria gaan oplaai. “Die ondersoekbeampte kon egter nie bereik word nie. Sy foon het net gelui en hy het nie geantwoord nie,” het Bakana gesê.

Lee Binneman, Kotzin se prokureur, het beswaar aangeteken en versoek dat die saak van die hofrol geskrap word. “My kliënt het die reg tot ʼn regverdige en spoedige verhoor, die saak is al voorheen finaal uitgestel na vandag,” het Binneman gesê. Hy het gesê Kotzin besit en bestuur sy eie besigheid, en dat die tyd wat hy aan hofverrigtinge spandeer, hom belemmer om vir sy familie te sorg.

Landdros Deon Schnetler het die saak tot 17 Julie uitgestel.

“As ons terugkeer en die staat is steeds nie gereed nie, gaan ons daarop aandring dat die saak van die rol geskrap word,” het Binneman gesê.

Kotzin word aangekla van die nalatige gebruik van ʼn vuurwapen. Hy is op 30 April in hegtenis geneem en is vrygelaat op borgtog van R2 000.

Sy sewejarige seun is kritiek beseer toe sy vuurwapen per ongeluk in ʼn toiletafskorting by HuntEx2014 by Gallagher Estate in Midrand afgegaan het. Hy is in die bors getref. Die seun, nou agt, is sedert die voorval ontslaan het in Mei weer teruggekeer skool toe. – SAPA

Lees ook:
Jagskou: Pa vlugtig in hof
Jagskou: Pa weer in hof ná hy seun per ongeluk skiet
Jagskou-skietongeluk: Seun terug skool toe
Jagskou: Pa in hof wat seun per ongeluk skiet
Vuurwapenskou: Pa aangekla wat seun per ongeluk skiet
Pa skiet seun per ongeluk by vuurwapenskou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Ek stem. Die saak moet van die rol geskrap word. Dit was ‘n ongeluk. Waarom dit nog moeiliker maak vir die pa? Hy voel al klaar sleg en skuldig oor wat gebeur het.

Skrap die saak dat hulle kan aangaan met hulle lewens.

Hendrik ·

Verskoon my nou maar as ek hard hieroor klink, maar ons kan nie vuurwapenveiligheid ligtelik afmaak nie. Ek glo hy is baie jammer en voel baie sleg dat dit gebeur het, maar hy was nalatig in my oë. Die reg moet sy gang gaan en hy moet die gevolge van daardie nalatigheid dra. Laat ons almal meer weer die les hieruit leer dat vuurwapens verantwoordelik hanteer moet word. Laat ons maar almal weer na ons vuurwapenopleiding gaan kyk.

Indien ‘n persoon nie verantwoordelikheid het om sy wapens veilig te hanteer en berg nie, behoort hy nooit ‘n lisensie in die eerste plek te gekry het nie. Ek voel jammer vir die man, maar om te vra dat die saak van rol geskrap moet word, klink na my vir ontduiking van sy verantwoordelikheid.

AmY ·

Ek hoor wat jy sê Hendrik, maar ongelukke gebeur in ‘n oogwink.

Dan moet elke pa of oom of oupa wat dalk al per ongeluk met ‘n kar oor ‘n baba of kind gery het ook in die hof verskyn. Al was dit ook ongelukke gewees.

En ek weet die het niks met vuurwapenveiligheid te doen nie, maar ‘n ongeluk is ‘n ongeluk en dit gebeur vinniger as wat mens mens se oë kan knip.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.