Jagskou-skietongeluk: Saak wéér uitgestel

Argieffoto

Argieffoto

Sean Kotzin wat sy seun glo per ongeluk by die Huntex2014-jagskou in Midrand geskiet het, se saak is Donderdag weer ná ʼn vlugtige verskyning in die Alexandra-landdroshof uitgestel.

Dit is nog nie bekend gemaak waarom die saak vandag uitgestel is nie. Die saak is tot 31 Julie uitgestel en Kotzin se borgtog is verleng.

Kotzin, wat sy eie besigheid besit en bestuur, se saak is op 11 Julie deur landdros Deon Schnetler tot vandag uitgestel omdat die staat nie gereed was nie. Die saak is vroeër ook uitgestel omdat die ballistiese en mediese verslae nog uitstaande was. Lee Binneman, Kotzin se prokureur, het tydens die vorige uitstelling beswaar aangeteken en versoek dat die saak van die hofrol geskrap word. Hy het gesê die tyd wat Kotzin aan hofverrigtinge spandeer, belemmer sy kliënt om vir sy familie te voorsien.

Kotzin word aangekla van die nalatige gebruik van ʼn vuurwapen. Hy is op 30 April in hegtenis geneem en is vrygelaat op borgtog van R2 000.

Sy sewejarige seun is kritiek beseer toe sy vuurwapen per ongeluk in ʼn toiletafskorting by HuntEx2014 by Gallagher Estate in Midrand afgegaan het. Hy is in die bors getref. Die seun, nou agt, is sedert die voorval ontslaan en het in Mei weer teruggekeer skool toe.

Lees ook:
Jagskou-skietongeluk: Pa weer in hof
Jagskou-skietongeluk: “Saak moet van rol geskrap word”
Jagskou: Pa vlugtig in hof
Jagskou: Pa weer in hof ná hy seun per ongeluk skiet
Jagskou-skietongeluk: Seun terug skool toe
Jagskou: Pa in hof wat seun per ongeluk skiet
Vuurwapenskou: Pa aangekla wat seun per ongeluk skiet
Pa skiet seun per ongeluk by vuurwapenskou

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.