Jagskou-skietvoorval: Pa weer in hof

Dag 1 van HuntEx2014 by Gallagher Estate Foto: HuntEx, Facebook

Dag 1 van HuntEx2014 by Gallagher Estate Foto: HuntEx, Facebook

Sean Kotzin wat sy seun per ongeluk by die Huntex2014-jagskou in Midrand geskiet het, sal na verwagting Donderdag weer in die Alexandra-landdroshof verskyn.

Kotzin is aangekla van die nalatige gebruik van ʼn vuurwapen. Hy is op 30 April in hegtenis geneem en is vrygelaat op borgtog van R2 000.

Sy sewejarige seun is kritiek beseer toe sy vuurwapen per ongeluk in ʼn toiletafskorting by HuntEx2014 by Gallagher Estate in Midrand afgegaan het. Hy is in die bors getref.

Tydens sy vorige hofverskyning is die saak uitgestel omdat die ballistiese en mediese verslae steeds uitstaande was. – SAPA

Lees ook:
Jagskou: Pa vlugtig in hof
Jagskou: Pa weer in hof ná hy seun per ongeluk skiet
Jagskou-skietongeluk: Seun terug skool toe
Jagskou: Pa in hof wat seun per ongeluk skiet
Vuurwapenskou: Pa aangekla wat seun per ongeluk skiet
Pa skiet seun per ongeluk by vuurwapenskou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.