Jagter steeds in ernstige toestand ná buffel hom gaffel

FC Prinsloo is ersntig beseer nadat ‘n buffel hom gegaffel het. (Foto: Facebook)

FC Prinsloo, die beroepsjagter wat verlede week ernstig beseer is nadat ʼn buffel hom gegaffel het, is steeds in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal in Polokwane.

Maroela Media het vroeër berig Prinsloo, wat kliënte op ʼn jagtog geneem het, is verlede Dinsdag beseer toe die buffel, wat in ʼn strik gevang was, hom gegaffel het. Die voorval het in die Makuya-reservaat naby Pafuri plaasgevind. Die dier, met ʼn afgebreekte kabelstrik om sy voorbeen, het Prinsloo glo uit ʼn digte bos bestorm.

Na verneem word, het die dier Prinsloo gestamp en op die grond vasgepen, maar weggehardloop nadat hy een van die spoorsnyers wat saam met Prinsloo was, gesien het.

Prinsloo is ʼn beroepsjagter by Bushmans Quiver, ʼn jagonderneming in Limpopo.

Prinsloo se broer, Johan, het Vrydag gesê hy het intussen weer ʼn operasie ondergaan om enige tekens van infeksie te monitor. Prinsloo word ook steeds onder verdowing gehou, maar sy infeksie en koors verbeter geleidelik, het Johan Prinsloo gesê.

Hy is egter steeds in ʼn baie ernstige toestand.

Volgens Johan word daar baie goed na sy broer in die hospitaal omgesien. Op doktersaanbeveling gaan FC in dié stadium nie na ʼn private hospitaal oorgeplaas word nie.

Johan het ook gesê talle mense ondersteun hulle in dié tyd.

Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) se Bewaring- en bemagtigingsfonds het intussen met ʼn geldinsamelingsprojek vir Prinsloo, wat nie ʼn mediese fonds het nie, begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

3 Kommentare

SjN ·

Vang die strikstellers en hou hul verantwoordelikheid vir sy mediese uitgawes.

AndrewL ·

Ek het verneem in Swaziland is tronkstraf verpligtend vir wilddiefstal, maar hier sal dit die mense seker kwaad maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.