Jagter sterf ná buffel hom gaffel

FC Prinsloo is ersntig beseer nadat ‘n buffel hom gegaffel het. (Foto: Facebook)

FC Prinsloo, die beroepsjagter wat verlede week ernstig beseer is nadat ʼn buffel hom gegaffel het, is vanoggend in ʼn hospitaal in Polokwane oorlede.

ʼn Familievriend het die nuus aan Maroela Media bevestig.

Maroela Media het vroeër berig Prinsloo, wat kliënte op ʼn jagtog geneem het, is verlede Dinsdag beseer toe die buffel, wat in ʼn strik gevang was, hom gegaffel het. Die voorval het in die Makuya-reservaat naby Pafuri plaasgevind. Die dier, met ʼn afgebreekte kabelstrik om sy voorbeen, het Prinsloo glo uit ʼn digte bos bestorm.

Na verneem word, het die dier Prinsloo gestamp en op die grond vasgepen, maar weggehardloop nadat hy een van die spoorsnyers wat saam met Prinsloo was, gewaar het.

Prinsloo se broer, Johan, het gister gesê Prinsloo se toestand is ernstig en hy moes intussen ʼn operasie ondergaan om enige tekens van infeksie te monitor. Hoewel sy infeksie en koors geleidelik verbeter het, kon hy egter weens sy toestand nie na ʼn private hospitaal oorgeplaas word nie.

Hy was sedert die voorval deurentyd onder verdowing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

‘n Indirekte oorsaak van ‘poaching’ Nog ‘n onskuldige dood van ‘n geliefde Sterkte aan die familie

Rus sag : F C

Abe ·

Anoniem,
Bedoel jy nie n indirekte GEVOLG van “poaching”?

Mel ·

Dis verskriklik, ek het rerig gedink hy gaan regkom . Sterkte aan sy naasbestaandes. RIV

Skoolgeld ·

Dit blyk uit statestieke dat min mense deesdae lewend uit enige hospitaal in SA stap! Sterkte vir die wat vir hom omgegee het!

Abe ·

Skoolgeld,
Wat jy hier se kan op geen manier feitelik bevestig word nie. Dit is eenvoudig nie waar nie!

Marinda ·

Ek verstaan nie hoekom hy nie in die eerste plek na ñ privaat hospitaal geneem is nie. Waar is WCA in hierdie saak? Hy was aan diens.

Sterkte aan sy familie en naasbestaandes. Mag God julle lei in hierdie moeilike tyd.

Chris ·

Daar gaan binnekort geen privaat hospitale meer wees nie. Alles gaan deur die ANC gekaap word.

Rina Rossouw ·

Baie hartseer….FC RIV.. Innige simpatie met familie en vriende….

Tina ·

As ‘n buffel jou gekaarnuffel het, en veral, soos in die geval, ‘een wat reeds beseer was, gaan jy baie sleg daarvan afkom. Sterkte aan sy geliefdes in hierdie dae. Jammeer oor jul.verliez.

Cornelius ·

Estelle en familie baie sterkte, ons bid dat God julle hierdeur sal dra.

Stebastiaan ·

Sy lyding is verby mag hy in vrede rus. Sterkte aan sy familie ons bid vir julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.