Jagtragedie: Boetie se moordsaak van die hofrol geskrap

Barnie Bamberger. Foto: Facebook

Barnie Bamberger. Foto: Facebook

Die saak van ʼn 17-jarige seun wat per ongeluk sy broer doodgeskiet het, is van die hofrol geskrap, het Beeld Saterdag berig.

Anton Mitchell, die tiener se prokureur, het gesê die staatsaanklaer het ingestem dat die saak geskrap moet word. Die staat het ingestem op die basis van gelykheid en regverdigheid en in die belang van die gemeenskap, het Mitchell aan die koerant gesê.

Die tiener het sy 21-jarige boetie, Barnie Bamberger, Maandag op die Witpoort-plaas naby Ottosdal doodgeskiet.

Die polisie in Noordwes het verduidelik die twee broers het gekniel en gemik om ʼn vlakvark te skiet toe Barnie skielik opgestaan het.

“Dit is duidelik dat die minderjarige onbewus was daarvan dat sy broer opgestaan het toe hy die skoot gevuur het,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. -SAPA

Lees ook:
Jagtragedie: Seun deur maatskaplike werkers geëvalueer
Jagtragedie: Polisie maak aanklagte bekend
Jagtragedie: “Boeties was soos ‘n tweeling”
Tienerseun skiet broer dood in jag-fratsongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Ek is baie dankbaar hieroor.

Mag die jongman vrede en berusting vind, dit gaan moeilik wees, maar ek glo dat hy in baie se gebede is en sal wees, en ook baie ondersteuning sal ontvang hieroor.

STERKTE VIR DIE TOEKOMS sonder jou broer, onthou al jou wonderlike tye saam met hom – mag dit jou ook dra !

xxx

Elizabeth ·

Ai ek is SO bitter bly hieroor. Al die trauma wat die arme ou moet verwerk en toe nog sulke dinge ook. Dankie tog, ek bid hul seën, sterkte, aanvaarding en liefde toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.