Jagtragedie: Seun deur maatskaplike werkers geëvalueer

Barnie Bamberger. Foto: Facebook

Barnie Bamberger. Foto: Facebook

Die direkteur van openbare vervolging moet besluit of die 17-jarige seun wat glo in ʼn fratsongeluk die 22-jarige Barnie Bamberger op ʼn plaas naby Ottosdal tydens ʼn jaguitstappie doodgeskiet het, vervolg gaan word.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê maatskaplike werkers het reeds die seun geëvalueer maar dat die saak nog nie op die hofrol geplaas is nie. Hy sê dit is nog nie duidelik wanneer die seun in die hof sal verskyn nie. “Dit hang alles van die direkteur van openbare vervolging se besluit af.”

“Volgens inligting wat die polisie ontvang het, het die seun, ʼn vriend en die slagoffer vlakvarke gaan jag op die plaas. Die slagoffer het glo voor die tiener gekniel, terwyl die tiener gemik het, en opgestaan sonder dat die tiener daarvan bewus was. Hy het ʼn skoot gevuur en die slagoffer noodlottig in die kop gewond,” het Mokgwabone gesê.

ʼn Saak van moord en die nalatige hantering van ʼn vuurwapen word ondersoek.

Lees ook:
Jagtragedie: Polisie maak aanklagte bekend
Jagtragedie: “Boeties was soos ‘n tweeling”
Tienerseun skiet broer dood in jag-fratsongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

Hierdie is seker een van die hartseerste gebeurtenisse wat ek van gelees het.

Mag die Heer hierdie seun dra in hierdie tyd, ook sy ouers en elkeen wat hierdeur geraak word.

Rieks ·

Dit is so hartseer – hierdie ouers staan ‘n kans om nog ‘n seun te verloor. Ongelukke gebeur in ‘n oogwenk en ongelukkig het sekere goed net groter nagevolge aan hulle gekoppel :-(

AmY ·

Hierdie was ‘n ongeluk. Waarom die kind sielkundig evalueer?

Is elke kind wat die afgekope 20 jaar in skietongelukke betrokke was (waar mense of kinders dood is) ge-evalueer?

Wil jul die arme kind se lewe nog meer hel maak? Hy gaan al klaar die res van sy lewe met die selfverwyt rondloop.

Laat hom net die stuke optel en aangaan met sy lewe.

My hart gaan uit na hom en sy familie.

Amanda Visser ·

Dis tog duidelik n aaklige ongelukkige ongeluk! Hoekom nou geld mors op n jarelange hofsaak asof die staat nie genoeg werk het met brutale moorde en korrupsie nie!

Irma ·

My gedates en gebede is by die seun en sy familie. Hoop die regstelsel respekteer dit waardeur hulle reeds gaan en hanteer die saak as ‘n ongeluk. Die SAPD behoort meer aandag aan mense te gee wat doelbewus mense aanrand, intimideer en vermoor.
Sterkte aan die Bambergers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.