Jaguarwelpie uit dieretuin gesteel

Foto: @Paul Wyman op Flickr.

Foto: Paul Wyman op Flickr.

ʼn Jaguarwelpie is uit die Bloemfontein-dieretuin gesteel en vermoedelik vir moetie-doeleindes gebruik, het die Vrystaatse polisie Vrydag gesê.

“Ek kan bevestig dat die vier maande oue welpie gesteel is,” het kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, gesê. Volgens hom is die welpie sowat R20 000 werd.

“Die jaguar is twee weke gelede gesteel en ons vermoed die welpie is op die perseel doodgemaak. Volgens inligting is die welpie moontlik vir moetie-doeleindes gebruik.”

Marope het gesê die ondersoek duur voort en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ulandi ·

Diere se waarde moet altyd met geld gekoppel word, maar dis nes ‘n mens se lewe! Dis onvervangbaar! Hoe de moses steel iemand ‘n dier uit ‘n dieretuin???? Inside connection?!!!

lillian ·

is dit nou stupid of braaf? Mag die een wat dit gedoen het ‘n kramp in sy gat kry vir die res van sy lewe!

Anita ·

So iets maak my onsettend hartseer en woedend!

Dit breek my hart om te dink hoe verwilderd en bang die welpie moes gewees het.

Flippen barbare man!!

pop ·

Barbare. Uitvaagsels. Wens ek kan vloek!!!!Aanhoudend en aaneen.

Trippie ·

Hul sal nooit verander nie! Hoor julle sogenaamde sendelinge dit ook! Hulle sal nooit verander nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.