Jakkalse by Addo-olifantpark vergiftig

Jakkalse Foto: www.crisscrossadventures.co.za

Jakkalse Foto: www.crisscrossadventures.co.za

Die Addo-olifantpark in die Oos-Kaap bied ʼn beloning aan nadat 36 jakkalse en twee kraaie vergiftig is.

“Ons bied ʼn beloning van R10 000 aan vir enige inligting wat kan lei tot die suksesvolle vervolging van die verantwoordelike persone,” het Fayroush Ludick, woordvoerder vir SANParke, Vrydag gesê.

Ludick sê hulle is slegs bewus van 36 jakkalse. “Addo beslaan ongeveer 180 000 hektaar. Ons het op 10 Augustus die eerste karkas ontdek en die laaste karkas op 18 Augustus,” het sy bygevoeg.

Sy sê daar is ook gerugte dat twee bakoorvosse ook vergiftig is.

Ludick sê spore van die gif is nog nie opgespoor nie, maar ʼn toksikologieverslag deur die LNR-Onderstepoort Veeartsenykundige Instituut het bevestig die diere het ʼn giftige plaagdoder genaamd metomiel ingekry. Dit word gewoonlik deur sitrusboere gebruik.

“Personeellede fynkam steeds die park op soek na enige ander karkasse of tekens van die gifstof,” het sy bygevoeg.

ʼn Saak van die verspreiding van giftige chemikalieë kragtens die Wet op Beskermde Gebiede is by die polisie aanhangig gemaak. Sy het ook gesê voertuie wat die park binnekom of verlaat word streng deursoek as ʼn gevolg van die vergiftiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marilou Corver ·

Dis ñ jammerte dat die diere so vernierig is die ekosisteem sò beskadig word!

Marilou Corver ·

Dis ñ jammerte dat die diere so vernierig is die ekosisteem sò beskadig word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.