Jakkie Louw ʼn pienkvoet ryker

Anel, Linke en Jakkie Louw. Foto: Twitter

Anel, Linke en Jakkie Louw. Foto: Twitter

“Geluk Jakkie, nou is julle nie meer drie pikkewyne nie, maar vier.” Dit is hoe die akteur Ramey Short, oftewel dr. Quinton Meyer van Binnelanders-faam, die gewilde Afrikaanse sanger Jakkie Louw gelukgewens het met die koms van die Louw-egpaar se babatjiedogtertjie.

Louw het Woensdagoggend vroeg getwiet: “Kara Louw gebore 4 Junie 2014 7:55am. Sy is baie pragtig en weeg 3.38kg. Anel is fine en giggel heeltyd!! Dankie Here vir nog ‘n dogtertjie!” [sic]

Kara is die egpaar van Pretoria se tweede toevoeging tot die gesin. Hul ander dogtertjie, Linke, is twee jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.