Die oud-Springbok James Dalton (44) het Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn.
Volgens sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, is Dalton Donderdagaand in hegtenis geneem op aanklagte van aanranding, intimidasie en verset teen inhegtenisneming.
Dalton het na bewering ‘n ander motor met syne gestamp. Die weergawes verskil daaroor of Dalton in ‘n botsing betrokke was of moontlik net ‘n ander motor met sy motor gestamp het by ‘n kuierplek in Seepunt. Hy het toe glo stry gekry met polisielede op die toneel. Dalton het egter gesê daar was nie ‘n ongeluk nie en hou vol hy het sy volle samewerking gegee.
Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Dalton het Maandag vlugtig in die hof verskyn en die saak is tot 4 April uitgestel. Volgens Ntabazalila is Dalton “ure na sy inhegtenisname” op borgtog van R1 500 vrygelaat. Sy borgtog is vandag verleng.
Dalton is al verskeie kere in die verlede aangekla van onder meer aanranding en opsetlike saakbeskadiging. Die sake is egter later teruggetrek of hy is vrygespreek.
Dalton het van 1994 tot 2002 vir die Springbokke gespeel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Baie “boring’ nuus .
En?Wat is die doel van hierdie nuusbrokkie?
Hy klink na n regte bullebak
Onaanvaarbare gedrag, hoop nie jy kom weer met dit weg nie, dit sal jou immers teen jouself beskerm! Gaan vir anger management & besef ook dat die feit dat jy n beroepsrugbyspeler en bekend was, jou nie die reg gee om ander te minag of te bully nie! Kyk waar het n potspel stok ge-eindig & baie hartseer vir almal!
Klink of die testosteroon met hom weggehardloop het.