James Selfe tree uit as DA se federale voorsitter

James Selfe, federale voorsitter van die DA (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

James Selfe, voorsitter van die Demokratiese Alliansie se federale uitvoerende raad, het aangekondig dat hy tydens die volgende vergadering van die DA se federale raad in Oktober sal uittree, het die DA Sondag in ʼn verklaring gesê. Hy het die amp 19 jaar lank beklee.

“Hy het tydens dié tyd ʼn enorme bydrae gelewer tot die groei van die DA en ons land se demokrasie,” het Mmusi Maimane, leier van die DA, tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg gesê ná die DA se federale raad vir die eerste keer vergader het na die algemene verkiesing op 8 Mei.

Selfe sal nou aan die hoof staan van die DA se regeringseenheid wat DA-regerings ondersteun om seker te maak dat hulle dienslewering verbeter. Dié eenheid het ʼn sterk leierskap nodig om versnelde dienslewering te verseker in die aanloop tot die volgende verkiesing, het die party gesê.

“James het die vaardighede, ervaring en kennis om dié nuwe eenheid te lei en ek verwelkom die besluit,” het Maimane bygevoeg. “James se loopbaan tot dusver in die DA strek oor vier dekades, byna die helfte daarvan wat hy as voorsitter van die federale [uitvoerende raad] gedien het. Hy gee nou dié amp prys, maar sy werk in diens van sy land duur voort. Ons party, en ons land, is hom groot dank verskuldig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anti DA ·

Sluit hy aan by die VF+,Ek het gewonder waneer gaan hulle begin om die sinkende skip te verlaat.

jaco ·

Ek hoop die DA vervang hom nou met iemand wat nie wit is nie. Hierdie talle top DA poste wat gedurig gevul word met wit gesigte, terwyl die DA eintlik ten gunste van regstellende aksie en BEE is, is die toppunt van dubbele standaarde.

kolla ·

Anders as die VF+ en sy volgelinge is die DA nie behep met ras nie.

Anti DA ·

Ek het gelees vonnie maar met die DA is jy nooit seker ,verdraai altyd die waarheid bv voor die verkiesing sweer die leier hy gaan geen ooreenkoms aangaan met die eff nie die uitslae was nog nie eers bekend nie toe se Selffe hulle werk goed saam met die eff en gaan na saamwerk ooreenkomste kyk. Ek hoop jy verstaan nou my punt.

kolla ·

VF+ die enigste party in die land wat gekant is teen beginsel van regstellende aksie. Leef in ontkenning van die ongeregtighede van apartheid en glo dat niks reggestel hoef te word nie.

Judge Dredd ·

Ja maar dan moet iets reggestel word.
Op die oomblik word afgebreek terwyl foute van verlede herhaal word.

Dries du Toit ·

Sanet is ook reg. Die bybel se vir ons duidelik die wat sy vertroue in die mens sit sal vervloek wees. Dit sien ons daagliks.

Anti VF+ ·

VF+ het gelieg vir kiesers deur te verkondig dat DA onteiening sonder vergoeding steun terwyl hul beleid presies dieselfde as DA s’n is. VF+ het ook gelieg dat hulle alle vorms van aborsie verwerp terwyl hulle aborsie op meriete goedkeur. Hulle kiesers is oningelig en verneuk.

Petrus ·

Lyk my baie Afrikaners glo enigiets wat aan ons opgedis word.

kolla ·

VF+ kan nie ‘n Christelike party wees nie, lieg te veel vir kiesers.

Ruaan ·

Stem saam. Dan het hul nog vir Peter “agtste party” Marais nar ook by hulle.

piet piet ·

En jy oordeel oor iets waarvan jy net gehoor het en niks van verstaan nie.

Jimmy ·

Die VF+ praat in sirkels, so dit is onmoontlik om hulle te verstaan.

kolla ·

Dis nie die punt nie. Meeste partye is nie tevrede hoe regstellende aksie toegepas word nie. Die ideologiese verskil tussen VF+ en die ander partye moet egter uitgelig word. VF+ ontken dat enige regstellende aksie nodig is na die Apartheids gemors. Hierdeur ontken hulle die onregverdighede van die verlede en kondoneer wat tydens Apartheid gebeur het..

piet piet ·

As dit wit op swart diskriminasie is word dit apartheid genoem as dieselfde deur swart op wit afgeforseer word dan word dit regstellende aksie genoem ,wat n grap

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.