Jamie se ma, ouma word nog sielkundig ondersoek

Mense het tydens die ma en ouma se vorige verskynings voor die hof betoog. Foto: @VioletEyeKZN op Twitter

Mense het tydens die ma en ouma se vorige verskynings voor die hof betoog. Foto: @VioletEyeKZN op Twitter

Die saak teen ʼn ma en haar dogter wat daarvan beskuldig word dat hulle die kleuter Jamie Naidoo vermoor het, is Donderdag in die Chatsworth-landdroshof in KwaZulu-Natal uitgestel.

Die hof wag nog vir die uitslae van die sielkundige evaluerings van Salatchee Venilla Basanich (55) en haar dogter Patricia Kershie Ishwarlal (31). Die twee vroue het Jamie glo in November by hul huis in Chatsworth doodgeslaan.

Hulle moet op 2 April weer in die hof verskyn.

Die vroue is op 20 November in hegtenis geneem nadat paramedici Jamie dood verklaar het. Landdros Busisiwe Lilly Mpungose het in Januarie beveel dat die beskuldigdes vir ʼn sielkundige waarneming na die Fort Napier-hospitaal gestuur word. Die hof het gehoor dat Ishwarlal in 2001 kopbeserings in ʼn motorongeluk opgedoen het en verminderde beheer oor sekere basiese lewensfunksies het.

ʼn Verslag wat in 2004 aan die Padongelukkefonds voorgelê is, het bevind dat Ishwarlal kinderlik optree en haar spraakpatrone is ook soortgelyk aan dié van ʼn jong kind.

Lees alle vorige berigte oor Jamie Naidoo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rene ·

maak nie saak wat haar makeer dit gee haar en haar ma nie die reg om die kind dood te slaan

hoe van jou kop af moet jy wees om n kind dood te slaan

hulle moet lank sit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.