“Jammer, geen voorraad, die boer is vermoor”

Die leë stalletjie. Foto: AfriForum / Facebook

Die leë stalletjie. Foto: AfriForum / Facebook

ʼn Foto van ‘n bemarkingstruuk vir die fliek Treurgrond is Saterdag, binne tien ure nadat dit op Facebook geplaas is, meer 3 800 keer gedeel.

As deel van die fliek se bemarkingsveldtog het die vervaardigers van Treurgrond en AfriForum douvoordag met hul leë stalletjie oë laat rek by die gewilde weeklikse Pretoria Boeremark by die Pioniersmuseum in Silverton.

Besoekers se oë het egter nie gerek vir die gewone watertand varsgebak, ingelegde lekkernye of kraakvars produkte direk van die plaas af wat gewoonlik daar te sien is nie. Daar was niks in die stalletjie nie, buiten twee leë kratte en ʼn banier wat lees: “Jammer, geen voorraad, die boer is vermoor.”

Hier is van die kommentaar vanuit die meer as 180 kommentare wat mense op Facebook gelewer het:

Lorette du Toit skryf: “Ek kry sommer ʼn knop in my keel. En dan brand my oë ook nog.”

Johannes Conradie skryf: “Dink hulle kan so iets ook hier by ons Boeremark in Langenhovenpark (BFN) oorweeg.”

Hester Stander skryf kort en kragtig: “Treffend en roerend.”

Louise Hefer Kock skryf: “Mense moet hul oë begin oopmaak – kos word nie in fabrieke gemaak nie – stop asseblief hierdie oorlog!”

Louise Athiros skryf: “Asseblief, asseblief, waardeer die plaaseienaars wat kos voorsien en werkgeleenthede skep.”

Treurgrond vertel die pynlike verhaal van ʼn boerdery-gemeenskap in Suid-Afrika wat probeer om die menige plaasaanvalle waarmee hul daagliks gekonfronteer word, te oorleef. Die aanvalle beïnvloed nie net diegene wat direkte slagoffers is nie, maar kring ook wyer na buite uit.

Treurgrond begin op 29 Mei in fliekteaters landswyd draai. Die sterre is onder meer Steve Hofmeyr, Erica Wessels, Jana Strydom en Shaleen Surtie-Richards.

Hier volg die jongste lokprent van die film. Klik hier om die fliek se amptelike webwerf te besoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dave ·

Nie slìm maar uitgeslape..! Probeer geld maak uit plaasmoorde!

VerVanRyn ·

Die doel agter hierdie film is nie geld maak nie dit is om mense bewus te maak van hoe ernstig die probleem is.

Leon ·

wonder wat jy sou se as jy die “dooie” boer was……word wakker …..mag nie vloek….besluit self wat ek vir jou wil se….Dave………….

Leeutjie ·

Dave net as ek begin dink dat jou kommentaar sin maak dan plaas jy iets soos hierdie. Ag nee man… Watter persoonlikheid het hierdie stukkie van jou geskryf?

Malinda ·

Kan nie wag vir die fliek nie. Dave ek is seker daardie geld gaan reg aangewend word vir ons medeblankes in nood.

Malinda ·

Kan nie wag vir die fliek nie. Dave ek is seker daardie geld gaan reg aangewend word vir ons medeblankes in nood.

Piet Snot ·

Dink nie ek sal dapper genoeg wees om die fliek te gaan kyk nie.

JZ ·

Dave,dit is n briljante manier om die plaasmorde by mense tuis te bring,nie n geld maak storie nie.Of het jy n beter idee?.

Asjas ·

Ek dink dit gaan moeilik wees maar ons MOET dit ondersteun.

Tineke ·

Dit is baie hartseer om dit te sien en dit gebeur alhoe meer… Ek hoop en bid dat die buite lande ook die voorreg het om hierdie rolprent te kan sien.. en dat die sekere politike in SA nie die rolprent sal verwyder nie aangesien dit n Afrikaanse rolprent is wat te doen is met die boere op plase….

Hoop die rolprent is n GROOT sukses!!!!

HERMAN ·

Ek het die film gesien. Beter verwag effens teleurgestel. ‘n Paar swak tonele tussendeur, ek probeer nog ontrafel wat die filmmakers wou bereik. Steve se rol was puik, maar soos ek se ek het beter verwag!

Hester ·

Hoe kan ons Suid-Afrikaners bymekaar staan om hierdie probleem van plaasmoorde die hok in te slaan? Duisende is gereed om iets te doen, maar weet nie waar om te begin nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.